Translate

Friday, August 10, 2018

Troues & Tossels - Vervolg



Nadat Sage Wian se koppie hervul, wil sy omdraai om weg te stap maar hy vra,
"Hoe gaan jy troue toe? Eks alleen en ek hoor ook die sneeu gaan erger word.." en hy kyk vraend na Sage. "Ekt 'n date gehad so twee ure gelede..maar.." en trek haar skouers op.

 "Jy kan saam met my ry.." sê-vra hy en sonder om te dink antwoord sy, "Dis reg"

"Tel jou so half 4 op" en Sage knik haar kop en draai om.

 Wat te hel Sage..Die volgende 30 minute loop vinnig en Sage haas haar om die huis te haal. Sy was stupid om ja te sê, dink sy. Hy is die rede hoekom sy vandag die gas is en nie die bruid aan Graham se sy. Goemf, raak sommer van voor af kwaad.

Sy hoor die kar se enjin wat nou afgesit word voor haar deur en sy wag nie eers vir hom om uit te klim nie, sluit die deur en loop in die rigting waar hy parkeer het. Sy lyk pragtig met haar blou fluweel rok met ‘n lae hels, haar hare is in een bos krulle en hang oor haar linker skouer. Haar lippe is versier met bloedrooi Elizabeth Arden..sy lyk soos ‘n voorblad model.

Wian aanskou die beeld van Sage voor hom en kan nie help om haar te bewonder..sy’s beeldskoon, sê hy vir homself. Die sneeu is besig om liggies te val en hy kan nie help om die wit sneeu vlokkie op haar lip raak te sien nie. Hy klim uit om die deur vir haar oop te maak, maar sy beduie met haar hand – dis nie nodig nie – hy klim weer terug.  

“Dankie” sê sy en hy skakel die motor weer aan en ry.

Hulle ry in ‘n normale stilte, hyt nie verwag dat sy sommer weer die ou Sage sal wees wat heel babbelend ‘n storie kon vertel. Hy verstaan dat daar het baie water on die vriendskap se brug geloop en respekteer haar houding teenoor hom.

 After all, dis sy skuld en hy weet sy blameer hom. By die kerk loer hy net so kor-kort na Sage om seker te maak sy is okay. Hy het probeer om haar hand te vat terwyl hulle in die kerk beweeg, maar sy het dit weggestoot en hom koud aangegluur.

Sy voel nogals okay, dink Sage. Sy het ‘n meer stywe affêre verwag maar hier waar sy sit, langs Wian in afwagting vir die bruidspaar voel sy okay. Syt in ‘n paar familie-lede vasgeloop en net effe gegroet en geglimlag.

Die bruidspaar het nou hul opwagting gemaak en almal klap hande. Dis vinnig oor en verby en almal beweeg uit na die onthaal area. Hy lyk gelukkig, dink Sage. Ek wonder of hy my al gesien het..en sy kyk rond maar sien hulle is nogsteeds besig binne in die kerk. “Is jy okay?” vra Wian. Sy kyk hom vies aan “Hoekom vra jy?” en draai haar kop weg van hom. Die man irriteer my, dink Sage. By die onthaal-area gekom, soek hulle hul name en gaan sit en wag saam met die res van die gaste.

Haar tannie, Katherine – dis Kate se ma kom aangestap om te groet. Hulle gesels en later staan Sage op om die res van haar familie te gaan groet. Hulle sit twee tafels voor haar en Wian. Hy kry toe ‘n oproep en staan op om buite te gaan praat. Haar oë volg hom, want die hele middag was hy nog haar saving grace.

Kate beweeg stadig terug na hul tafel, waar sy Wian ook sien rustig sit en sluk aan sy glas wyn. Die bruidspaar is nou besig om die gaste te groet en Graham is eerste wat aangestap kom na die tafel waar Wian en Sage sit. Hy lyk verbaas om te sien die twee het saam gekom.

“Hallo julle” en hy kyk vraend na Wian. “Wanneer het jy dan geland?” en kom gee hom ‘n bladskud. “Geluk, boet! Jy lyk goed” en draai nou na Kate wat ook agter hom staan, “Jy lyk soos ‘n droom Kate” en sy gee hom ‘n  I-know-It glimlag, “Wel, iemand moet” en hy draai terug na Graham en gesels saam met hom.

Kate draai haar versier op Sage en vra “Oh, jyt darem gekom” en lig haar wenkbrou op terwyl sy vir Sage deurkyk.  
“Jy lyk baie mooi Kate” antwoord Sage en verwag nie ‘n dankie of iets, want so ken sy haar niggie. Kate knik net liggies en trek vir Graham nader, sy wil seker maak Sage sien hoe hulle mekaar passievol soen.
Graham besef dan wat die rede was, en druk haar effens weg, om vir Sage te groet. “Hoe gaan dit?” vra hy en dis die eerste keer wat hy rêrig Sage se skoonheid raaksien. Sy lyk moeiteloos mooi. “Gaan goed. En geluk..” hy wou nog antwoord maar Kate val hom in die rede, “Hoekom is julle twee saam hier? Is daar iets wat ons moet weet?” en Wian besef dat sy geniet dit om vir Sage te martel en antwoord, “Ons is saam..soos in ‘n couple” en hy vat Sage se koue hand in syne.
Sy gee sy hand ‘n harde druk en haar oë is koud op hom gerig.

Kate en Graham snak na hul asems, “Waneer het dit gebeur en hoekom sal jy dan iemand soos sy wil vat” en haar blik is op Wian gerig.

“Geluk julle twee” en Graham probeer sy verrasende blik wegsteek.

“Ons is actually happy en ja, sys amazing” en hy kyk na haar en sy voel hoe die warmte na haar wange beweeg. Hoe durf die man die goed kwytraak. Bly net stil! Sage is soos iemand wat verlam is, kan niks sê of beweeg nie.

Kom ons kyk wat gebeur verder…

Groete,
LeesMuis



No comments:

Post a Comment