Wit Jassies & Donker Geheime: Hoofstuk 5
Hier staan die man voor haar. Haar hele lyf begin bewe, en
sy weet nie wat om te sê. Sy prewel met ‘n papier in haar hand en sit stadig
weer in haar stoel. Sy was oppad om vir Lukas te gaan optel by die
kindersentrum maar hier..hier.
“Kan ons gou vining chat?” val Dewald haar gedagtegang in
die rede.
“Ja…uhm. Dis reg..” antwoord sy.
“Ek weet jy is seker oppad uit maar ek het ‘n noodgeval… en ek
wee tons het mekaar so lank laas gesien en daar is soveel op-catch om te doen
maar dit kan wag. Het jy ‘n paar minute?” vra hy en die uitdrukking op sy gesig
lyk somber.
“Ja..uhm ja. Waarmee ka-“ en hy ruk die deur weer oop en
hier kom hy ingeloop met ‘n baie mooi vrou wat hoog verwagtend is. Sy kyk hom
baie verbaas aan.
“Ontmoet asb my vrou ,” en hy beduie haar om te sit. “Dankie manlief” antwoord die dame.
‘n Gevoel van ongeloof en teleurstelling ruk Anke
na realiteit.
“Aangename kennis” is al wat sy uitkry. Sy weet nie wat om
verder te sê. En Dewald lyk net so ongemaklik.
“Ekt..ek weet dis bietjie vining vir jou..uhm. Ek moes jou voorberei het, maar ek ken nie ander goeie ginekoloë in die area. My vrou..uhm..Sonja het net begin met krampe…en vanoggend het sy begin bloei… ek neem aan die reis vanaf Pretoria het ook iets te doen met dit, maar … sal jy asseblief kan kyk wat is fout met haar?” en hy kyk vraend na Anke. Sy het nie hul eerste ontmoeting so ingedink.
Dis asof sy buite haar eie liggaam staan en nie weet wat om te doen. Sy is numb.
"Dis reg. Hoe gaan ek te werke sonder pasient geskiedenis? Ek moet weet of sy enige onderliggende siektes of simptomes het" sonder om twee keer te dink begin Anke se instink in te sin en sy begin die pasiënt, oftwel vir Sonja te ondersoek. Hulle beweeg later na 'n behandelings kamer sodat sy na die baba se hart kan luister. Sy kan nie glo Dewald sit haar in so posisie nie. Na al die jare, sjoe.
Na so twintig minute se toetse en ondersoek, kom Anke na haar kantoor waar sy Dewald sien sit. "Sonja se bloedruk was bietjie hoog, maar dis onder beheer en die baba se hartklop is ook reg, so die bloeding kan 'n stressor wees, met die dat die bloedruk die hoogtes ingeskiet het. Maar albei gaan okay wees" en sy kan sien hoe sug hy van verligting.
"Dankie, dankie Anke" en hy wil vir haar 'n drukkie gee maar albei raak bewus van die spanning tussen hulle. "Eks jammer, ek besef dis onder moeilike omstandighede wat ek na jou toe kom en ek skuld jou 'n verduideliking...met als en Sonja en hoe ek hier weg is -" maar Anke val hom in die rede en sê,
"Dis fine, Dewald. Gaan wees by jou vrou en baba. Sien julle môre" en Dewald kan die seer in haar stem en oë gelyktydig sien. Sy was nog heeltyd so professioneel en kalm. Sy stap uit en beweeg na die kindersentrum om vir Lukas te gaan optel en wil net haar kop in 'n kussing druk om te skreeu en huil op een slag.
Dit maak so seer.
Die man wie haar hart besit...is getroud en boonop verwag hulle hul eersteling.. sy weet nie hoe sy deur die fase gaan kom. En boonop is die welsyn van sy vrou...Dewald se vrou! nee wraggies..die grootste skok waarvoor sy kan gehoop en bid het.
Sy vrou se welsyn en sy baba s'n, lê in haar hande. Hoe kan hy dit doen aan haar. Sy het nog nie eers vir hom vertel - sy het nog nie eers haar eie seer verwerk en boonop kom ruk hy dit oop sonder om eers te sit en jammer te sê omdat hy haar vyf jaar gelede netso verlaat het nie.
Dit maak so seer.
Tot volgende keer.