Troues & Tossels - Deel4
“Hoekom
stop jy?” vra Sage heel vies en lug altwee hande vrae op.
“Want
ek wil verduidelik Sage. Eks jammer – ek weet nie wat ek moet doen om my fout
reg te maak nie. Als het net so gou gebeur..” en hy lyk rêrig jammer.
Hy kon net sy simpel mond gehou het.
“Hoe
gaan jy dit regmaak?” vra sy sugtend.
“Ek
gaan almal laat weet dat dit ‘n fout was –“ en sy onderbreek hom, “Hoe?
Gaan jy sê ‘Oooh eks so jammer. Sage is so pateties, ekt haar net jammer gekry
en toe bak ek almal ‘n poets’ en dan
dink almal eks so pateties” en kyk hom met groot oë aan.
“Nee –“
“Wat
dan? Jy kan nie eers aan een simpel rede dink hoekom jy dit gedoen het nie. Eks
groot genoeg om na myself te kyk of vir myself op te staan. Kan ons ry
asseblief” sê sy en haar stem half bewe.
Hy skakel die kar se enjin aan
en ry verder. Hy wou nog so baie dinge vir haar sê maar sy is so kwaad. Hy
besef hy ry nou baie vinnig en hoor net sy sê “Bietjie stadig asseblief”
en hy antwoord, “Dis nie soos jou kar nie...ek bedoel – never mind” en hy voel half afgeskakel van die hele
situasie. Hy vat die laaste indraa na haar straat en hou dan voor haar huis
stil. Sy klim uit nog voor hy die deur kan kom oopmaak en draai net effe en sê,
“Sorteer
asseblief jou gemors uit. Jy’t dit veroorsaak” en sy draai om. Hy ry
aan en dink aan ‘n manier hoe hy die vuur kan dood blaas. Hy gaan eerste vir
Graham bel en vir hom vra wat hy moet doen.
By die huis
ingekom, hang Sage haar baadjie agter die deur. Sy het haar selfoon afgeskakel
want sy kan nie nog deal met die
nuuskierige agies nie. Haar ouers is seker al teen die tyd ingelig want haar
tannie Katherine sou al die nuus oorgedra het – soos sy haar tannie ken. Haar
ouers woon in ‘n ander dorpie so hulle kon nie die troue bywoon nie. Har broer
was wel daar – en het haar telkemale ge-sms.
Sy het nog nie reply nie want
sy weet nie wat om te sê nie. Sy stap na haar kamer en gaan erdeer deur haar
e-posse. Sy sien daar is ‘n hele paar, maar die een wat uitstaan is die een van
Mr Stanley Murphy en dit lees;
Sage, baie geluk met jou verlowing! So bly ons kon gesels oor
jou besigheid vanaand. Ek sal baie graag wil ontmoet vir middagete Maandag om
verder te gesels.Hoekom bring jy nie jou verloofde saam nie en dan praat ons
verder.
Groete,
Stanly Murphy
Sage kan
haar oë nie! Sy het al baie na Mr Murphy se kantore gegaan vir ‘n moontlike
ontmoeting, maar elke keer was hy of besig en of in ‘n vergadering. Venaand se gesels was baie kort en sy kon skaars twee woorde inkry, toe word hulle onderbreek.
Hy besit
een van die mees prominentste binnenshuis versiering maatskappye op die dorp. En
nou van alle tye wil hy tog ‘n e-pos stuur?
Kan dit dalk
wees dat dit iets met haar skielike verlowing aan skatryk Wian te doen?
Haar hande
bewe en sy weet nie wat om terug te antwoord nie. Die geleentheid kan soveel
deure vir haar oopmaak en sy weier om dit deur haar vingers te laat glip. Sy tel
haar selfoon en soek na Wian se nommer. Sy skakel dit en hy antwoord,
“Hallo Sage, eks ta-“
“Wian, los alles waarmee jy besig is. Ons
gaan voort met hierdie kamstige verlowing”
“Hoe nou?” vra hy uit die veld geslaan.
“Ek verduidelik môre. Kom na Cuppa Inn dan
praat ons. Lekker aand verder” en sy lui af.
Nou is Wian
meer verward as ooit.
*******************************
Volgende is
Sage vroeg op haar pos en loer kort-kort na die deur. Dis ‘n stil Sondag oggend
en die sneeu lê dik langs die paaie. Almal sal tòg na kerk ‘n ou lafenis wil
geniet. Dis so skuins na elf, toe Wian ingestap kom by Cuppa Inn. Dis nog stil –
net hier en daar ‘n paar paartjies wat ontbyt geniet. Sy kom hom tegemoet by
die deur en wys vir hom ‘n tafel aan. Dis in die hoek en meer privaat.
“Môre, wats so dringend?” spring hy
sommer weg.
“Hi, ekt gisteraand ‘n e-pos gekry van Mr
Stanley!” antwoord sy heel opgewonde. Sy loer agter haar waar die res van
die kelners staan.
“Wow! Die eienaar van Murphy’s Design Co?
En?” vra Wian met opgeligte wenkbroue.
“Hy wil môre ontmoet vir middagete – so ek
neem aan dit het als te doen met ons so-called verlowing”
“Dis great...of nie? sê-vra hy.
“Jy moet by wees” en sy byt op haar
onderlip.
“Oh..uhm ek sal kyk wat ek kan doen”
“Jy het my in die gemors gesit, jy sal my
help. Ons moet ten minste net deur die ete kom en dan ... dan...kan jy maar die
verlowing afstel” en sy kyk weer vinnig om.
“Hoekom ek? Maar dis okay. Is dit al?” en
lyk half irriteerd.
“Ja, dis reg. Sien jou môre” en sy haas
haar na die toonbank waar haar bestelling staan vir die tafel agter hom.
“Kan ek ‘n koffie kry?” roep hy agter
haar maar sy verdwyn reeds uit sy sig.
Hy sug.
Wat nou nog?
Wat gebeur
volgende? Gaan hulle dit regkry om die verlowing te fake?
Tot ‘n
volgende keer xx
Muis-groete,
LeesMuis
No comments:
Post a Comment