Translate

Tuesday, August 28, 2018

Troues & Tossels - Deel3


Terwyl die pasgetroude paartjie verbasend vir Sage & Wian aankyk, sê Kate half laggend “Ag wat dis ‘n joke! Sy is nie Wian se tipe nie!”
Graham sê “Kate!” asof dit sy voor-op-wa vrou gaan keer, maar Wian antwoord  sonder om te dink “Sy is. Ons is eintlik verloof” en hy voel hoe Sage se vingers in sy palms indruk. Sy kyk hom baie kwaad aan maar fake ‘n soet glimlag.

“WAT? Jy joke neh?” vra Kate laggend en hou haar oë op Wian. “Wanneer?”

“Ons trou oor 4 weke…om presies te wees ..Ou-kers aand” en hy kyk glimlaggend vir Sage.

Nou is Graham eers verbaas, sy mond hang glad oop. Kate wou iets sê maar haar hoof strooimesie kom ook aangestap en fluister iets in haar oor. “Ons moet gaan. Dis tyd om die koek te sny” sê sy vir Graham en draai haar gesig na Sage, “Ek soek details nig” en knipoog.

Wian besef wat hy gedoen het en loer na Sage, “Jam-“

Sage lig haar hand op om vir hom te wys hy moet stilbly. “Hoe kon jy?”

“Ekt prober jou beskerm..ekt gesien hoe sy jou uittart en beledig oral waar sy kan -  jy  sou haar amper te lyf  gaan, moenie sê jy wou haar nie ?” sê hy.

Sage sak terug in haar stoel en voel so magteloos. Sy weet hy het dit nie aspris gedoen nie, maar nou dink haar eks sys met sy beste vriend verloof..VERLOOF!!! 

Sage & Wian is nog besig om te stry, terwyl hulle die hele koek snyery mis en meeste van die speeches.

“En laastens wil ek ook ons dierbare vriende, Sage & Wian baie geluk sê op julle verlowing! Ons is baie bly vir julle”

Almal se koppe draai na die twee en Sage kan voel hoe haar hele gesit warm word van woede & skaam en sommer alle verleentheid. Graham bedank nog paar mense terwyl hulle twee uitgesluip kom om sl die vrae te vermy.
Sy is so so so kwaad vir Wian.

Hulle ry in stilte terug, en die stilte is erger as die stilte oppad trou toe.

"Sage, luister..eks jammer. Ek weet jys kwaad ... " begin Wian die ys breek.
"Jy dink?" antwoord sy. Gereed om stoom af te blaas.
"Ek sal dit uitsort. Ek sal sê dit was 'n misverstand..of iets.."
"Oh, ek wonder hoe gaan jy dit regkry.."
"Ontspan Sage..ekt gesê ek gaan dit uitsort."

"My hele familie was daar, moenie vir my vertel van uitsort nie!"
Wian stop trek af en stop die kar se enjin.

Gaan hy confess?
Gaan hy vir Sage dalk soen?
Gan sy hom dalk klap?!
Kom ons vind uit :)  

Follow my page xx
Liefde,
LeesMuis





No comments:

Post a Comment