Translate

Tuesday, March 7, 2023

Verbode Vrugte: Nuwe Begin

 


Talana kan nie juis nie verlange huis toe keer nie. Dis al wat sy ken, maar sy is so dankbaar vir die nuwe uitdaging wat haar voorstaan. Sy moes letterlik haar eerste paar weke net om bid sodat sy nie sak en pak besluit om terug plaas toe te gaan nie. Sy mis die plaasvars lug, haar oggend draffies met Buks.

Sy het paar briewe al ontvang van Ma en Pa. En Pieter het in die begin baie geskryf, maar hy het genoem hy is besig op die plaas. Nie almal van ons het die geleentheid om te gaan studeer, en veral Pieter. Hy moet kyk na die plaas.

Haar eerste semester het so viinig verby gegaan en sy moes so baie opvang want meeste van haar klasmaats het direk na skool kom studeer, so sy is bietjie geroes. Sy het darm 'n maat of twee gemaak maar sy mis vir Ma en Pa. Sy mis vir Buks. Sy mis Ma se skons en tuisgemaakte jêm. Sy geniet die draf sessies so na vyf in die middae in Stellenbosch maar sy was gewaarsku dat dit nie so veilig is soos wat sy dink. Sy draf in elk geval net vir so 'n uur-en-'n-half dan haas sy maar weer koshuis toe. Een middag na een van haar draf-sessies kom sy by haar koshuis-kamer en op haar bed lê 'n grrot bruin boks - dis geadresser aan haar vanaf Ma! Dit lyk sy wil huil, maar sy is so opgewonde en skeer al die kleefband af net om te sien dis al haar gunsteling. Biskuit, koffie, tuisgemaakte konfuit en biltong vanaf Pa. Haar oë skiet vol trane want sy weet dis liefde in 'n boks.

So het die eerste semesetr aan 'n ende gekom en Talana kan nie wag om die pad te vat huis toe nie. Sy ry al die oggend baie vroeg sodat sy vir Pieter ook kan verras voor sy huis se kant toe beweeg. Hulle was nie baie lekker uitmekaar nie maar sy briewe aan die begin was gerustellend, maar sy wonder hoekom het hy net stil geraak. Voor sy afdraa om by Pieter-hulle se plaas in te ry, sien sy 'n rooi motor wat ook indraai en die Karlien. Sy waai baoe opgewonde vir Talana, maar dìe frons half, want hoekom sal Karlien afdraai na Pieter-hulle. Sy verander toe haar mind, en ry huis toe. Daar aangekom en Ma is aleen by die huis. Die plaas is bedrywig want dis Vrdag en amper naweek. Na hulle die gegroet het kan Talana nie meer wag om vir Ma te vra nie. "Ma, ek het toevallig gesien Karlien ry op na Langverwag...hoekom sal Karlien by ons bure kuier?" 

"Ai my kind, ek wou dit nie in my briewe sê nie want ek weet hoe gaande jy oor Pieter is..hulle kuier so oor en weer. Die arme Pieter was so eensaam toe jy weg is..sy het sommer die kleur op sy wange gebring" en Ma babbel nog aan maar Talana se hart voel of 'n mes dit deurdring..."Nie alweer nie.." prewel sy hardop maar nie bewus dat Ma haar hoor nie. "Hoe nou kind?" vra Ma