Translate

Wednesday, November 16, 2022

Wit Jassies & Donker Geheime: Hoofstuk 6

 





Die volgende dag is Anke vroeg aan diens sodat sy kan inloer by haar pasient. Sy het gemengde gevoelens oor hierdie dag. Sy het skaars geslaap laas nag. Haar oë voel dik geswel want sy sweer sy het gisteraand haarself aan die slap gehuil. Sy en Lukas het ‘n vinnige ontbyt gehad en sy het skaars ordentlik tyd met haar seun spandeer.

“Goeie dag Dokter!” hoor Anke terwyl sy saggies wou verby sluip sonder om in Sonja se kamer in te gaan. Anke voel half skuldig oor haar optrede, maar draai toe effe om en plak die beste valse glimlag op. “Hallo Sonja, hoe gaan dit vandag?” en sy kom sy staan by die punt van die bed en tel haar leër op om te lees wat was die nag dokter se observasie.

“Baie beter Dankie, eks so bly my man ken die beste ginekoloog naby. Dankie dat jy my kon sien” en Anke voel half skuldig omdat Sonja haar so opreg hanteer en bedank.”Dis niks man, solank jy en baba gesond is” en sy hou haar oë op die geskrewe bladsy voor haar.

“Ek sien jou bloeddruk was weer hoog in die nag. Hoe voel jy nou?” en Anke gaan neem haar temperatuur en staan langs haar. Sy kan hoor hoe vining haar hartklop is en kan nie dink dat iets  nou moes gebeur het wat dit kan aanhits. “Ek..uhm..ek..jammer dat..dis my skuld hoekom ons hier is. Ek het bietjie navorsing gedoen oor jou want jy is al eks waaroor Dewald nie gepraat het nie en..eks jammer.” En Anke kyk vraend na Sonja want sy het geen idee waaroor dit gaan nie. En Sonja haal ‘n foto uit haar handsak uit en gee dita an haar.

“Ek volg julle al die afgelope 3 jaar…jou seuntjie..uhm hys so pragtig” en sy buit haar onderlip. Anke weet nie moet sy huil of verstik aan haar woede. Sy bly after all die dokter.

“Hoekom?” en sy beduie met die foto van klein Lukas, in haar hand. Sy voel half ontbloot voor hierdie vreemdeling. Kaal gestrip met die nare waarheid maar ook half asof ieman die sluier opgelug het en die wêreld bekyk haar aan.

“Hy is nog lief vir jou Anke. Ek het als probeer om net..net,” en haar oë skiet vol trane, “ek wil net die helfte van die liefde ervaar wat hy vir jou het, maar ek kan nie. Ek voel dit nie. Ons probeer al vir 3 jaar vir ‘n baba, maar niks. Elke keer verloor ons dit voor nege weke..ek weet nie. Dalk, dalk as hy weet van klein Lukas sal dit dinge vir ons makliker maak…dalk” en sy kyk met soveel seer na Anke maar dit voel vir Anke sy staan met haar rug teen n muur. ‘n Yskoue pikswart muur.

"Eks jammer, ek verstaan nie. Hoe weet jy?" en Anke probeer die legkaart in haar gedagte regmaak oor waar Sonja in pas en hoe sy weet van Lukas. 

"Ewald.Dis nie per toeval hoekom hy hier is nie. Anke, soos jy weet is ons nou besig om konfidensiele inligting te bespreek so ek wil graag hê dit moet tussen ons bly. Die baba wat ek verwag is nie Dewald s'n...en asseblief moet my nie oordeel..om vaders land. As Dewald dalk so naaste lief was vir my soos hy vir jou, kon ek..sou ek nie verlief geraak het op sy tweeling boetie en dalk..net dalk sou ons gelukkig gewees het maar ons is nie. En dis waar jy in gekom het…ek moes net weet wie die vrou is waaroor my man nie kan kom. En die seuntjie..uhm..julle seuntjie maak dinge vir my maklik. Ek ver-“ en Anke onderbreuk die gesels want sy kan nie die vermetelheid van die vrou vat nie.

“Hoe durf jy?! Jy het geen idee waar deur ek die afgelope jare was nie en om hier in te wals en my kind as buit te gebruik vir jou geflerrie met jou man se broer?” en Anke storm by die hospital kamer uit. Sy weet dit was baie onprofessioneel en sys al moet terug gaan en verskoning vra maar sy is te kwaad om nou nog te dink. Sy moet eers afkoel.

  Sy het sedert gister al baklei teen die trane en die gedagte dat Dewald getroud is en nou dit. Waar los dit haar? Sy weet nie wat sy met die inligting moet doen nie want die dokter-pasiënt vertroulikheid verhoed haar om Dewald te konfronteer en sy weet nie met wie om hieroor te praat nie. Sy gaan badkamer en kan nie help om te huil. Ek is so moeg, Here prewel sy. Uiteindelik na so vyftien minute stap sy uit, was haar gesig en sit liproom aan en beweeg na die kamer waar Sonja is, net om te sien dat Dewald daar staan. Sy wou omdraai maar hy gewaar haar en sê, "Hallo Anke. Dis okay, jy kan inkom." en sy stap die kamer binne. "Hallo Dewald, Sonja" en sy knik na haar kant. Sy maak die leër oop om te maak of sy deur die notas gaan en Dewald haar vra, "Is als reg met ons baba? Ek kan net nie help om soos 'n nuuskierige agie te wil weet wat die fout was nie" haar hart wil in stukke breek vir hierdie man.

"Ek sien dis net die bloeddruk wat weer hoog was, anders lyk als normaal. Hoe voel jy Sonja?" en sonder om na haar te kyk beweeg sy na die sonar om nou na die neonatale bewegings te kyk.

"Ek voel reg. Ek weet net nie hoekom baba my bloeddruk so kan opstoot" probeer sy 'n grappie maak, Maar Anke ignoreer dit en smeer ultra klank gel aan haar maag sodat sy na die baba se hartklop kan luister.Als klink goed en sy verduidelik nog kortliks en dan verlaat sy die kamer. Sy wil net wegkom hier. Die res van haar dag is rustig, niks ernstige gevalle. Die dag is rustig en dan kry sy 'n sms van Franeke wat laat weet dat Lukas maar die aand kan oorslaap want dit lyk na 'n lank aan vir mamma. Sy staan nog en glimlag met haar selfoon toe Dokter Ewald inloer. "Dis 'n eerste, wta moet mens doen om jou so te sien glimlag?" en sy kan nie help om te sien hoekom Sonja vir hom geval het nie. Hy is meer aantrekliker as Dewald. 

Sy oë is lig blou, kuiltjies in albei wange en spierwit tande. Hy is gespierd, seker van al die gym-sessies. En hy is 'n natuurlike flirt en hy het swart krul hare,wat ruik na seewater en kaneel. Sy vel is meer bruin, asof hy tan en sy besef die man staan hier voor haar,

"Ag dis net my vriendin, dis al" en sy glip die selfoon in haar baadjie se sak. "Oh ja, baie dankie dat jy vir my instaan vanaand, ek kan ongelukkig nie in dieselfde spasie is waar my broer is nie. Ek sal met graagte jou skof oorvat môre." en sy knik net. As jou broer net moet weet....dink sy.


 


Friday, May 20, 2022

Wit Jassies & Donker Geheime: Hoofstuk 5

 

Wit Jassies & Donker Geheime: Hoofstuk 5

 

Hier staan die man voor haar. Haar hele lyf begin bewe, en sy weet nie wat om te sê. Sy prewel met ‘n papier in haar hand en sit stadig weer in haar stoel. Sy was oppad om vir Lukas te gaan optel by die kindersentrum maar hier..hier.

Kan ons gou vining chat?” val Dewald haar gedagtegang in die rede.

Ja…uhm. Dis reg..” antwoord sy.

Ek weet jy is seker oppad uit maar ek het ‘n noodgeval… en ek wee tons het mekaar so lank laas gesien en daar is soveel op-catch om te doen maar dit kan wag. Het jy ‘n paar minute?” vra hy en die uitdrukking op sy gesig lyk somber.

Ja..uhm ja. Waarmee ka-“ en hy ruk die deur weer oop en hier kom hy ingeloop met ‘n baie mooi vrou wat hoog verwagtend is. Sy kyk hom baie verbaas aan.

Ontmoet asb my vrou ,” en hy beduie haar om te sit. “Dankie manlief” antwoord die dame. 

‘n Gevoel van ongeloof en teleurstelling ruk Anke na realiteit.

Aangename kennis” is al wat sy uitkry. Sy weet nie wat om verder te sê. En Dewald lyk net so ongemaklik.

Ekt..ek weet dis bietjie vining vir jou..uhm. Ek moes jou voorberei het, maar ek ken nie ander goeie ginekoloë in die area. My vrou..uhm..Sonja het net begin met krampe…en vanoggend het sy begin bloei… ek neem aan die reis vanaf Pretoria het ook iets te doen met dit, maar … sal jy asseblief kan kyk wat is fout met haar?” en hy kyk vraend na Anke. Sy het nie hul eerste ontmoeting so ingedink. 

Dis asof sy buite haar eie liggaam staan en nie weet wat om te doen. Sy is numb

"Dis reg. Hoe gaan ek te werke sonder pasient geskiedenis? Ek moet weet of sy enige onderliggende siektes of simptomes het" sonder om twee keer te dink begin Anke se instink in te sin en sy begin die pasiënt, oftwel vir Sonja te ondersoek. Hulle beweeg later na 'n behandelings kamer sodat sy na die baba se hart kan luister. Sy kan nie glo Dewald sit haar in so posisie nie. Na al die jare, sjoe.

Na so twintig minute se toetse en ondersoek, kom Anke na haar kantoor waar sy Dewald sien sit. "Sonja se bloedruk was bietjie hoog, maar dis onder beheer en die baba se hartklop is ook reg, so die bloeding kan 'n stressor wees, met die dat die bloedruk die hoogtes ingeskiet het. Maar albei gaan okay wees" en sy kan sien hoe sug hy van verligting.

"Dankie, dankie Anke" en hy wil vir haar 'n drukkie gee maar albei raak bewus van die spanning tussen hulle. "Eks jammer, ek besef dis onder moeilike omstandighede wat ek na jou toe kom en ek skuld jou 'n verduideliking...met als en Sonja en hoe ek hier weg is -" maar Anke val hom in die rede en sê,

"Dis fine, Dewald. Gaan wees by jou vrou en baba. Sien julle môre" en Dewald kan die seer in haar stem en oë gelyktydig sien. Sy was nog heeltyd so professioneel en kalm. Sy stap uit en beweeg na die kindersentrum om vir Lukas te gaan optel en wil net haar kop in 'n kussing druk om te skreeu en huil op een slag.

Dit maak so seer.

Die man wie haar hart besit...is getroud en boonop verwag hulle hul eersteling.. sy weet nie hoe sy deur die fase gaan kom. En boonop is die welsyn van sy vrou...Dewald se vrou! nee wraggies..die grootste skok waarvoor sy kan gehoop en bid het.

Sy vrou se welsyn en sy baba s'n, lê in haar hande. Hoe kan hy dit doen aan haar. Sy het nog nie eers vir hom vertel - sy het nog nie eers haar eie seer verwerk en boonop kom ruk hy dit oop sonder om eers te sit en jammer te sê omdat hy haar vyf jaar gelede netso verlaat het nie.


Dit maak so seer.

Tot volgende keer.

 

 

Tuesday, May 3, 2022

Wit Jassies & Donker Geheime: Hoofstuk 4



 Die volgende dag is maar 'n luierige Sondag vir Anke en Lukas. Sy doen soos gewoonlik haar inkopies en die laatmiddag uitstappie met Lukas en Jerry- die boerboelkind - na die parkie oorkant haar huis. Sy sit en dink nog na die vorige aand se gebeure. Dewald kan nie net wil opdaag na soveel jare..dink sy.

Sy vind 'n lekker skadu plekkie en gooi haar rooi en wit piekniek-kombersie neer terwyl die twee baljaar op die gras. Sy kyk na haar Lukas-kind. Hy is so gelukkig en vol lewe. Pragtigste diep blou ogies en blonde krulhare.

Uitgeknip sy pa.

Ai, sug sy diep. Meteens maak die gedagte haar seer. Die gedagte aan sy pa. Haar liefling-kind se bloedverwante. Dis nie 'n seer waarvoor sy gereed is nie. Sy het vir so lank rondom die feit beweeg dat sy al een in sy wêreld betaan. Sy en sy tannie Franèke.

Haar ouers...wel dis 'n teer saak. Hulle is nie veel van 'n kwessie. Sy was al kind en het die beste van als geniet in haar ouerhuis. Sy het die beste opvoeding gekry, al was die aandag en liefde opgemaak deur hulle huishulp - Theresa. Sy was sowaar 'n engel in haar lewe. 

Buide Anke se ouers was dokters, spesialiste om presies te wees. Haar ma was 'n welbekende Neurochirurg wat 'n baanbreker was in haar professie. Haar pa was 'n hart spesialis op Klerksdorp. Hulle was die perfekte paartjie en het die perfekte dogter gehad. Todat sy...wel. Dit maak nie nou meer saak.

Lukas en Jerry is nou seker lekker dors gespeel en kom val laggend hier langs haar. Sy gee hom 'n soen en kielie hom laat hy uitbundig lag. Hulle sit en speel nog toe dit begin skemer raak. Anke dink aan môre.

Sugtend staan sy op. Die werk.

Hulle stap geselsend terug huis toe en sy kan nie ophou kyk na haar blou-oog blonde kop. Haar hart swel behoorlik. Sy is so trots om sy mamma te wees. Die volgende dag is Anke se gemoed steeds swaar. SY kan nie ophou dink aan die e-pos vanaf Dewald. Dit het haar onkant gevang maar sy gaan nie laat dit haar dag opvoeter. Hier en daar is daar 'n noodgeval en Anke kyk gereeld angstig na die horlosie. Sy kan nie wag om vanaand af te klok. Haar voete voel gedaan...

Net so voor sy moet huis toe gaan, stap Anke in haar kantoor om op te vang met al haar e-posse toe sy op die nuutste e-pos afkom, vanaf Dewald.

'Ek is môre by Sentraal Hoogte. Het jy tyd vir 'n koffie? Ek tel jou 1uur op. Groete'

Anke besef sy kan nie wegkom hiervan. Sy gaan dit net moet aanvaar dat Dewald kom en syt moet hom vertel wat in haar lewe aangaan. Of sy skuld hom ten minste die waarheid.

Sonder om te antwoord, sit sy haar rekenaar af en pak om huiswaarts te keer. Daar is 'n ligte kloppie aan haar deur en sy sê, "Kom binne"

"Hello Anke, gehoop ek kry jou.." die stem klink bekend en sy kyk vinnig op en hier staan hy. 

Met sy diep blou oë. Sy het gedink sy gaan gereed wees as sy hom sien sonder om...sonder om..om oopmond te staan en uidrukkingloos na hom te staar. Nie'n dag ouer en dis al amper 5 jaar sedert hulle mekaar weer sien. Sy blou hemp komplimenteer sy oë. Sy bree gesig met 'n blonde krul oor sy voorkop...hys nogsteeds die aantreklike man waarop sy verlief geraak het. En hier staan hy voor haar. Sy besef haar wange gloei en voel hoe haar ore warm raak, en al wat sy kan uitkry is..

'"Dewald.."


Tot volgende keer,

Muis-Groete