Translate

Monday, September 17, 2018

Liefde is nie vir almal beskore nie - Hoop. Geloof. Liefde



Terwyl Karen terug stap na die voordeur besef sy die dreigement kom nie lig voor nie. Francois bedoel elke word wat hy gesê het en daar is niks wat sy daar aan kan doen nie. Sy is in ‘n hoek. Sy stap na die kabinet waar al hulle reserved wyne gebêre word en vat een van die oudtse wyn bottels en maak dit oop en skink ‘n glas vol. Sy gaan sit op een van die hoë stoep stoele en kyk oor die netjiese gesnyde gras en pragtige tuin. Sofia kom ook nou uit net om vir haar te sê sy is oppad huis toe.
“Is als okei missies?” vra Sofia en kyk na die glas in Karen se hand. “Ja Sofia. Eks okei – jy gaan seker huis toe?” en Sofia knik haar kop. “Sien môre en bel missies se ma. Mens voel altyd beter as djy met djouse ma gepraat het” sê Sofia en draai om. “Koebaai” en Karen hoor die deur klap toe.
Sug.
Sy dink sy moet haar Ma bel. Syt dinge te ver laat uitrafel, sy benodig haar ma of iemand buiten haar prokureur. Sy het niemand in haar hoek. En Francois weet dit.
Sy sluk die glas wyn in een asem op en stap in. Sit die glas in die kombuis en loop na die hoofslaap kamer. Sy soek na haar foon en sien daar is ‘n oproep wat sy gemis het. Moet haar Ma wees – sy is verbaas om te sien wie se naam is op die hoof skerm. Dis haar broer -Stefan. Hoekom sal hy na haar soek? En sy skakel hom terug maar die foon lui net. Sy raak nou bekommerd. Sy skakel  sy vrou, Lea antwoord “Hallo skoonsus! Lanklaas van jou gehoor” en sy sê  “Middag Lea. Jammer ek pla, Stefan het my geskakel maar ekt sy oproep gemis. Is alles reg julle kant?” en daar is ‘n stilte voor Lea antwoord, “Jammer, het jou Ma nie vir jou geskakel nie Karen? Ek –“  en Karen onderbreek vir Lea “Wats fout? Ma mag nie met my praat nie” en sy word angstig. “Skakel jou Ma asb. Dis beter” en die gehoorbuis word neergesit. Karen kan nie help om die gevoel af te skud nie, maar sy skakel haar Ma. Geen antwoord. Sy skraap al haar moed bymekaar en skakel haar Pa se nommer. Die foon word geantwoord deur ‘n vreemde persoon, “Goeie midag. Dis Meneer Le Roux se selfoon. Ongelukkig is hy nie nou beskikbaar – “
“Wat het gebeur? Dis sy dogter” en  Karen besef sy praat hard. “Daar was ‘n ongeluk. U ouers is oppad hospitaal toe. Ek dink u moet sorg dat u tot by die hospitaal kom. Dit lyk baie ernstig”
“WAT? Waar en hoe? Met wie praat ek nou?”
“Dis in Durban. Opad lughawe toe. U praat met offisier Luyt. Eks jammer”
“Watter hospitaal gaan hulle wees?” vra Karen. Hy gee besonderhede en sy lui af. Die offisier het belowe hy gaan haar op hoogte van sake hou.
Sy moet sorg dat sy op die eerste vlug na Durban kom. Sy gee nie om hoe laat sy ‘n vlug kry het nie – oh hel. Wat as Francois al haar kaarte gestop het? Hoe gaan sy ‘n vliegtuigkaartjie koop?
Nog voor sy in ‘n paniek verval, haal sy haar skootrekenaar uit en gaan kyk op haar aanlyn bank. Als lyk nog normaal en sy boek ‘n kaartjie na Durban. Die vlug verdaag agt uur en sy kyk op haar horlosie en sien dis half vyf. Sy het tyd. Sy dink aan niks anders as om nou by haar ouers te wees. Als kon nie op ‘n beter tyd gebeur het nie.
Die egskeiding.
Die ongeluk.
Die feit dat haar ma en pa haar nou nodig het en als.
Sy het hulle nou meer nodig as ooit.
Sy pak ‘n paar klere in ‘n tas en vat haar sleutels. Sy pak die tas in haar kar en kom weer terug om die deur te sluit. Voor sy vergeet, skryf sy ‘n nota aan Sofia net om te sê dat sy sal ‘n paar dae weg wees. Sy sluit die deur en klim in haar motor en spoed deur verkeer. Haar kop dwaal oral. Haar Ma en Pa is haar als. Sy kan nie glo dat sy sewentien jaar laat verbygaan en nie een keer uitgereik het na haar ouers nie. “Here, asseblief laat my ouers okei wees” bid sy hardop. Sy het nog veertig minute se ry voor sy by die plaaslike lughawe is. Hoedspruit het nie baie of gereelde vlugte nie en die verkeer is maar stil.
By die lughawe gekom en sy kyk op haar horlosie en sien dis skuins voor ses. Sy besef dat sy in die haas skaars geeët het en gaan koop ‘n toebroodtjie en wegneem koffie. Terwyl die dame agter die lessenaar haar kaart deurskuif dink Karen aan Francois. Sy wonder hoekom hy nog nie haar kaarte gevries het nie. En sy dink aan die insident vroeër met die blondekop in sy kar. Die dreigement. Daar was iets in sy oë... dis asof dit duiweltjies was wat in sy oë gedans het, maar sy kan sien. Hy beplan iets. En na sy haar toebrootjie en koffie geneem het, stap Karen na die naaste kitsbank en trek ‘n groot bedrag geld uit haar rekening.
In geval hy iets beplan.
Sy sal dan kan aangaan met die kontant wat sy het. Net tot sy uit gaan figure wat om volgende te doen. Sy loop na die wagkamer en eet haar toebrootjie. Sy hoor haar foon lui en gruip na haar handsak. Sy hoop nie dis slegte nuus nie ...
Dis Francois.
“Ek sien jy geniet nog my geld. Dit was jou laaste” en druk die foon dood. Karen sluk ‘n gevoel van verlugting. Sy het nie nou krag om met hom te stry nie en gaan voort met haar toebroodjie. Die aankondiging vir aan boord gaan word gemaak en Karen sluk so drie slukke van haar koffie en gooi die papier koppie in die vullis blik. Sy is dankbaar dat alles nou na ‘n kant beweeg en terwyl sy loop gaan sy sommer vir Stefan bel en sê sy is nou oppad Durban toe en sal hom laat weet oor enige nuus.
 
Toe hulle land in Durban is dit donker. Karen kyk na haar tyd en sien dis half tien. Sy moet ‘n huurmotor kry en loop na die inligting kiosk en skakel een. Die hospitaal is nie vêr van die lughawe – diè dat haar ouers so gou by die hospitaal kon gekom het.
Terwyl sy in die huurmotor sit skakel sy haar Pa se selfoon. Die polisieman het haar belowe hy gaan haar op hoogte hou maar sy het nog niks van hom gehoor nie. “Goeie naand dis Meneer Le Roux se foon” antwoord hy. “Naandsê, dis weer ek, Karen. Hoe is my ouers nou?”
“Juffrou Le Roux, die dokters is nog besig met u ouers. U moet net sorg dat u tot by die hospitaal kom”
“Eks oppad na die hospitaal. Ekt so vyftien minute gelede geland in Durban. En dis Mevrou Lautrec, dankie”
“Dis reg mevrou, sien u nou” en hy lui af. Karen voel half vals om haar so voor te stel. Mevrou Lautrec nogal, simpel ek. Dink sy.
By die hospitaal gekom klim Karen uit en betaal die bestuurder en beweeg in na die ontvangs. Dis ‘n privaat hospitaal en dit sal maklik wees om haar ouers op te spoor. Haar Pa is ‘n baie belangrike man in die sake kringe. Karen doen navraag en sy word na die intensiewe eenheid verwys. By die wagkamer gekom en ‘n baie aantreklike man met ‘n sterk stem kom haar teegemoet. “Goeie naand, Is u Mevrou Lautrec?” en hy steek sy hand uit. “Eks offisier Luyt. Andries Luyt. Ek was ook oppad lughawe toe in die motor agter u ouers, toe die ongeluk gebeur. Dit was baie erg. Ek dink die dokters sal u nou sê want jy is ‘n naasbestaande” en Karen voel half verlig dat ‘n wild vreemdeling daar was om haar ouers betyds te kry by die hospitaal. “Baie dankie meneer. Ek ... ek .. weet nie hoe ek u eendag sal terug betaal vir u goeie daad – “
“Andries asseblief. Ek is darm in my gewone klere” en hy glimlag half skaam.  Sy vat sy hand en op die oomblik kom die dokter aaangestap. “Is die familie van die egpaar al hier?” en Karen loop vinnig na die dokter. “Ja, dis my ouers. Eks Karen. Dokter asseblief sê vir my hulle sal oraait wees?” en Karen se stem bewe want sy weet nie wat om te verwag nie.
“U ma is buite gevaar – net paar ribbes gebreek maar sy sal herstel. U pa is nog in die teater en ek sal elke half uur vir u kom inlig oor sy toetstand. Dit lyk nie goed nie ...” en die dokter draai om en stap in die gang af. Op daai tydstip kan Karen nie beweeg nie. Dit voel asof als in een dag ineenstort. Sy kan dalk haar pa verloor en sy het nog nie eers vrede gemaak met hom nie. Die verpleegster kom na haar en sê haar ma is nou wakker en sy kan haar sien. Tewryl Karen die privaat kamer binnegaan sien sy haar ma daar lê.
Weerloos.
Kwesbaar.
Sy gaan staan langs haar bed en vat haar ma se hand. “Mamma..” ‘n traan rol oor haar wang en Karen besef dis die eerste keer in sewentien jaar dat sy haar ma sien. Haar ma het verouderd, maar haar vel lyk nog goed. Sy kyk mooi na haar.
Haar ma se oë gaan stadig oop en haar mond gaan oop om te praat maar Karen keer haar. “Sjuut mamma, dis okei. Eks hier” en sy druk haar hand stywer vas. Haar ma kyk bewilderd rond en Karen besef sy is nie bewus van waar sy is nie. “Ma en Pa was in ‘n ongeluk. Julle is in die hospitaal. Als is okei. Pa gaan okei wees” en sy kalmeer. Karen sit haar kop op haar ma se hande en begin saggies snuk, “Eks so jammer mamma. Dank vader julle is okei –“
“Karen...” en Karen lig haar kop op. Haar ma se stem is hees en sy gee haar bietjie water. “Karen ... ek wou ...wou weer bel maar Pa...-“
“Dis als reg ma. Ek weet hoe is Pa as hy my naam hoor” val Karen haar Ma in die rede. Haar ma antwoord “Nee dis nie dit...” en sy wys met haar hand.
“Jou pa ... hy mis jou en hy is nie meer so gesond. Sy hart.. en vernaand het ons oor jou ‘n argument gehad ... hy ... het dit verloor..en hier lê ek nou” en sy draai haar kop skuins. Karen vat haar hand met albei haar hande en soen dit. “Ek mis julle elke dag. En eks jammer ekt net weggegaan. Eks so jammer ma –“
“Karen... dis nie jy nie. Jou pa... ek moes harder probeer het. Ekt elke dag gebid en gehoop hy verander maar nooit. Ek is jammer. Ek as jou ma het ek jou in die steek gelaat” en voor Karen iets kan sê kom die dokter in.
 Sy gesig sê als.
“Eks so jammer mevrou. Ons het als gedoen wat ons kon. U man het te veel bloed verloor en sy hart kon hom nie deur die operasie dra nie. Eks so jammer” en Karen se hele bestaan kom tot stilstand.
“Dankie , dokter” en sy kyk na haar ma.
Dis asof haar ma dit verwag het. Sy gaan sit op die stoel langs haar bed en kon nie een emosie uitkry nie. Sy weet nie moet sy huil of bly wees nie.
Die polisie man van vroeër -  kom ook ingestap en Karen word bewus van sy teenwoordigheid.
“Eks jammer mevrou. Ek wil net u man se selfoon en persoonlike besittings gee. Dit was op die toneel. Eks weereens baie jammer” en Karen staan op om dit te neem by hom.
“Dankie...uhm dankie vir als” en sy draai terug na haar ma. Sy het nog niks gesê vir die afgelope vyf minute nie. “Is daar enige iets wat ek kan doen?” vra Andries. Hy lyk rêreig besorgd oor haar ouers. Karen stap tot by haar ma, maar sy staar net voor haar. Die verpleegster kom ook nou nader eN vra vir Karen, “Kan ons vir haar ‘n verdowingmiddel ingee? Eks net bang die skok werk haar op en haar ouderdom... mens kan enige iets verwag” en Karen knik haar kop en beweeg na die wagkamer. Andries bring vir haar ‘n koppie sterk koffie en sy neem dit by hom. Hoekom is hy nog hier? Dink sy.
“Jy moet seker gaan ... ons sal okei wees. Ek ... ek moet net my broers ook laat weet, maar dis rêrig nie nodig om hier te sit en wag nie..” en sy kyk om verslaend aan. Sy begin bewe en die koffie mors half. Hy kom nader en vat die koppie uit haar hand uit en sê “Dis nie moeite nie. Ekt my ouers ook in ‘n ongeluk verloor en dit... uhm ... ek wil nie hê jy moet alleen deur dit gaan. Is u man oppad? Ek sal wag tot hy kom, dis rêrig nie moeite nie, mevrou” en Karen antwoord, “Dankie” sonder om hom te antwoord op sy vraag.
Sy gaan sit en haal haar foon uit. Sy moet vir Dewald en Stefan laat weet. En die res van die familie. Hoekom sy...
Nadat Karen beide haar broers ingelig het, sien sy die verpleegster by die deur en roep “Verpleegster, is my ma okei?” en sy antwoord, “Sy is rustig. Sy slaap. Ek sal u roep wanneer sy wakker word” en Karen draai om en sien sy is alleen in die wagkamer. Andries moes geloop het terwyl sy besig was op haar foon. Hy lyk na ‘n gawe man.
 
Twee weke later...
Na Karen se pa se begrafnis en al die formaliteite afgehandel is, word sy gedruk om die waarheid vir haar Ma te vertel van haar en Francois. Haar ma het heelwat goed herstel en is alweer besig om in die tuin te krap. Dit hou haar besig, sê sy. Hulle het nog nie oor haar pa gepraat nie en Karen se hofdatum skuif al nader – sy moet terug Hoedspruit toe.
Dis ‘n koel oggend in die klein dorpie suid van Pretoria. Die strate is pers van die jakarandabome se blare. Dis so uniek aan Pretoria. Dit het sy die meeste verlang. Sy en haar pa sou vir ure net die blare opvee ... en meteens mis sy hom. Haar ma kom sit ook nou op die stoep en Karen sien dit as ‘n perfekte oomblik. “Ma dis nou al amper ‘n maand ... ek moet terug gaan” begin sy. Sy sien haar ma se blik word somber maar haar Ma hou haar oë op die geel sonneblomme in die tuin. “Ek dink die sonneblomme is gereed om geknip te word, wat dink jy?” verander haar ma die onderwerp.
“Ma ...”
“Ek wil nie alleen wees nie Karen. Ten minste nie nou nie... jou pa ... hy was altyd hier ... ek kan nie” en haar ma staan op om weer tuin se kant toe te beweeg en Karen sê, “Ek skei van Francois, Ma. Dis hoekom ek wil terug gaan. Moet terug gaan...” haar ma kyk haar heel verstom aan. “Ek wou niks sê omdat dit die begrafnis was en Dewald en Stefan was hier... als was net ... tyd was nie reg. Ek wou Ma sê met die laaste oproep maar ...so ja. Ek skei van hom”
“Sewentien jaar Karen. Sewentien jaar “ en sy kom sit weer op die stoel oorkant haar. Sy sit in stilte en dan vra sy, “Hoekom nou eers?” en Karen sê,
“Hy’t my verneuk Ma, telkemale. Ekt twee miskrame gehad en toe die buisbaba. Ek het niks oor nie. So ek het uiteindelik besluit ek gaan skei. En ek wou dinge regmaak met julle. Met Pa... en dit was te laat. En eks so jammer daaroor, maar ekt nog vir Ma. Ek wil nie hê ons moet weer vervreem nie dis hoekom ek besluit het ek gaan skei en terug trek huis toe. Na Ma toe .... as dit okei is met Ma?”
Haar Ma se gesig helder op en sy antwoord “Wat vir ‘n vraag is dit? Natuurlik Karen dis jou huis hierdie. En dis hopeloos te groot vir my aleen” en sy staan op en en stap na Karen om haar ‘n drukkie te gee. Karen voel so verlig want die afgelope maand moes sy als net onderdruk en ‘n mooi gesig opsit.
“Ek sal saam met jou gaan en jou ondersteun, my kind” sê haar Ma.
“Dankie Ma” sê sy met trane in haar oë.

Die volgende dag bespreek Karen die vlugte vir hulle twee en terwyl sy besig is lui haar selfoon. Dis haar prokureur,Johan. “Middag mevrou Lautrec. Hoe gaan dit?”
“Middag Johan. Gaan goed dankie”
“Jammer om te hoor van u pa. Ek skakel net om seker te maak u gaan volgende week se hofsitting bywoon”
“Dis reg Johan, ek vlieg môre terug. Sien jou dan” en sy druk die foon af.
Terwyl sy die kaartjie uitdruk, hoor sy die geluid van ‘n kar wat stilhou voor hulle deur. Haar ma het gaan inkopies doen – bluikbaar niks om te dra in haar kas. Sy wonder wie dit kan wees.
Die voordeur klokkie lui en Karen stap vanaf haar Pa se studeerkamer in die gang af na die voordeur. Hulle het ‘n massiewe huis – haar Ma glo in spasie.
Sy maak die deur oop en die man met die spierwit glimlag staan voor hulle deur. “Middag mevrou, ek hoop nie ek pla nie?”
“Goeie middag uhm.. meneer Luyt?” en sy kry ‘n warm blos op haar gesig. Sy het nie eers gedink om haar gesig te poeier of iets, wat nog te sê van gaste!
“Andries - asseblief. Is u moeder tuis?”
“Nee ongelukkig nie ... Andries. Kom binne”

Hulle stap tot in die groot voorportaal en sy beduie vir hom ‘n sitplek. “Dankie” en hy gaan sit. Sy word meteens bewus van sy blik op haar. Na die begrafnis het hy gereeld vir Ma kom kuier en Ma geniet hom. Sy gooi selfs skimp dat Karen op ‘n koffie date met hom moet gaan.
“Is als reg vir môre? Jou ma het my vertel van julle trippie” en Karen voel half ontbloot. Wat praat haar Ma nie als met hom nie.
“Ja, ekt so pas ons kaartjies uitgedruk so ja... my Ma drentel weer in die winkels rond om uitrustings vir Hoedspruit te kry. Sy dink dis Johannesburg of die grote Kaap!” en sy uiter ‘n klein laggie.
Wow, ek kan nie onthou wanneer laas ek so gelag het nie. Nietemin glimlag rondom ‘n man. Sewentien jaar terug? 
En sy draai vinnig om en vra, “Iets om te drink?” en sonder om vir sy antwoord te wag, stap sy na die kombuis se kant. 
Sy is sommer laf.
Net ‘n sap sal lekker wees” hoor sy terwyl sy die kombuis binnegaan.
Na ‘n ruk kom sy met die sap op ‘n skinkbord en gee dit vir hom. Haar ma het nie ‘n huishulp nie – altans sy glo nie dat iemand in haar huis moet werk nie. Sy is ‘n perfeksionis en doen als self.
“Mevrou as jy enigsins ongemaklik voel met my, ek sal verstaan en gaan” en Karen kyk vererglik op, “Hoe bedoel jy? En noem my gerus Karen asseblief” en hy maak sy keel skoon.
“Karen, wel jy is altyd op jou agterpote is ek in die omtes is. Ek buit nie” en hy gee ‘n breë glimlag.
“Dis nie dit nie. Ek weet net nie wat jou intensies is nie, dis al” antwoord Karen.
“Is jou geloof sterk? Ek bedoel, glo jy in gebed ?” vra hy vir Karen en haar wenbroue lig.
“Waar kom dit vandaan?” vra sy.
“Op die aand wat ek jou ouers vind ... die ongeluk en als. Ek het so hard gebid vir die Here dat ek my sielsgenoot moet ontmoet. Dat die Here vir my ‘n teken moet stuur ... en toe ...-”
“Skies dat ek jou onderbreek, maar wat het jy in Durban gemaak?” vra Karen. Sy het hom nooit uitgevra en dit het nooit by haar opgekom. Tot nou.
“Ek was ‘n polisiebeampte in Durban en het verplasing gevra vir hierdie stasie. Ek moes wegkom na ‘n groot teleustelling en soos jy – ‘n huwelik wat nie uitwerk. Daai aand was ek opaad hierheen. En nooit in my wildste drome het ek gedink ek gaan ...” en hy bly stil. Vat ‘n sluk van die sap in sy hand.
“Hoekom hier?” vra Karen.
“Ek weet nie ... ekt net besluit enige plek is beter as Durban” en hy staan op en vat Karen se hand. “Jy was in my liefdesverhaal wat God geskryf het. Dinge moes gebeur Karen. Die ongeluk. Jou pa. My egskeiding. Die aand by die hospitaal... sien ek moes wegloop daai aand by die hospitaal want ek kon nie glo ...maar dit als.. als dit was in Sy plan. Jou egskeiding. My verplasing. En nou hier. Die einde. Ekt gehoop. Toe neem ek die stap in geloof. En toe kry ek jou – Liefde” en Karen staan op en ‘n traan rol oor haar wang. Hy vee dit af en buk oor. Hulle lippe ontmoet by die punt van Karen se seer...

Die Einde.




Karen se Hoop was aan skerwe
Sy neem ‘n stap in Geloof
En vind weer Liefde.

Hoop. Geloof. Liefde.
Groete,
LeesMuis






Verbode Vrugte - Met Dorings



 

Na gisteraand se onthulling voel Talana uitgeput. Dis Sondag en Rikus gaan vandag terug Kaap toe. Sy dink terug aan Sanet se gesig toe sy haar vra of sy verlief is op Rikus. Haar Ma – of wat ookal se onthulling oor haar eie ouers. Dalk wou haar eie ouers haar nie eens hê. Dalk moes sy nooit gebore gewees het nie. Want dis hoe sy nou voel. Verwerp. Sy staan op en draai die stort oop. Sy staan vir meer as ‘n half uur onder die water en steeds voel sy vuil. Ontbloot. Naak geskraap van die waarheid. Sy moet hier wegkom.
Sy draai die kraan toe en en klim uit. Draai slegs die handdoek om haar en loop na haar kas. Sy het lus vir niks vandag. Terwyl sy so besluiteloos voor haar kas staan, swaai die deur oop. Sy draai om en sien dis Rikus. Sy klou aan die handdoek en vra “Wat dink jy doen jy? Mens klop voor jy inkom” en hy lyk woedend.
“Wats jou storie?” vra hy en kners op sy tande. As hy dit doen, weet Talana hy is kwaad. Regtig kwaad.
“Waarvan praat jy?” vra sy heel verbaas. “Hoekom behandel jy vir Sanet soos gemors? Sy het jou niks gemaak nie. As dit so aangaan – stel ek voor jy kry jou attitude agtermekaar of ons vriendskap is verby” en hy draai weer om en klap die deur toe agter hom.
“Waarvaan praat – “ en die deur gaan oop en dis Sanet. “Hy is myne  en ek sal enige iets doen om dit so te hou” en sy gee ‘n onderduimse glimlag en draai om. Sy los die deur oop en Talana haas haar om die deur toe te maak. Wat te hel...
Sy verskoon haar by ontbyt en gaan draf eerder met Buks. Sy weet nie wat Sanet vir Rikus vertel het nie, maar hy is kwaad vir haar. En gewoonlik is hulle kwaad is vir mekaar gaan draf hulle – maar die plaas is nie so groot nie en sy sal by die tyd in hom vasgeloop het. Sy draf stadiger toe sy besef Buks raak ook moeg. Hy drink water by een van die lek pype in die wingerd en sy vat ook ‘n sluk aan haar botteltjie water.
“Ai Buksie, eks ‘n foolen sy gaan sit op ‘n klip en haal diep asem.
Sy sien vir Rikus draf tussen die wingerde en hoop hy sien haar nie maar Buks blaf en hy sien hulle. Sy is in elk gevalte moeg om weg te draf en bly sit. Hy draf aaneen maar stop en draai om na waar sy en Buks sit. Haar gesig drip van die sweetdruppels en sy is nog ietwat uitasem. Sy het niks om haar gesig mee af te vee en gooi sommer bietjie van die water op haar.

Hy kom staan voor haar. Sê niks en sy kan sien hy is nog briesend kwaad. Maar hy kan nooit vir te lank kwaad bly vir haar nie. Die lankste wat hy kon kwaad wees vir haar was op hoërskool toe sy en haar vriende sy Biologie taak vernietig het. Dit het hom weke lank geneem om die “brein” te ontwerp en hulle het gedink dis snaaks.
Maar die is baie meer ernstiger.
Hulle kyk mekaar aan en Rikus besef sy is te hardkoppig om eerste te praat.
“Eks jammer oor vanoggend ... dis net... ek hou rêrig baie van Sanet. En dis vir my belang –“
“Hoekom Rikus?”
“Hoekom wat?” vra hy.
“Hoekom sy? En hoekom is dit belangrik dat ek van haar moet hou?”
“Want sy’s ...- ”
“Mooi?” val sy hom in die rede en hy skud sy kop. “Nee, sy is anders. Sy verstaan my drome en ondersteun my. Ons deel dieselfde belangstellings en sy is ook ‘n mediese student – so sy verstaan die vereiste. En ons deel ‘n passie vir medisyne” en hy kyk na haar.  Sy kyk af grond toe. Haar gesig is rooi. “Ek weet lankal van jou gevoelens oor my Talana. Dink jy nie ek was bewus daarvan in graad sewe toe jy nie eers wou hê ek moet vir Helena vra na ons sokkie-dans toe nie. Jy was toe al so behep met jou gevoelens vir my. En dit is so obvious maar, ek voel nie dieselfde nie Talana. Jy sal altyd my sussie wees. Eks verlief op Sanet en respekteer dit asseblief” en hy draai om en draf terug na die huis se kant. Sy sit en kyk hoe hy verdwyn tussen die wingerde en Buks kom sit tussen haar bene. Sy vryf oor sy rug en fluister “Ai Buksie... eks maar net ‘n patetiese fool”.
 
Dis skuins voor midag-ete en Talana kom by die agterdeur aangestap. Salig onbewus van dit wat besig is om te gebeur. Ma is besig om die kosse na die eetkamer, toe sy vir Talan gewaar. “En waar kom jy nou vandaan jonge dame?” vra Ma en sonder om haar te antwoord loop sy reguit na haar kamer. “Talana!”
“Moet nie vir my opskep Ma” en sy gooi haar deur toe agter haar.
Almal geniet die middagete in harmonie en Talana lê met haar oorfone en luister na musiek op haar i-pod. Dis die hartseer melodies wat haar hartsnare roer en sy kan nie help om te huil nie. Die stil huil – waar die trane uit jou siel loop. Sy lê so vir meer as ‘n half uur en hoor nie die geklop aan haar deur nie, maar sy voel iemand hier op haar bed kom sit. Sy maak haar oë oop en sien deur die trane deur dis Ma. Sonder om enige iets te sê, kom sy regop en lê op Ma se skoot en snuk. Soos toe sy ‘n kind was en die lewe net te veel geraak het – dan het Ma altyd gesê sy moet op haar skoot kom lê en haar hare geborsel. Sy is wel vier-en-twintig maar voel soos ‘n ses jarige dogtertjie op Ma se skoot.
“Hoekom moet dit met my gebeur, ma? Ek het nie gevra hiervoor nie...” sê sy deur die snikke.
“Dis deel van grootword, my kind en jy is nog jonk” troos Ma haar. Sy voel half jammer vir die kind.
Dis vertrektyd vir Rikus en Sanet en Ma staan op om hulle te gaan afsien. Talana staan ook op want dis net goeie maniere om mense af te sien. Dis ‘n lang pad en sy wil nie hê dat hulle so uitmekaar moet gaan nie. Die gegroetery is kort en hulle vertrek. Ma loop weer terug huis se kant en Talana agterna. “Ma..” roep Talana.
Ek wil medies gaan studeer volgende jaar”
“Talana, nee...?” en ma kan nie verstaan waar kom die skielike belangstelling in dieselfde veld wat Rikus is – nou vandaan.
“Hoekom nou? Jy het geleentheid gehad om te studeer maar jy wou nie. En hoekom medies?” vra ma,
“Dit klink ideaal. Dink net, twee dokters uit een huishouding?” antwoord sy maar maak geen oogkontak met Ma. Want daar is vuur in haar oë. Sy gaan vir Rikus wen. Die manier hoe hy praat oor Sanet – is hoe my moet praat oor haar. En medies, natuurlik.
“Talana, hoekom kies jy nie net iets makliker, soos onderwys of verpleegkunde? Onthou jy is reeds vier-en-twintig en om nou medies te gaan studeer... dis vyf jaar my kind. Rikus het al van skool af geweet dis wat hy wou doen en hy is al so te sê klaar ‘n dokter. En ek weet hoekom jy dit wil doen so, dit gaan nie werk nie. Mens doen nie dinge om iemand anders gelukkig te maak nie. Wie sê jy gaan dit geniet?” en ma kyk haar stip aan. Talana kyk na ma en besef sy is reg. “Oraait, onderwys dan” en loop verby ma na die kombuis.
 
In die volgende weke, kan Ma kan nie help om die gevoel van onrus af te skud nie. Talana is anders – of sy verbeel haar. Die kind sprankel en is gelukkig. En een aand na aandete vra Ma haar reguit, “Is daar iets wat ek moet weet Talana?”
Heel verbaas lig sy haar wenkbroue en vra, “Hoe bedoel ma? Eks net gelukkig?”
“Maar ‘n paar weke gelede was jy in sak en as oor Rikus en nou?”
“Ekt aanvaar hy gaan my nooit in so lig sien nie so, dis fine” antwoord sy. En loop sing-sing na die kombuis waar sy – sonder dat ma hoef te vra – die tafel afdek. 
Weke stap aan en nadat Talana aansoek gedoen het om die volgende jaar onderwys te gaan studeer ontvang sy die antwoord terug op e-pos. Sy het ingekom by universiteit van Stellenbosch. Dis nou wel nie naby Rikus nie maar dis vêr genoeg van die huis af. Sy kort die wegkom. Almal is baie bly oor die nuus en die Vrydag besluit ma en pa dat hulle ‘n braai vir haar reël en nooi van haar vriende en ook vir Pieter. Sy is so bly om van haar skoolmaats te sien – van hulle is al getroud en ander het al suksesvolle loopbane maar vanaand voel dit weer lekker om hulle weer te sien. Die kuier is baie gesellig en almal gesels oor en weer en niemand sien dat daar nog ‘n motor stil gehou het nie.
Dis Rikus. 
Pieter het hom vertel van vanaand en dat sy gaan weggaan. Hy moes net weer met haar kom gesels.
Pieter en pa is besig om te braai en sy en haar vriendinne gesels oor wat in hul lewens gebeur het na skool en sy voel so gelukkig. Sy lyk baie gelukkig. Rikus staan op die stoep maar nie een van die span besef hy is daar nie. Hy het sy ma laat weet dat hy kom. Hy kyk vanaand met ander oë na haar. Sy lyk op haar heel gelukkigste. Miskien moes hy net nie gekom het vanaand nie, dink hy.
Sy praat met soveel opwinding en haar oë blink.
Hy wou omdraai maar dan sien hy iets. Hy sien hoe Pieter speels aan haar skouer vat en dit vererg hom. Sy gee nie om nie, maar hy doen.
Pieter fluister iets in haar oor en dan is daar ‘n gelag. Een van haar krulle val oor haar gesig en Pieter sit dit agter haar oor. En hy kan sien hoe sy ongemaklik raak. Hy maak hom gereed om oor te stap maar ma kom staan agter hom en sê,
“Los hulle Rikus. Sy is uiteindelik weer haar ou self...”
“Maar Ma, sy ...”
Sy wat? Sy is groot genoeg om vir haarself op te staan. Die kind was die afgelope paar weke op en af met haar emosies. Los haar. Dis haar aand. Moet dit nie vir haar bederf nie” en hy draai weer om en gaan na sy kamer.

Hoekom het hy kwaad geraak vir Pieter?

Wag vir volgende,
Groete,
LeesMuis