Of dit afspeel op 'n plaas of in die besige stad..dis stories wat jou laat ontsnap van die alledaagse en inkruip in die karakters. Geniet dit!
Translate
Tuesday, July 10, 2018
Verbode vrugte maak seer - Deel 2
Die sonnetjie is amper besig om te sak en Talana en Buks haas om betyds te wees vir aandete. Mams haat dit as mens laat is, dink sy. Sy voel beter na die draf en gaan net vinnig onder die stort spring.
Hoe nader sy aan die huis kom, hoor sy die gelag van mans stemme. "Oh, dis seker Pieter" sê sy vir Buks en glip by die agterdeur in. Almal is bewus van Pieter se kuis op Talana maar sy wil net niks weet nie.
Na 'n verfrissende stort, trek Talana sommer 'n ligte, pienk blommetjie rok aan en sandale. Sy kam liggies oor haar bos swart krulle en stap na die eetkamer.
Dis die eerste keer wat sy en Rikus mekaar sien en hy kom speels na haar aangeloop "Hallo sus! Jy kruip ook heeltyd weg vir my" en gee haar 'n druk.
"Nee, watse weg kruip...ek was besig" en stoot ook speels vir Rikus weg. Hy is groter..of verbeel ek my, dink sy.
"Wel, terwyl jy besig was..ontmoet my vriendin - Sanet. Sys van Bloemfontein en het besluit om haar vakansie saam met my op die plaas te kom geniet" sê Rikus en Sanet staan op om Talana se hand te vat. "Bly te kenne" sê Talana kortaf en verskuif haar gesels na Pieter, 'n jong boer van die buurplaas.
"Dit lyk of hier reën oppad is Pieter" sê-vra Talana vir Pieter. ''Ja, ekt dit ook gedink. Die wind is 'n ander wind" antwoord Pieter.
Pieter en Rikus is van kleins af goeie vriende. Na skool het Rikus medies gaan studeer aan Universiteit van Stellenbosch en hy moes agterbly op die plaas om oor te neem by sy pa.
Hy wou ook gaan studeer. 'n Ingineur nogal, maar dit was nie vir hom beskore nie.
En hy is mal verlief op die swartkop meisiekind met haar hartseer-ogies. As sy maar net vir hom wil raaksien...
"Aandete is gereed" laat hoor Ma en almal gaan sit aan tafel. Ma kom vinnig ingeloop met 'n beker sap en almal is gesellig. Nadat Pa die kos geseën het, begin almal smul aan Ma se lekker kosse.
"Sjoe, ekt die huis kos gemis" sê Rikus en kan nie sy glimlag hou. Hy loer kort-kort na Sanet en glimlag breed.
Ma kom agter hoe Talana vir Sanet aangluur en sê, "Riana het gebel. Sy stuur groete en liefde vir almal" en hou haar oë op Talana. "Dankie" sê Talana wat nou bewus is van Ma se blik op haar.
"Waar dwaal die siel deesdae Tant Kobie?" vra Pieter.
"Sys iewers in Europa en doen die back-packing, soos julle dit deesdae noem" en almal sit en eet in stilte verder.
''Verskoon my" en Talana verlaat die eetkamer. Almal is versadig en beweeg na die agterstoep om die koel lug te geniet.
"Wow, dis so mooi..." sê Sanet, 'n tipiese stadsmeisie wat ook soos Rikus, medies studeer aan die Universiteit van Stellenbosch. Sys die enigste dogter van haar skatryk ouers en het hom ontmoet terwyl hulle besig was met rotasie by Tygerberg hospitaal.
"Ja dis die beste deel van my dorpie. Die sonsondergang en die druiwe, natuurlik" antwoord Rikus en vou sy arms om haar en gee haar 'n soen.
Hulle is perfek saam, dink Ma, waar sy ook nou by die span kom aansluit het op die stoep. Vir die eerste keer is haar Rikus gelukkig. En sy kan nie dink hoekom Talana voel die meisiekind is nie reg vir Rikus. Sy lyk heel gaaf.
Terwyl Pieter aanstaltes maak om huis toe te gaan, roep Ma vir Talana om hom af te sien. Maar Talana gee nie antwoord.
"Talana!" roep Ma heel vererg vir die derde keer. En sy antwoord "Ja Ma eks oppad". Terwyl sy en Pieter uitstap, loop Rikus ook agterna.
Die drie is inseparable.
Nadat Pieter in sy bakkie klim en wegry, loop Rikus en Talana aleen terug en hy vra vir haar "Wats fout, sus?"
Sus! Hoe durf hy dink eks sy sus! Eks verlief op hom en al wat hy kan dink van my is 'sus'...
dink Talana.
"Niks is fout..ek like haar net nie. Dis al. En eks bang sy maak jou seer" antwoord sy.
Hy stop in die middel van die paadjie en sit sy hande op haar skouers en sê, "Sus, eks groot genoeg. Ek kan na myself kyk" en sy kan nie 'n woord uitkry nie en kyk hom diep in sy oë,
"Ek weet..." fluister sy en draai vinnig om en hardloop in die huis.
Rikus staan en wonder wat kan die rede wees hoekom sy niggie, wat meer soos 'n sussie is vir hom - so vreemd optree.
Volgende dag is almal vroeg op en die reuk van vars koffie maak Talana wakker. Sy moet eers die plaas werkers se take uitgee en dan moet sy seker maak die lone is gereed om uitbetaal te word...
So many things to do! dink sy.
Sy spring onder die stort en kan nie ophou dink aan haar gesprek met Rikus.
Klaar gestort en aangetrek, vind sy Ma en Sanet in die kombuis en gruip net 'n broodkoek en sê "Môre, sien julle later" en by die agter deur uit.
"Wat van ontbyt Ta-" wil Ma nog weet maar sy is reeds buite. "Ai die arme kind werk ook so hard" noem Ma vir Sanet.
"Sy kort 'n beroep. Sys veels te intelligent vir die plaas" antwoord Sanet, wat ook sit en tee drink saam met Ma.
"Sy wou nie studeer. Sy wou hier op die plaas bly en na my en Pa omsien. Sy voel sy skuld ons dit..ai ekt haar soveel keer gesê dis nie nodig..maar nou ja" sug Ma en vat 'n sluk van haar tee.
Pa kom ook by hulle aansluit vir tee, so sit en gesels hulle tot Pa besef maar hy moes eintlik al by die werkers gewees het en verlaat die twee dames.
"Ek wou tannie vroeer vra; waar is Talana se ouers?" vra Sanet heel nuuskierig.
Ma vroetel met haar hande en antwoord,
"Haar pa is net voor haar geboorte, dood in 'n ongeluk en haar ma het met geboorte gesterf. Sy is 'n weeskind nog voor sy haar eerste woord kon sê.." antwoord Ma en raak meteens diep hartseer.
"Talana is soos my eie.." vertel Ma verder.
En voor sy verder kon praat stap Rikus en Pa by die voordeur in.
Sanet sit en wonder hoekom die ''suster'' van Rikus so weird is saam met haar. Wat kan die rede wees?
"Ek sal moet uitvind..hy's myne." dink sy en glimlag breed vir haar Rikus...
More gesels ons weer..
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment