Terwyl Talana voor die spiel staan en haar bos krulle regkam
sê sy sugtend vir haarself “Nog net twee
dae”
Sy is nou net mooi op van fake wees met Rikus se vriendin. Syt
Mamma belowe sy gaan nice wees. Tot dusver het sy dit reggekry. Sy is goed
daarin – sy vermy gevoelens en mense. Sy hoor ‘n ligte kloppie en dis Mamma.
“More Talana-kind. Dis dorp dag, ekt
gewonder of jy en Sanet nie
eerder wil gaan. Dit gee julle kans om bietjie tyd te spandeer en mekaar beter
te leer ken” en Mamma kyk vraend na Talana.
Sy draai haar kop vining met geligde wenkbroue, “Ma! Ek like haar nie eers, wat nog te sê
inkopies doen met haar” en ‘n rooi bloos kom in haar gesig.
“Talana, wat op dees
aarde het die kind jou gemaak?” en is verbaas oor haar skielike
uitbarsting.
“Ek gaan nêrens saam
met haar. Punt” en sy draai haarself
om en stap uit.
In die kombuis vind sy Pa, Rikus en Sanet heel vrolik. “Môre” en stap aan tot buite. Sy het ‘n
kort, blou blommetjie sommerrok aan met sandale. Haar hare hang moeiteloos oor
haar skouers en haar blou oë is helder vandag. Sy voel goed…nog net twee dae.
Sy speel buite met Buks toe Rikus ook nader stap. “Hallo sus” en hy gooi ‘n balletjie
sodat Buks dit oorkant die swembad gaan haal. “Hallo”
En sy kyk weg na waar Buks nou oppad terug is. “Buksie, kom hier!” en hy half spring
haar laat sy val teen die grond, maar Rikus spring in en keer haar betyds.”Pasop nou!” en albei lag vir die lawwe
Buks.
Sanet kom ook aangestap en onderbreuk die speelse oomblik.
“Dit klink lekker”
en sit haar arm om sy nek. Talana maak asof sy haar nie gehoor het nie en gooi
die bal nog verder sodat sy en Buks ver van die verliefdes kan speel. Sanet kan
nie help om agter te kom die skielike afsydigheid van Talana se kant.
“Talana, sal jy saam
met my dorp toe gaan? Ek moet net ‘n paar goedjies kry en wil nie aleen gaan
nie” en sy kyk vraend na haar. Talana kyk ongeërg op en sy kortaf “Ek dink Ma gaan. Jy kan saam met haar ook
ry” en draai weer om na Buks.
Sy wou nie vir Rikus en Talana aleen agter nop die plaas los
nie want sy vertrou nie die afsydige houding van Talana nie, dink Sanet. Sy en
Rikus stap we gen Talana en Buks beweeg af na die wingerde se kant. Sy gaan
staan stil en bekyk die vroeë oggend lug…lyk baie mooi vandag. Prentjie mooi.
Sy hoor ‘n ge-hoot en dink dis seker Ma en Sanet wat dorp
toe gaan. Sy gaan sit langs die swembad en voel meteens uit asem na ‘n lekker
speel sessie met Buks. ‘n Hond bly tog maar die beste maat, dink sy en kyk
glimlaggend na Buks. Rikus kom uitgestap en vra “En waste glimlag is daai?” en trek ‘n krul speels oor haar gesig.
“Ag, sommer vir die
lawee Buks” en kyk na Rikus. “Hoekom
is jy nie saam met Ma en Sanet dorp toe
nie?”
“Ag, ekt nie lus vir
twee vrouens en die dorp nie” en sit nou regoor haar. Hy lyk moeg.
“Jy okay?” vra sy.
Hy draai sy gesig en antwoord “Ja sus, waste
vraag is daai?”
“Vra sommer” en sy
staan op om binne te loop, maar hy vat liggies aan haar hand en sê “Talana…”
“Ja..” en sy kyk
vraend, half verbaas na hom. Die manier hoe hy haar naam vra, “Is als okay tussen ons? Dit voel asof jy
nie meer dieselfde is met my? Die twee weke het gevoel ons lewe verby mekaar…”
“Dis niks. Belowe”
en sy draai vinnig om sodat hy nie die rooiheid op haar gesig moet sien.
Ma en Sanet ry en gesels ‘n hond uit ‘n bos. Sy is gretig om
te weet van die dorpie. Dis so ‘n pragtige dorp en Ma vertel haar van elke plaas
en elke winkeltjie. Hulle het na drie ure terug gekom en die plaas is stil. Dis
nou al Saterdag middag en almal is of na die buurplaas of besig om te braai.
Dis hoe dinge gedoen word op die plaas.
Sanet voel onrustig nadat sy nie vir Talana of Rikus sien
nie. Die twee saam maak haar onrustig.
More weer xxx
More weer xxx