Die
volgende dag is Anke vroeg aan diens sodat sy kan inloer by haar pasient. Sy
het gemengde gevoelens oor hierdie dag. Sy het skaars geslaap laas nag. Haar oë
voel dik geswel want sy sweer sy het gisteraand haarself aan die slap gehuil.
Sy en Lukas het ‘n vinnige ontbyt gehad en sy het skaars ordentlik tyd met haar
seun spandeer.
“Goeie
dag Dokter!” hoor Anke terwyl sy saggies wou verby sluip sonder om
in Sonja se kamer in te gaan. Anke voel half skuldig oor haar optrede, maar
draai toe effe om en plak die beste valse glimlag op. “Hallo Sonja, hoe
gaan dit vandag?” en sy kom sy staan by die punt van die bed en tel
haar leër op om te lees wat was die nag dokter se observasie.
“Baie
beter Dankie, eks so bly my man ken die beste ginekoloog naby. Dankie dat jy my
kon sien” en Anke voel half skuldig omdat Sonja haar so opreg
hanteer en bedank.”Dis niks man, solank jy en baba gesond is” en sy
hou haar oë op die geskrewe bladsy voor haar.
“Ek sien
jou bloeddruk was weer hoog in die nag. Hoe voel jy nou?” en
Anke gaan neem haar temperatuur en staan langs haar. Sy kan hoor hoe vining
haar hartklop is en kan nie dink dat iets nou moes gebeur het wat
dit kan aanhits. “Ek..uhm..ek..jammer dat..dis my skuld hoekom ons hier
is. Ek het bietjie navorsing gedoen oor jou want jy is al eks waaroor Dewald
nie gepraat het nie en..eks jammer.” En Anke kyk vraend na Sonja want
sy het geen idee waaroor dit gaan nie. En Sonja haal ‘n foto uit haar handsak
uit en gee dita an haar.
“Ek volg
julle al die afgelope 3 jaar…jou seuntjie..uhm hys so pragtig” en sy
buit haar onderlip. Anke weet nie moet sy huil of verstik aan haar woede. Sy
bly after all die dokter.
“Hoekom?” en
sy beduie met die foto van klein Lukas, in haar hand. Sy voel half ontbloot
voor hierdie vreemdeling. Kaal gestrip met die nare waarheid maar ook half asof
ieman die sluier opgelug het en die wêreld bekyk haar aan.
“Hy is
nog lief vir jou Anke. Ek het als probeer om net..net,” en haar oë skiet vol
trane, “ek wil net die helfte van die liefde ervaar wat hy vir jou het, maar ek
kan nie. Ek voel dit nie. Ons probeer al vir 3 jaar vir ‘n baba, maar niks.
Elke keer verloor ons dit voor nege weke..ek weet nie. Dalk, dalk as hy weet
van klein Lukas sal dit dinge vir ons makliker maak…dalk” en
sy kyk met soveel seer na Anke maar dit voel vir Anke sy staan met haar rug
teen n muur. ‘n Yskoue pikswart muur.
"Eks
jammer, ek verstaan nie. Hoe weet jy?" en
Anke probeer die legkaart in haar gedagte regmaak oor waar Sonja in pas en hoe
sy weet van Lukas.
"Ewald.Dis nie per
toeval hoekom hy hier is nie. Anke, soos jy weet is ons nou besig om
konfidensiele inligting te bespreek so ek wil graag hê dit moet tussen ons bly.
Die baba wat ek verwag is nie Dewald s'n...en asseblief moet my nie oordeel..om
vaders land. As Dewald dalk so naaste lief was vir my soos hy vir jou, kon
ek..sou ek nie verlief geraak het op sy tweeling boetie en
dalk..net dalk sou ons gelukkig gewees het maar ons is nie. En dis waar jy in
gekom het…ek moes net weet wie die vrou is waaroor my man nie kan kom. En die
seuntjie..uhm..julle seuntjie maak dinge vir my maklik. Ek ver-“ en Anke
onderbreuk die gesels want sy kan nie die vermetelheid van die vrou vat nie.
“Hoe durf
jy?! Jy het geen idee waar deur ek die afgelope jare was nie en om hier in te
wals en my kind as buit te gebruik vir jou geflerrie met jou man se broer?” en Anke
storm by die hospital kamer uit. Sy weet dit was baie onprofessioneel en sys al
moet terug gaan en verskoning vra maar sy is te kwaad om nou nog te dink. Sy
moet eers afkoel.
"Ek sien dis net die bloeddruk wat weer hoog was, anders lyk als normaal. Hoe voel jy Sonja?" en sonder om na haar te kyk beweeg sy na die sonar om nou na die neonatale bewegings te kyk.
"Ek voel reg. Ek weet net nie hoekom baba my bloeddruk so kan opstoot" probeer sy 'n grappie maak, Maar Anke ignoreer dit en smeer ultra klank gel aan haar maag sodat sy na die baba se hartklop kan luister.Als klink goed en sy verduidelik nog kortliks en dan verlaat sy die kamer. Sy wil net wegkom hier. Die res van haar dag is rustig, niks ernstige gevalle. Die dag is rustig en dan kry sy 'n sms van Franeke wat laat weet dat Lukas maar die aand kan oorslaap want dit lyk na 'n lank aan vir mamma. Sy staan nog en glimlag met haar selfoon toe Dokter Ewald inloer. "Dis 'n eerste, wta moet mens doen om jou so te sien glimlag?" en sy kan nie help om te sien hoekom Sonja vir hom geval het nie. Hy is meer aantrekliker as Dewald.
Sy oë is lig blou, kuiltjies in albei wange en spierwit tande. Hy is gespierd, seker van al die gym-sessies. En hy is 'n natuurlike flirt en hy het swart krul hare,wat ruik na seewater en kaneel. Sy vel is meer bruin, asof hy tan en sy besef die man staan hier voor haar,
"Ag dis net my vriendin, dis al" en sy glip die selfoon in haar baadjie se sak. "Oh ja, baie dankie dat jy vir my instaan vanaand, ek kan ongelukkig nie in dieselfde spasie is waar my broer is nie. Ek sal met graagte jou skof oorvat môre." en sy knik net. As jou broer net moet weet....dink sy.