Translate

Tuesday, July 10, 2018

Die liefde is nie vir almal beskore nie - Deel 2

Die liefde is nie vir almal beskore nie - Deel 2




Daar is ‘n ongemaklike stilte…Francois staan en en kyk so diep in Karen se oë ... ek kan sweer hy sien my siel. “Ek dink dis ‘n fout…Jan” sê Francois half huiwerig. 

Jan staan op en vra woedend “Hoe bedoel jy?”

“Ek, ek wee..”

 “Jy weet nie!” val Jan hom in die rede. “Jys onseker, en voel oorweldig deur als” en Karen sak terug in haar stoel. Dis ‘n ou ding van Francois, dink ek. Hy maak impulsiewe besluite en verwag ek moet okay wees daarmee.

“Ekt meer tyd nodig … asb” kyk hy smekend na Karen  en vir die eerste keer gaan sy ook iets sê, 

“Jyt genoeg tyd gehad Francois..ek het nie meer tyd om te gee”

En vir ‘n oomblik voel Karen in beheer. Vir hoe lank was hy aan stuur van sake en sy moes net fine wees met dit. Hy het oor en oor vir haar laat voel dat sy nie goed genoeg is nie en onder elke jong blaar se rok ingekruip en sy moet net toekyk hoe hy haar verneder. 

Keer op keer. Sy is klaar. “Ek wil skei” sê sy. En hulle oë ontmoet en hy lyk verbaas. 

“Is daar iemand anders?” vra hy.

“Ja, jyt gekies. En ek was fine daarmee… ons huwelik is al die afgelope jaar verby. Ons lewe in ‘n klug. Eks moeg.. en dit voel ek … ek … is nie goed genoeg vir jou nie. Na 17 jaar … “  

en Karen voel die warm traan oor haar wang rol.

“Kom ons kry dit agter die rug” en sy vee die die traan af en stap na die lessenaar waar die dokumente gereed lê om te teken.

Francois beweeg nader en vat haar aan die arm en vra “Is jy seker Karrie?”

“Moenie asb Francois…” antwoord sy. En sonder om te teken, stap Francois by die deur uit en klap dit agter hom toe. 

Karen staan en kyk vir Jan heel verbaas aan en hy antwoord “Ek kan niks doen nie..” en trek sy skouers op.

Terwyl Karen Jan se Kantoor verlaat voel sy half verlig, half confused. Wat is Francois se plan…dink sy. Sy loop tot by haar motor en sluit dit oop. Sy klim in en kyk net weer in haar speëltjie, vee liggies oor haar hare, voor sy die motor aanskakel “Wat is Francois se plan…” sê sy vir haarself hardop en ry.

Voor sy afdraai om in hul straat in te swaai, sien sy Francois se motor voor in die sypaadjie en vind dit vreemd. Sy en hy is die afgelope jaar al van bed en tafel geskei, wat sal hy tog hier maak. Dink sy.

En Karen skakel die motor af en en met die uitklim kom haar bediende, Sofia aangestap. “Mevrou…meneer is hie binne. Hy is dronk en gooi die furniture stukken’’ en sy kyk Karen stip aan.

“Wat?!” vra Karen en stap die huis binne. Als lê op die grond…stukkende glase en foto rame. Meestal hulle foto rame…


 Ons gesels weer môre...

No comments:

Post a Comment