Translate

Tuesday, May 3, 2022

Wit Jassies & Donker Geheime: Hoofstuk 4



 Die volgende dag is maar 'n luierige Sondag vir Anke en Lukas. Sy doen soos gewoonlik haar inkopies en die laatmiddag uitstappie met Lukas en Jerry- die boerboelkind - na die parkie oorkant haar huis. Sy sit en dink nog na die vorige aand se gebeure. Dewald kan nie net wil opdaag na soveel jare..dink sy.

Sy vind 'n lekker skadu plekkie en gooi haar rooi en wit piekniek-kombersie neer terwyl die twee baljaar op die gras. Sy kyk na haar Lukas-kind. Hy is so gelukkig en vol lewe. Pragtigste diep blou ogies en blonde krulhare.

Uitgeknip sy pa.

Ai, sug sy diep. Meteens maak die gedagte haar seer. Die gedagte aan sy pa. Haar liefling-kind se bloedverwante. Dis nie 'n seer waarvoor sy gereed is nie. Sy het vir so lank rondom die feit beweeg dat sy al een in sy wêreld betaan. Sy en sy tannie Franèke.

Haar ouers...wel dis 'n teer saak. Hulle is nie veel van 'n kwessie. Sy was al kind en het die beste van als geniet in haar ouerhuis. Sy het die beste opvoeding gekry, al was die aandag en liefde opgemaak deur hulle huishulp - Theresa. Sy was sowaar 'n engel in haar lewe. 

Buide Anke se ouers was dokters, spesialiste om presies te wees. Haar ma was 'n welbekende Neurochirurg wat 'n baanbreker was in haar professie. Haar pa was 'n hart spesialis op Klerksdorp. Hulle was die perfekte paartjie en het die perfekte dogter gehad. Todat sy...wel. Dit maak nie nou meer saak.

Lukas en Jerry is nou seker lekker dors gespeel en kom val laggend hier langs haar. Sy gee hom 'n soen en kielie hom laat hy uitbundig lag. Hulle sit en speel nog toe dit begin skemer raak. Anke dink aan môre.

Sugtend staan sy op. Die werk.

Hulle stap geselsend terug huis toe en sy kan nie ophou kyk na haar blou-oog blonde kop. Haar hart swel behoorlik. Sy is so trots om sy mamma te wees. Die volgende dag is Anke se gemoed steeds swaar. SY kan nie ophou dink aan die e-pos vanaf Dewald. Dit het haar onkant gevang maar sy gaan nie laat dit haar dag opvoeter. Hier en daar is daar 'n noodgeval en Anke kyk gereeld angstig na die horlosie. Sy kan nie wag om vanaand af te klok. Haar voete voel gedaan...

Net so voor sy moet huis toe gaan, stap Anke in haar kantoor om op te vang met al haar e-posse toe sy op die nuutste e-pos afkom, vanaf Dewald.

'Ek is môre by Sentraal Hoogte. Het jy tyd vir 'n koffie? Ek tel jou 1uur op. Groete'

Anke besef sy kan nie wegkom hiervan. Sy gaan dit net moet aanvaar dat Dewald kom en syt moet hom vertel wat in haar lewe aangaan. Of sy skuld hom ten minste die waarheid.

Sonder om te antwoord, sit sy haar rekenaar af en pak om huiswaarts te keer. Daar is 'n ligte kloppie aan haar deur en sy sê, "Kom binne"

"Hello Anke, gehoop ek kry jou.." die stem klink bekend en sy kyk vinnig op en hier staan hy. 

Met sy diep blou oë. Sy het gedink sy gaan gereed wees as sy hom sien sonder om...sonder om..om oopmond te staan en uidrukkingloos na hom te staar. Nie'n dag ouer en dis al amper 5 jaar sedert hulle mekaar weer sien. Sy blou hemp komplimenteer sy oë. Sy bree gesig met 'n blonde krul oor sy voorkop...hys nogsteeds die aantreklike man waarop sy verlief geraak het. En hier staan hy voor haar. Sy besef haar wange gloei en voel hoe haar ore warm raak, en al wat sy kan uitkry is..

'"Dewald.."


Tot volgende keer,

Muis-Groete



No comments:

Post a Comment