Saterdae op die plaas is maar heel ontspanne. Almal rus
bietjie – niemand werk op ‘n Saterdag behalwe as dit seisoen tyd is en die oes
moet af. Ma en Sanet het die
inkopie-sakke uitgepak, maar Talana en Rikus is nêrens te sien.
“Weet tannie dalk waarheen Rikus en Talana
is?” vra sy later.
“Ag die twee loop en
drentel seker weer op die plaas rond. Dis maar wat hulle altyd gedoen het as
kinders” en Ma vee ‘n ongemaklike sweet drupel oor haar rooi gesig. “Kom ek maak vir ons ‘n ou tee, Sanet-kind”
en Ma draai om en skakel die ketel aan.
Talana en Rikus het net na Sanet en Ma dorp toe is en Pa die
buurplaas se boer gaan kuier het, gaan hulle ook ‘n ent stap. Soos in die ou
dae…
Terwyl hulle in stilte aanstap begin Rikus die ys breek. “Die universiteit is baie harde werk, Tallie.
Eks jammer as ek nie terug geskryf het nie, eks net so besig.”
“Dis okay, Rikus. Ek
verstaan…” en skop ‘n klip sodat sy nie hoef op te kyk nie.
“Maar jy’s dan so
anders..” en stop sodat hulle in mekaar se oë moet kyk. “Jy’s my beste vriedin, ons kon oor enige
iets gesels en jy weet altyd net hoe om my te laat lag. Jys soos ‘n sussie vir
my…beter as wat Riana is” en beweeg weer aan.
“Ek mis dit en ekt so gehoop jy en Sanet sal goed oor die wegkom”
“Sy’s n stadsmens,
Rikus. Ek en sy … ons is twee verskillende mense” en sy tel ‘n stok op om
dit te gooi vir Buks.
“Maar probeer ten
minste vir die laaste dae nice wees
met haar” en hy vat aan haar skouer.
“Ek sal try..” en
Talana draai vining om en sê uidagend vir Rikus “Eerste by die huis?” en begin hardloop.
Ma en Sanet sit en drink tee, toe kom die twee uitasem daar
aangehardloop. Laggend stap hulle by die agterdeur in en beide Ma en Sanet kyk
half irreterend na die twee wat soos tieners aangaan.
“En nou?” vra Ma.
“Ek wen en hy kan dit
nie oor sy hart kry nie,Ma!” sê Talana terwyl sy verby hulle draf. Sy lyk
gelukkig, dink Ma. Rikus kom aangedraf na haar en kom val op een van die stoele
neer en sê “Eks … so … onfiks…”
Sanet kan nie help om bietjie jaloers te voel nie. Sy mis so
uit op baie van die “aleen” oomblikke van die twee en daar is net twee dae oor.
Talana spring vinnig onder die stort en glip in iets
gemaklik, want Saterdae aande is daar gewoonlik ‘n braai by hulle of die
Vremeulens gaan kuier by Pieter-hulle. Dis nou al ‘n instelling. Sy laat hang
haar bos krulle natuurlik en kom afgestap. Haar oë blink, sy voel beter nou dat
haar ou Rikus terug is. Sy gaan die laaste twee dae met hom geniet – en vir
Sanet ignoreer. Sy kom uitgestap by haar kamerdeur toe sy vir Sanet in die gang
raakloop “Hi” en stap vinnig aan.
Sanet wou haar iets vra maar sy wou haar net ignoreer.
Sanet trek ook net ‘n gemaklike rokkie aan en poeier net
weer haar gesig. Sy verstaan nie … maar sy gaan nie haar kop breek oor die
sussie van haar toekomstige man nie. Solank die res okay is met my – don’t
care.
Almal kom buite op die grasperk bymekaar, waar Pieter en sy
ouers ook nou aangestap kom. Ma het sap op die tafel en die res kan besluit of
hulle wyn of bier gaan neem. Pa is besig om die vuur aan die gang te hou en
almal staan en gesels oor die week se gebeure.
Ma kom met ‘n bord southappies op ‘n skinkbord en sit dit op
die tafel – langs die swembad neer. Die sonsondergang is die mooiste die tyd
van die jaar – en die weer is so perfek. Ma stap oor na waar Pieter se ma sit
en vat Sanet aan haar arm. “Dis nou my
Rikus se vriendin, Sanet” sê Ma heel trots. Tannie Rita steek haar warme
hand uit en glimlag ook baie vriendelik, “Bly
te kenne, meisiekind. Eks tannie Rita” en sit een van die peuselhappies in
haar mond. “Baie dankie tannie” antwoord
Sanet met ‘n aangeplakte glimlag.
Hulle gesels daar en soos gewoonlik staan Talana in die mans
se geselskap. Pieter kan sy oë nie van haar hou en sy word meteens bewus. Hy
gaan staan langs haar en sê “Jy lyk
pragtig Tallie-kind”
en sy bloos en antwoord “Dankie”. Sy kyk op en sien hoe Rikus hulle twee
aankyk. Sanet kom ook by hulle aansluit en hulle gesels oor rugby, druiwe en Buks.
Dis ‘n heel gesellige aand en almal lyk gemaklik. Selfs Talana se gemoed is
gelig. Sy en Pieter is meer en meer in hulle eie geselskap en die grootmense
geniet dit. Almal weet Pieter is verlief op Talana so dis goed om te sien hoe
hulle kan lag en geselsies maak.
Die aand is besig om na einde te beweeg en almal is klaar
geeët en Ma ruim op. Talana is ook besig om vir Ma te help. Sanet gee ‘n gaap
as teken die dag was lank.
“Sjoe iemand se dag
was lank” sê Pieter en maak gereed om na die bakkie toe te beweeg. Sy Ma en
Pa beweeg ook stadig uit en bedank hulle vir die lekker kuier.
Almal is moeg en wil net nou bed se kant, maar Sanet wil nog
kuier. Sy vra of Talana nie by haar wil sit en Ma beaam “Ja julle is nog jonk, waste vroeg slapery is die” en sy knipoog
vir Talana.
“Okay..” sê Talana
en gaan sit op een van die buite stoele wat oor die swembad kyk. Sy het nog
bietjie wyn in haar glas.
“So dit lyk nie of jy
baie van my hou nie, Talana..” sê-vra sy en glimlag half huiwerig. Talana se kop
draai vinning en probeer verbaas lyk “Dis
nie..-“
“Dis okay, ek weet”
onderbreek Sanet vir haar. “Ek wil net
baie graag weet hoekom?”
Daar is ‘n stilte tussen die twee. Talana staar in die verte
en Sanet drink kort-kort aan haar glas wyn.
“Jy’s reg, dis nie jy
nie eks sommer laf…Jys ‘n baie nice mens en eks net so gewoond daaraan om Rikus
se tyd en aandag alleen te hê as hy kom kuier …” sy vat ‘n slukkie van haar glas wyn en gaan
voort ,
“Rikus is soos my
broer, ons doen als saam en toe jy, jy … so ja. Dis net simpel” en sy draai
haar gesig na Sanet. Sanet koop die storie nie vir een oomblik.
“Jys verlief op hom neh?” en uit die
veld geslaan kyk Talana vir Sanet aan asof sy ‘n vuishou in haar wind gekry
het. Voor Talana kan antwoord kom Rikus ingestap…
Die liefde...
Vervolg..
LeesMuis
No comments:
Post a Comment