Translate

Tuesday, October 16, 2018

Verbode Vrugte – Berusting




Verbode Vrugte – Berusting



Die volgende oggend lê almal laat – dis net Ma se gewoel in die huis wat almal maar wakker maak. Talana was skaars bewus van Rikus se skielike terugkoms – haar aand met haar skoolmaats was fantasties en sy sien uit na die nuwe hoofstuk van haar lewe. Sy het net gisteraand weereens intens bewus geraak van Pieter se teenwoordigheid in haar lewe. Hy raak nou aantreklik – hoor! Hoekom het sy dit nooit raak gesien nie? Sy arms is die van ‘n werker – sterk en groot.
Sy kan voel hoe haar gesig warm raak, ag lawwe ou siel! Dalk moet sy tog vir hom ‘n kans gee. Rikus is op die agtergrond en sy het nie krag om te kompeteer teen die beeldskone Sanet nie. Sy voel weer soos die ou girl – Talana got her groove back!
Sy staan half huiwerig op maar dan besef sy – dis Saterdag en sy moet saam met ma gaan inkopies doen. Sy stap na die stort en skakel dit aan. Sy gaan sommer haar bos krulle omder die water gooi en die manier kry dit ook lewe.
Sy glip in ‘n paar jeans en gemaklike t-hemp en toe sy stap na die voorhuis hoor sy mans stemme in die buitekant. Sy kan sweer dis Rikus!
Toe sy buite kom sien sy dit is hy – en sy probeer wegskram maar Pa roep “More Talana – kom kyk wie is hier!”  en sy het nie ‘n keuse om om te draai en te groet.
“Môre almal!” en sy draai vinnig weer om. Sy het nie krag om na die laaste gesprek met Rikus – tussen die wingerd- te face nie. Sy gaan soek na waar Ma is en verdwyn in die huis. Hulle is skaars bewus van haar afsydige gegroet en gesels verder oor rugby. Talana stap in die gang af en roep na Ma.
“Ek kom” hoor sy ma antwoord.  Sy draai terug en gooi van die varsgemaakte koffie en gaan sit op een van die kombuis stoele. Sy voel effe moeg na die gekuier, maar dan kom daar ‘n onverwagse glimlag op haar gesig.
Pieter.
Rikus kom ook sy glas in die kombuis terug bêre toe hy haar sien glimlag alleen. “Hi” sê hy ongemaklik en skuur verby haar om die glas in die sinkbak te sit.
“Môre...uhm..nie geweet jys op die plaas nie. Dis...uhm..onverwags” en sy laat sak haar ongemaklike blik. Sy kan skaars haar woorde kies as sy vir Rikus sien.
“Ja, ekt een van my handboeke vergeet...so...ekt dit kom haal” antwoord hy.
“Goed. Eks bly” en sy vat ‘n sluk van haar koffie. Hy wou iets sê maar Ma kom ook nou ingeloop en sê vir Talana sy moet klaar drink – hulle gaan nou ry. Sy wonder nie eens wat hy wsou sê nie, want sy voel die paar weke het haar geleer om sonder Rikus te cope. Sy het haar patetiese skryfblok uiteindelik weggegooi – geen briewe vir Rikus meer. Sy het net twee maande oor op die plaas – voor sy dit gaan verruil vir die sonnige Stellenbosch waar sy haar studies gaan voortsit.
Sy en Ma het ‘n goeie geleentheid om die laaste van haar tyd op die plaas te geniet – dis hoekom hulle elke Saterdag oggend eers sit en ontbyt eet – sy noem dit girls time.
“So,is jy gereed? Hoe voel jy oor die nuwe stap?” begin Ma terwyl hulle wag vir hulle bestelling.
“Ek voel baie oopgewonde ma. Tarien sê my Stellenbosch is ‘n baie pragtige dorpie en ek sal sommer gou inpas..Ma weet wie’s Tarien? Syt mos ook onderwys daar geswot” verduidelik sy want ma kyk vraend na haar.
“Oh, dominee se susterskind! Ja, sy is ook ‘n liewe kind. Sy het mos so ‘n jaar gelede getrou – as ek my nie misgis nie?”
“Einste! Meeste van my vriendinne is al getroud Ma... soms wonder ek..”sê sy sugtend.
“Jong als gebeur met tyd Tallie-kind. Jys nog jonk. Daar is nooit ‘n regte of verkeerde tyd om te trou nie. Solank julle lief is vir mekaar – tel die res nie” en Ma druk haar hand styf vas. “Ek sien dinge is besig om te gebeur tussen jou en Pieter” probeer Ma die gesprek in ‘n ander rigting in stoot.
Sy glimag en ‘n rooi blos vul haar wange. “Ma!” en sy sit haar hande op albei wange. Die kelnerin kom nou hulle koffie neersit en dan kom ‘n tweede een met die ontbyt. Hulle eet, gesels en sit nog vir so uur en dan kyk Ma na die tyd. Dis tyd om aanstaltes te maak – Ma betaal en dan stap die tweetjies na die bakkie. Die plaas is stil – nog ‘n rustige Saterdag. Sy sal seker vir Pieter moet gaan kuier want dis mos hulle beurt vandag. Pa en Rikus sit en kyk rugby. Sy en Ma dra al die inkopie sakke na die spens en dan pak hulle dit uit. Dis net ‘n gesels en gelag – ai tog. Sy gaan die Saterdae so mis, maar sy sien terselfde tyd ook uit na die nuwe seisoen in haar lewe. Sy voel gereed.
“Dis lekker” en albei kyk om en dis Rikus wat vir hulle dophou. “Talana – jy’t ‘n gas hier buite”
“Ek kom nou” sê sy en trek net haar t-hemp reg. Sy verwag niemand, dink sy. Dis Pieter. Sy glimlag breed toe sy hom sien en vra, “Hi” sê sy ewe skaam.
“Middag. Ek wou net luister of jy nie saam met my kan gaan fliek nie? Ek weet dis die braai vanaand maar ek dink sekerlik ons ouers kan sonder ons twee braai?” en hy glimlag ook skaam. Hy het die mooiste glimlag – spierwit tande. Sterk gesig struktuur – die van ‘n tv-held. “Ja of...?” en sy vergeet skoons waaroor die vraag was.
“Ja, natuurlik!” en sy gee ‘n stuitige laggie. Word skoons rooi in die gesig. Rikus kom ook nou aangestap en vra ewe sarkasties, “Wat doen ons drie masketiers voor die braai?” hy het die hele gesprek gehoor en wou seker maak dit boomerang.
“Jammer ou maat, ons het reeds planne” sê Pieter en Talana kan skaars in Rikus se oë kyk.
 “Rêrig? Komaan julle sien my een keer in hoeveel maande en maak wraggies planne sonder my?” hou hy dik en Pieter sê toe uiteindelik, “Dis reg dan. Ons drie kan gaan fliek” en Talana se gesigsuitdrukking verander onmiddelik, maar sy sê niks.
“Mooi, laat weet net hoe laat” antwoord Rikus en gee ‘n ligte tik aan Pieter se skouer. Hy draai om en stap na die kombuis se kant toe.
“Sien jou later Talana” sê hy en draai om. Hy lyk soos sy voel. Teleurgesteld.
Syt gehoop hulle kan die aand alleen spandeer.

Maar nou ja.

Rikus speel ‘n gevaarlike speletjie....

Tot volgende keer,
LeesMuis

Wit jassies & Donker Geheime : Hooftsuk Een

Wit jassies & Donker Geheime : In boekvorm


 Hooftsuk Een

Vandag is weer een van daai dae wanneer Dokter Anke Bouwer dink sy het die verkeerde beroep gekies. Die ongevalle se wagkamer is propvol en hulle is te min dokters. Sy hoop net sy kan betyds by Lukas se konsert wees. Oh hel! Sy het nog nie eens sy konstuum gaan optel nie en sy stap na die klein observasie kamer en vra dat een van die verpleegsters ‘n nommer vir haar skakel. Sy kan nie glo sy het dit vergeet nie, maar wie kan haar kwalik neem as sy hier besig is om lewens te red en mense gesond te maak?
“Middag Franèke, dis Anke hier. Is jy beskikbaar vanmiddag?” ai, die is haar heel,heel beste vriendin en sy sal absoluut enige iets doen vir Lukas. Sy reël met Franèke om die kostuums te gaan optel en ook hom hom betyds by die saal te kry, want sy gaan tien teen een laat wees. Dis Vrydag en gewoonlik loop die ongevalle en dit help nie juis dat twee dokters op een slag bedank het nie laas maand nie... sy het nog vier pasiënte wat wag om gehelp te word en sy kyk na die tyd. Dis kwart-oor-drie en die konsert begin vyf uur.
Ag, Vadertjie tog!
Sy is besig om die laaste pasiënt se apteek voorskrif te teken – toe haar bleeper afgaan. Sy sien dis ‘n noodgeval en teken klaar. Sy hardloop die gang af waar die verpleegster haar benodig en sien dis ‘n vrou besig in kraam. Dis reeds twintig-voor-vyf en sy moet ten minste stort en hare kam... sonder om te huiwer, vat sy dame en stoot die rystoel in die rigting van kramsale.
Seriously.
Die geboorte is glad nie lank nie maar Anke loer kort-kort na die tyd. Als is toe uiteindelik klaar en sy verseker dat die verpleegster aan nagdiens weet wat om te doen. Sy kan skaars haar rondtes doen, want sy is reeds laat. Sy spring in een van die personeel storte en kam net so vlugtig oor haar hare. Sy glip in gemaklike klere – nie eers fancy nie, maar ordentlik. Sy haas na haar motor en trek weg met ‘n spoed. Verkeer kan ‘n bummer wees, want dis net ‘n paar minute na vyf en almal is op die pad. Sy loer na haar selfoon en sien Franèke het telkemale geskakel, maar sy skakel dit af en ry aan.
Voor die saal hou sy stil en sy kyk op haar horlosie en sien dis ‘n volle vyf-en-twintig minute na vyf. Sy glip in een van die leë stoele agter in en loer na waar Lukas staan. Hy is een of ander boom!
Haar hart sing liedjies toe sy hom daar sien. Hy staan trots – ene bors uit soos ‘n trotse soldaat. Sy kan sien sy ogies loer na die skare mense om haar te sien, maar hy sien haar nie en glimlag dan skaam vir sy tannie Franèke. Hulle klassie se item is klaar en almal staan op om vi hulle hande te klap. Die kinders se gesiggies blink en Anke kan nie help om ‘n traantjie te pik.  Vir ‘n vierjarige is Lukas baie braaf en slim. Hulle beweeg stadig van die verhoog af en die juffrou maak ‘n aankondiging – en sy beweeg vorentoe na waar Franeke sit en skuif verby al die ander ouers deur.
“Waar was jy so lank? Ek dog jyt half vyf klaar gemaak?” fluister Franèke vir haar.
Lank storie, maar eks nou hier. Was hulle nie te oulik nie?” en haar oë blink soos sy praat.
“Hulle was. Jy moes die begin gesien het..aaaaagh onse ou Loekie is net so braaf!” en ander ouers sjuut in die agterkant. Die ligte is nou weer af en dan is dit die volgende klassie se item. Sy kan nie ophou dink aan kleine Lukas se gesig. Hy begin al hoe meer na sy pa lyk. Die blonde hare en blou ogies... en sy sluk die groot knop in haar keel. Dis een van die dinge waarvoor sy gebid het – dat hy nie soos sy pa moet lyk nie. En wragtie waar...
Die konsert is nog so twee ure aan – toe kondig die hoof aan dat die laaste item is op die program. Sy kan sien dat die kleinspan is lekker uitgeput, maar hulle sing uit hulle borsies uit. Sy kon nie wag om hom net vas te druk en te sê hoe trots hy haar maak nie.
Toe hy haar sien, sing hy eers volle bors saam met die breedste glimlag. Toe die liedjie klaar is, gaan haal sy hom en hy kom aangehardloop sonder om te dink aan die ander ouers in die saal. Hy spring in haar arms en sy druk om styf vas.
Mamma het gekom!” sê hy hardop en soen haar nek.
“Ja mamma se seun! Eks so trots op jou! Jy het so mooi opgetree!” en sy swaai hom in die rondte. Sy raak uitasem en sit hom neer. “Die bulletjie raak nou swaar!” sê sy terwyl sy hom neersit. Hy lag uitbundig en sy krul blonde hare val agteroor.
Sy vat sy hand en hulle stap heel laggend kar toe. Sy en Franèke gesels oor ditjies en datjies en hy loop sing-sing. Sy bedank Franeke en belowe haar ‘n kuier – indien sy dit regkry om op ‘n Saterdagaand vroeg by ongevalle uit te kan glip.
“Met die tekort aan dokters sal ons maar sien... hulle het belowe ons kry bystand .. so ek sal môre vir jou whatsapp” en sy gee haar ‘n drukkie en draai om in die kar te klim. Lukas hardloop na Franeke om haar ‘n drukkie te gee – die kind het ‘n diep spoor in hulle lewens getrap. Hy voel soos haar eie. Sy fluister iets in sy oor en hy giggel. Anke stap na die agterste sitplek om vir Lukas in te gordel en sluit die deur. Sy waai vir Franèke terwyl sy wegry. Sy klim in en ry dan ook weg.
By die huis gekom – sy het sommer wegneem etes gekry want dis in elk geval te laat om te kook. Dis Vrydagaand en sy dink om buite op die stoep te sit met haar glas rooiwyn en dan kan hy op die agterplaas speel met Jerry – die boerboel – en sy bal. Sy het net besluit om haar selfoon en bleeper af te skakel want sy wil die aand met haar seun spandeer. Dis ‘n heel koel aandjie, die wind waai net liggies maar dis warm. Die Boland is in Oktober warm – en sy geniet dit want dit beteken hulle kan al swem. En die swembad staan net heel ledig in die agterplaas. Sy sal sommer môre vir Lena sê dat die swembad skoongemaak moet word want die feit dat dit ongebruik staan maak dat die water al half groen getrek het.
Sy sit met haar glas wyn en haar voete uitgestrek op die lazyboy toe sy haar landlyn hoor lui. Sy dink daaraan om dit te ignoreer want haar selfoon en bleeper is af, maar dan voel sy half skuldig.
The Oath.
Sy staan sugtend op en loer net oor die grasperk waar Lukas en Jerry nou baljaar.
“Anke – hallo” antwoord sy.
“Good evening Doctor Bouwer, this is Doctor Reamatse – you were suppose to come and help us tonight .... you know we are short staffed” en sy sug en maak haar oë toe.
“Im sorry but I have an emergency at home – will not be able to come in. Will see you guys in the morning” en sy kan nie wag om af te lui nie.
“Im sorry too but the new doctor is coming in tonight and he needs a senior physician to take him on rounds” hoor sy die jong studente-dokter sê.
“Oh-kay I will come for thirty-minutes but thats it. I already had one glass of wine – so thirty minutes?”
“Yes ma’am agh I mean Doctor”
“Okay, see you in twenty minutes” en sy lui af. Sy sug. Dan vat sy die laaste sluk van haar glas en stap weer na agterstoep en roep vir Lukas. Sy verduidelik vir hom – hy moet maar saam haar gaan want dit gaan nie so lank neem nie. Hulle stap na die motorhuis – sluit weer oop en dan trek sy weer uit.
Terwyl sy hospitaal toe ry, loer sy kort-kort na Lukas. Hy sit en speel met sy bal maar sy besef al hoe meer – die waarheid is besig om uit te kom.

Sy parkeer in die naaste beskikbare parkeerplek. Sy en Lukas stap na die ingang van die hospitaal en voor sy aanmeeld by die dokter’s stasie – neem sy vir Lukas na die hospitaal se kindersentum. Daar is ‘n vier-en-twintig uur rotasie, so daar sal iemand vir Lukas wees. Sy gaan dan na die dokter’s stasie en dis net die drie studente-dokters en die hoof van Trauma. Hy vra haar om die nuwe dokter die rondtes te wys. Sy is besig om met ‘n stukkie papier te vroetel, toe sy die diep mansstem agter haar hoor, sy draai om en kyk vas in die mooiste, wel hys damn aantreklik, man voor haar.

“Goeie naand – Dr Anke Bouwer. Eks Dokter Ewald Steyn” sê die blondekop en hou sy hand uit.
“Naand Dokter Steyn. Bly te kenne” en sy steek heel polite haar hand uit. Sy kan nie help om ietwat ‘n blos om haar vaal kiewe te kry nie. Die rotasie is vinnig – en die ongevalle is nog nie so besig nie en sy kyk na haar horlosie en dink sy behoort nog so twintig minute besig te wees.
“Iewers belangriker om te wees, dokter?” vra Ewald – die nuwe dokter.
“Nee ...uhm glad nie” antwoord sy.
Sy noem aan die studente-dokters dat as hy enige iets benodig – hulle is meer as bekwaam om vir hom te assisteer.
“Wat van ‘n koffie – een of ander tyd? Jy’s mos nog nie getroud of enige iets?” en hy beduie na haar hande.
“Nee dankie. Ek doen nie koffie met kollegas” en sy draai om. “Jy behoort oraait te wees”
Soos sy stap, kan sy voel hoe haar hart al hoe vinniger klop.. Sy weet nie. Sy het lanklaas so gevoel. Die man maak haar onrustig...



Bly ingeskakel – Wit jassies & Donker Genheime.

Groete,
LeesMuis

Thursday, October 4, 2018

Troues & Tossels - Deel 4




Troues & Tossels -  Deel4
“Hoekom stop jy? vra Sage heel vies en lug altwee hande vrae op.
“Want ek wil verduidelik Sage. Eks jammer – ek weet nie wat ek moet doen om my fout reg te maak nie. Als het net so gou gebeur..” en hy lyk rêrig jammer. Hy kon net sy simpel mond gehou het.
“Hoe gaan jy dit regmaak?” vra sy sugtend.
“Ek gaan almal laat weet dat dit ‘n fout was –“ en sy onderbreek hom, “Hoe? Gaan jy sê ‘Oooh eks so jammer. Sage is so pateties, ekt haar net jammer gekry en toe bak ek almal ‘n poets’  en dan dink almal eks so pateties en kyk hom met groot oë aan.
“Nee –“
“Wat dan? Jy kan nie eers aan een simpel rede dink hoekom jy dit gedoen het nie. Eks groot genoeg om na myself te kyk of vir myself op te staan. Kan ons ry asseblief” sê sy en haar stem half bewe. 
Hy skakel die kar se enjin aan en ry verder. Hy wou nog so baie dinge vir haar sê maar sy is so kwaad. Hy besef hy ry nou baie vinnig en hoor net sy sê “Bietjie stadig asseblief” en hy antwoord, “Dis nie soos jou kar nie...ek bedoel – never mind” en hy voel half afgeskakel van die hele situasie. Hy vat die laaste indraa na haar straat en hou dan voor haar huis stil. Sy klim uit nog voor hy die deur kan kom oopmaak en draai net effe en sê, “Sorteer asseblief jou gemors uit. Jy’t dit veroorsaak” en sy draai om. Hy ry aan en dink aan ‘n manier hoe hy die vuur kan dood blaas. Hy gaan eerste vir Graham bel en vir hom vra wat hy moet doen.

By die huis ingekom, hang Sage haar baadjie agter die deur. Sy het haar selfoon afgeskakel want sy kan nie nog deal met die nuuskierige agies nie. Haar ouers is seker al teen die tyd ingelig want haar tannie Katherine sou al die nuus oorgedra het – soos sy haar tannie ken. Haar ouers woon in ‘n ander dorpie so hulle kon nie die troue bywoon nie. Har broer was wel daar – en het haar telkemale ge-sms.  Sy het nog nie reply nie want sy weet nie wat om te sê nie. Sy stap na haar kamer en gaan erdeer deur haar e-posse. Sy sien daar is ‘n hele paar, maar die een wat uitstaan is die een van Mr Stanley Murphy en dit lees;

Sage, baie geluk met jou verlowing! So bly ons kon gesels oor jou besigheid vanaand. Ek sal baie graag wil ontmoet vir middagete Maandag om verder te gesels.Hoekom bring jy nie jou verloofde saam nie en dan praat ons verder.
Groete,
Stanly Murphy
Sage kan haar oë nie! Sy het al baie na Mr Murphy se kantore gegaan vir ‘n moontlike ontmoeting, maar elke keer was hy of besig en of in ‘n vergadering. Venaand se gesels was baie kort en sy kon skaars twee woorde inkry, toe word hulle onderbreek. 
Hy besit een van die mees prominentste binnenshuis versiering maatskappye op die dorp. En nou van alle tye wil hy tog ‘n e-pos stuur?
Kan dit dalk wees dat dit iets met haar skielike verlowing aan skatryk Wian te doen?

Haar hande bewe en sy weet nie wat om terug te antwoord nie. Die geleentheid kan soveel deure vir haar oopmaak en sy weier om dit deur haar vingers te laat glip. Sy tel haar selfoon en soek na Wian se nommer. Sy skakel dit en hy antwoord,
“Hallo Sage, eks ta-“
“Wian, los alles waarmee jy besig is. Ons gaan voort met hierdie kamstige verlowing”
“Hoe nou?” vra hy uit die veld geslaan.
“Ek verduidelik môre. Kom na Cuppa Inn dan praat ons. Lekker aand verder” en sy lui af.

Nou is Wian meer verward as ooit.

*******************************

Volgende is Sage vroeg op haar pos en loer kort-kort na die deur. Dis ‘n stil Sondag oggend en die sneeu lê dik langs die paaie. Almal sal tòg na kerk ‘n ou lafenis wil geniet. Dis so skuins na elf, toe Wian ingestap kom by Cuppa Inn. Dis nog stil – net hier en daar ‘n paar paartjies wat ontbyt geniet. Sy kom hom tegemoet by die deur en wys vir hom ‘n tafel aan. Dis in die hoek en meer privaat.
“Môre, wats so dringend?” spring hy sommer weg.
“Hi, ekt gisteraand ‘n e-pos gekry van Mr Stanley!” antwoord sy heel opgewonde. Sy loer agter haar waar die res van die kelners staan.
“Wow! Die eienaar van Murphy’s Design Co? En?” vra Wian met opgeligte wenkbroue.
“Hy wil môre ontmoet vir middagete – so ek neem aan dit het als te doen met ons so-called verlowing”
“Dis great...of nie? sê-vra hy.
“Jy moet by wees” en sy byt op haar onderlip.
“Oh..uhm ek sal kyk wat ek kan doen”
“Jy het my in die gemors gesit, jy sal my help. Ons moet ten minste net deur die ete kom en dan ... dan...kan jy maar die verlowing afstel” en sy kyk weer vinnig om.
“Hoekom ek? Maar dis okay. Is dit al?” en lyk half irriteerd.
“Ja, dis reg. Sien jou môre” en sy haas haar na die toonbank waar haar bestelling staan vir die tafel agter hom.
“Kan ek ‘n koffie kry?” roep hy agter haar maar sy verdwyn reeds uit sy sig.
Hy sug.
Wat nou nog?


Wat gebeur volgende? Gaan hulle dit regkry om die verlowing te fake?

Tot ‘n volgende keer xx

Muis-groete,
LeesMuis