Translate

Monday, July 23, 2018

Verbode vrugte - Vervolg



Terwyl Talana voor die spiel staan en haar bos krulle regkam sê sy sugtend vir haarself “Nog net twee dae”
Sy is nou net mooi op van fake wees met Rikus se vriendin. Syt Mamma belowe sy gaan nice wees. Tot dusver het sy dit reggekry. Sy is goed daarin – sy vermy gevoelens en mense. Sy hoor ‘n ligte kloppie en dis Mamma.  

“More Talana-kind. Dis dorp dag, ekt gewonder of jy en Sanet nie eerder wil gaan. Dit gee julle kans om bietjie tyd te spandeer en mekaar beter te leer ken” en Mamma kyk vraend na Talana.

Sy draai haar kop vining met geligde wenkbroue, “Ma! Ek like haar nie eers, wat nog te sê inkopies doen met haar” en ‘n rooi bloos kom in haar gesig.

“Talana, wat op dees aarde het die kind jou gemaak?” en is verbaas oor haar skielike uitbarsting.

“Ek gaan nêrens saam met haar. Punt”  en sy draai haarself om en stap uit.

In die kombuis vind sy Pa, Rikus en Sanet heel vrolik. “Môre” en stap aan tot buite. Sy het ‘n kort, blou blommetjie sommerrok aan met sandale. Haar hare hang moeiteloos oor haar skouers en haar blou oë is helder vandag. Sy voel goed…nog net twee dae.

Sy speel buite met Buks toe Rikus ook nader stap. “Hallo sus” en hy gooi ‘n balletjie sodat Buks dit oorkant die swembad gaan haal. “Hallo”
En sy kyk weg na waar Buks nou oppad terug is. “Buksie, kom hier!” en hy half spring haar laat sy val teen die grond, maar Rikus spring in en keer haar betyds.”Pasop nou!” en albei lag vir die lawwe Buks.

Sanet kom ook aangestap en onderbreuk die speelse oomblik.

“Dit klink lekker” en sit haar arm om sy nek. Talana maak asof sy haar nie gehoor het nie en gooi die bal nog verder sodat sy en Buks ver van die verliefdes kan speel. Sanet kan nie help om agter te kom die skielike afsydigheid van Talana se kant.

“Talana, sal jy saam met my dorp toe gaan? Ek moet net ‘n paar goedjies kry en wil nie aleen gaan nie” en sy kyk vraend na haar. Talana kyk ongeërg op en sy kortaf “Ek dink Ma gaan. Jy kan saam met haar ook ry” en draai weer om na Buks.
Sy wou nie vir Rikus en Talana aleen agter nop die plaas los nie want sy vertrou nie die afsydige houding van Talana nie, dink Sanet. Sy en Rikus stap we gen Talana en Buks beweeg af na die wingerde se kant. Sy gaan staan stil en bekyk die vroeë oggend lug…lyk baie mooi vandag. Prentjie mooi.

Sy hoor ‘n ge-hoot en dink dis seker Ma en Sanet wat dorp toe gaan. Sy gaan sit langs die swembad en voel meteens uit asem na ‘n lekker speel sessie met Buks. ‘n Hond bly tog maar die beste maat, dink sy en kyk glimlaggend na Buks. Rikus kom uitgestap en vra “En waste glimlag is daai?” en trek ‘n krul speels oor haar gesig.
“Ag, sommer vir die lawee Buks” en kyk na Rikus. “Hoekom is jy  nie saam met Ma en Sanet dorp toe nie?”

“Ag, ekt nie lus vir twee vrouens en die dorp nie” en sit nou regoor haar. Hy lyk moeg.

“Jy okay?” vra sy. Hy draai sy gesig en antwoord “Ja sus, waste vraag is daai?”

“Vra sommer” en sy staan op om binne te loop, maar hy vat liggies aan haar hand en sê  “Talana…”

“Ja..” en sy kyk vraend, half verbaas na hom. Die manier hoe hy haar naam vra, “Is als okay tussen ons? Dit voel asof jy nie meer dieselfde is met my? Die twee weke het gevoel ons lewe verby mekaar…”

“Dis niks. Belowe” en sy draai vinnig om sodat hy nie die rooiheid op haar gesig moet sien.

Ma en Sanet ry en gesels ‘n hond uit ‘n bos. Sy is gretig om te weet van die dorpie. Dis so ‘n pragtige dorp en Ma vertel haar van elke plaas en elke winkeltjie. Hulle het na drie ure terug gekom en die plaas is stil. Dis nou al Saterdag middag en almal is of na die buurplaas of besig om te braai. Dis hoe dinge gedoen word op die plaas.
Sanet voel onrustig nadat sy nie vir Talana of Rikus sien nie. Die twee saam maak haar onrustig.




More weer xxx

No comments:

Post a Comment