“Maak toe die venster!” skree Talana in die agterkamer. Dit
klap aanhoudend van die wind se gewaaiery.
En dit was die mooiste somers middag in die kleine plaas
dorpie De Doorns..almal is moeg na ‘n lang dag se gewoel op die plaas.
Die koffie kan is besig om te kook en Mamma is besig om die
laaste brood uit die oond te haal. Dit ruik soos soetkoek by die kerk se
basaar.
Rikus en sy studente-vriendin baljaar in die swembad en dit maak
Talana skoons naar van jaloesie. Sy wou Rikus vir haar self hê..vir n slag. En
toe daag hy met hierdie blondekop op.
Talana staan by haar kamer venster en loer die twee se
gespelery met groenigheid aan.
“Hoe durf sy” dink Talana hardop. Meteens vlieg die deur oop
en dis Ma met haar rooi gesig vol sproete. Ai, die jare het ook maar sy tol op
my mamsie gevat. “Wats jou storie Talana?” vra Mamma en kyk haar stip aan.
Ewe opgeruk antwoord
sy “Niks…eks net nie ‘n fan van haar…met haar perfekte bos blonde krulle en
perfekte blou oë en atletiese lyfie..sys…sys..perfek vir hom end it maak my naar”
en meteens is Talana bloed rooi in die gesig en val agteroor op haar bed.
En Mamma kom sit langs haar op die bed en sug ”Ag Talana,
dis jou boetie en jy moet bly wees vir sy geluk..hy lyk geslukkig. En klink ook
gelukkig” sê Ma.
“Ek gaan draf” en Talana staan huiwerend op en gluur die
twee met koue oë aan. “Dis amper etenstyd!” laat weet Ma agter haar aan. Env al
in diep gedagte.. “Ai, my liefste Talana’tjie..” dink Ma hardop.
‘n Telefoon se gelui ruk Ma uit haar diep gedagte en sy
beweeg voorhuis waar die twee verliefde duifies nou heel koel sit buite in die
son.
“Vermeulen Huishouding, goeie middag” antwoord Ma. “Hallo
Mamsie! Dis ek – Riana jou enigste dogter –“ “Ekt jou talle kere gesê jy moet
dit nie weer sê nie!”
“Ag mamsie! net ‘n joke!”
lag Riana, die vryskut joernalis wat reis in Europa, is Kobie en Rinus se laat
lammetjie. Kobie en Rinus het vir 10 jaar probeer vir nog ‘n kind na Rikus se
geboorte.
Kobie suster, Ragel het kort na Rikus se geboorte ook lewe geskenk aan ‘n pragtige baba dogtertjie maar het met geboorte, haar lewe verloor weens te veel bloed wat sy verloor het..en die baba dogtertjie was Talana.
Kobie suster, Ragel het kort na Rikus se geboorte ook lewe geskenk aan ‘n pragtige baba dogtertjie maar het met geboorte, haar lewe verloor weens te veel bloed wat sy verloor het..en die baba dogtertjie was Talana.
Eers het Kobie gedink sy verbeel haar, maar sy raak elke dag meer en meer bewus van Talana se gevoelens vir Rikus. Die kind is verlief op haar eie neef?! Kan dit wees!
......
No comments:
Post a Comment