Translate

Monday, July 16, 2018

Troues & Tossels


"Dankie...vir niks" dink Sage terwyl sy die lee borde optel by een van die tafels wat sy bedien het. Die paartjie het haar net R3 ge-tip. 'n Kaal R3! Sage werk die afgelope 2 jaar as deeltydse kelnerin by Cuppa Inn. Sy is 'n afgestudeerde binnenshuis versierder en wag ook op haar big break.

Sage beweeg na die kombuis se kant, toe iemand by die voordeur instap en vir haar so bekend lyk..
Sy sit die borde neer en loop vinnig weer na die restaurant area.
Dis altyd besig oor middagete.
Sy stap na die rigting waar die persoon nou sit en haal haar boekie uit. Toe die persoon opkyk besef Sage wie dit is.."Middag mene-" en skielik helder sy oë.
"Middag Sage!" en hy lyk verbaas om haar te sien. "Hi" en sy lyk ietwat uit die veld geslaan. "Hoe gaan dit? Ekt jou seker 2 jaar laas gesien" en Sage raak ongemaklik.
"Baie goed Wian. Ek werk hier deeltyds. Gotta pay the bills.."  en sy stoot 'n lastige krul agter haar oor.

Sy word ongemaklik onder sy blik. "Kan ek vir jou iets bring?"
"Net 'n koffie asseblief" en sy knik en loop na die kroeg se kant. Waar val die man skielik uit... en sy besef dis seker vir die troue. Graham se troue...

Nadat Sage die koffie vir Wian neergesit het, sit en dink Wian nog aan die goeie tye saam met Sage. Hy en sy het saam aan 'n projek gewerk lank voor sy vir Graham ontmoet het. Hulle het saam gelag en gespeel. En soms het sy aan hom gevat...al was dit speels. Maar toe ontmoet sy vir Graham - sy beste vriend. En hy het die guts om haar uit te vra. Tot op die een aand. Sage se snob van 'n niggie Kate het met 'n pap wiel gaan staan en vir hom vra vir hulp. Hy stuur vir Graham om vir haar te gaan help..verkeerde move Wian... en presies 2 jaar later is dit Graham en Kate se troue.

Sage beweeg na die kombuis se kant waar haar selfoon afgaan en dis 'n boodskap van Kevin wat lees: Moet cancel.Siek.Soek ander date.Sorry.K
Hoe durf Kevin nou kanselleer? Dis nog 4 ure voor die troue en sy kan nie sonder 'n date opdaag nie!!

Sy probeer hom terug skakel, maar die foon slaan oor op voicemail. Al het hy die ebola virus, hy het nie 'n keuse. Sy het vir 7 keer probeer en elke keer dieselfde boodskap: The subscriber you have dailed is not available at present. Please try again later"  Hy is dood! Letterlik. En sy begin panic. Wie gaan haar tog vergesel na die troue? Sy kan nie alleen daar opdaag nie. En sy moet gaan..die hele familie gaan daar wees. Ai toggie..
Sy kyk deur al haar kollegas en besef..desperate times calls for desperate measures! Felix is die oulike blou-oog, maar sy vermoed hyt 'n oog op haar. Maar hys veels te jonk. Ruan is die die chef, maar hyt 'n bles en bietjie van 'n boep. Nee...sy vrou gaan dit nie like.

En in die hoek van haar oog lig Wian sy lee koppie as teken vir 'n refill.Sy vat die koffie pot en loop na sy rigting. Hy is die laaste persoon in haar section - dan is sy klaar gewerk.

Dink Sage. Dink.

Ons praat more weer.
PS: Moenie vergeet om die blog te follow.

Liefde,
Nina



No comments:

Post a Comment