Translate

Tuesday, March 7, 2023

Verbode Vrugte: Nuwe Begin

 


Talana kan nie juis nie verlange huis toe keer nie. Dis al wat sy ken, maar sy is so dankbaar vir die nuwe uitdaging wat haar voorstaan. Sy moes letterlik haar eerste paar weke net om bid sodat sy nie sak en pak besluit om terug plaas toe te gaan nie. Sy mis die plaasvars lug, haar oggend draffies met Buks.

Sy het paar briewe al ontvang van Ma en Pa. En Pieter het in die begin baie geskryf, maar hy het genoem hy is besig op die plaas. Nie almal van ons het die geleentheid om te gaan studeer, en veral Pieter. Hy moet kyk na die plaas.

Haar eerste semester het so viinig verby gegaan en sy moes so baie opvang want meeste van haar klasmaats het direk na skool kom studeer, so sy is bietjie geroes. Sy het darm 'n maat of twee gemaak maar sy mis vir Ma en Pa. Sy mis vir Buks. Sy mis Ma se skons en tuisgemaakte jêm. Sy geniet die draf sessies so na vyf in die middae in Stellenbosch maar sy was gewaarsku dat dit nie so veilig is soos wat sy dink. Sy draf in elk geval net vir so 'n uur-en-'n-half dan haas sy maar weer koshuis toe. Een middag na een van haar draf-sessies kom sy by haar koshuis-kamer en op haar bed lê 'n grrot bruin boks - dis geadresser aan haar vanaf Ma! Dit lyk sy wil huil, maar sy is so opgewonde en skeer al die kleefband af net om te sien dis al haar gunsteling. Biskuit, koffie, tuisgemaakte konfuit en biltong vanaf Pa. Haar oë skiet vol trane want sy weet dis liefde in 'n boks.

So het die eerste semesetr aan 'n ende gekom en Talana kan nie wag om die pad te vat huis toe nie. Sy ry al die oggend baie vroeg sodat sy vir Pieter ook kan verras voor sy huis se kant toe beweeg. Hulle was nie baie lekker uitmekaar nie maar sy briewe aan die begin was gerustellend, maar sy wonder hoekom het hy net stil geraak. Voor sy afdraa om by Pieter-hulle se plaas in te ry, sien sy 'n rooi motor wat ook indraai en die Karlien. Sy waai baoe opgewonde vir Talana, maar dìe frons half, want hoekom sal Karlien afdraai na Pieter-hulle. Sy verander toe haar mind, en ry huis toe. Daar aangekom en Ma is aleen by die huis. Die plaas is bedrywig want dis Vrdag en amper naweek. Na hulle die gegroet het kan Talana nie meer wag om vir Ma te vra nie. "Ma, ek het toevallig gesien Karlien ry op na Langverwag...hoekom sal Karlien by ons bure kuier?" 

"Ai my kind, ek wou dit nie in my briewe sê nie want ek weet hoe gaande jy oor Pieter is..hulle kuier so oor en weer. Die arme Pieter was so eensaam toe jy weg is..sy het sommer die kleur op sy wange gebring" en Ma babbel nog aan maar Talana se hart voel of 'n mes dit deurdring..."Nie alweer nie.." prewel sy hardop maar nie bewus dat Ma haar hoor nie. "Hoe nou kind?" vra Ma

Wednesday, November 16, 2022

Wit Jassies & Donker Geheime: Hoofstuk 6

 





Die volgende dag is Anke vroeg aan diens sodat sy kan inloer by haar pasient. Sy het gemengde gevoelens oor hierdie dag. Sy het skaars geslaap laas nag. Haar oë voel dik geswel want sy sweer sy het gisteraand haarself aan die slap gehuil. Sy en Lukas het ‘n vinnige ontbyt gehad en sy het skaars ordentlik tyd met haar seun spandeer.

“Goeie dag Dokter!” hoor Anke terwyl sy saggies wou verby sluip sonder om in Sonja se kamer in te gaan. Anke voel half skuldig oor haar optrede, maar draai toe effe om en plak die beste valse glimlag op. “Hallo Sonja, hoe gaan dit vandag?” en sy kom sy staan by die punt van die bed en tel haar leër op om te lees wat was die nag dokter se observasie.

“Baie beter Dankie, eks so bly my man ken die beste ginekoloog naby. Dankie dat jy my kon sien” en Anke voel half skuldig omdat Sonja haar so opreg hanteer en bedank.”Dis niks man, solank jy en baba gesond is” en sy hou haar oë op die geskrewe bladsy voor haar.

“Ek sien jou bloeddruk was weer hoog in die nag. Hoe voel jy nou?” en Anke gaan neem haar temperatuur en staan langs haar. Sy kan hoor hoe vining haar hartklop is en kan nie dink dat iets  nou moes gebeur het wat dit kan aanhits. “Ek..uhm..ek..jammer dat..dis my skuld hoekom ons hier is. Ek het bietjie navorsing gedoen oor jou want jy is al eks waaroor Dewald nie gepraat het nie en..eks jammer.” En Anke kyk vraend na Sonja want sy het geen idee waaroor dit gaan nie. En Sonja haal ‘n foto uit haar handsak uit en gee dita an haar.

“Ek volg julle al die afgelope 3 jaar…jou seuntjie..uhm hys so pragtig” en sy buit haar onderlip. Anke weet nie moet sy huil of verstik aan haar woede. Sy bly after all die dokter.

“Hoekom?” en sy beduie met die foto van klein Lukas, in haar hand. Sy voel half ontbloot voor hierdie vreemdeling. Kaal gestrip met die nare waarheid maar ook half asof ieman die sluier opgelug het en die wêreld bekyk haar aan.

“Hy is nog lief vir jou Anke. Ek het als probeer om net..net,” en haar oë skiet vol trane, “ek wil net die helfte van die liefde ervaar wat hy vir jou het, maar ek kan nie. Ek voel dit nie. Ons probeer al vir 3 jaar vir ‘n baba, maar niks. Elke keer verloor ons dit voor nege weke..ek weet nie. Dalk, dalk as hy weet van klein Lukas sal dit dinge vir ons makliker maak…dalk” en sy kyk met soveel seer na Anke maar dit voel vir Anke sy staan met haar rug teen n muur. ‘n Yskoue pikswart muur.

"Eks jammer, ek verstaan nie. Hoe weet jy?" en Anke probeer die legkaart in haar gedagte regmaak oor waar Sonja in pas en hoe sy weet van Lukas. 

"Ewald.Dis nie per toeval hoekom hy hier is nie. Anke, soos jy weet is ons nou besig om konfidensiele inligting te bespreek so ek wil graag hê dit moet tussen ons bly. Die baba wat ek verwag is nie Dewald s'n...en asseblief moet my nie oordeel..om vaders land. As Dewald dalk so naaste lief was vir my soos hy vir jou, kon ek..sou ek nie verlief geraak het op sy tweeling boetie en dalk..net dalk sou ons gelukkig gewees het maar ons is nie. En dis waar jy in gekom het…ek moes net weet wie die vrou is waaroor my man nie kan kom. En die seuntjie..uhm..julle seuntjie maak dinge vir my maklik. Ek ver-“ en Anke onderbreuk die gesels want sy kan nie die vermetelheid van die vrou vat nie.

“Hoe durf jy?! Jy het geen idee waar deur ek die afgelope jare was nie en om hier in te wals en my kind as buit te gebruik vir jou geflerrie met jou man se broer?” en Anke storm by die hospital kamer uit. Sy weet dit was baie onprofessioneel en sys al moet terug gaan en verskoning vra maar sy is te kwaad om nou nog te dink. Sy moet eers afkoel.

  Sy het sedert gister al baklei teen die trane en die gedagte dat Dewald getroud is en nou dit. Waar los dit haar? Sy weet nie wat sy met die inligting moet doen nie want die dokter-pasiënt vertroulikheid verhoed haar om Dewald te konfronteer en sy weet nie met wie om hieroor te praat nie. Sy gaan badkamer en kan nie help om te huil. Ek is so moeg, Here prewel sy. Uiteindelik na so vyftien minute stap sy uit, was haar gesig en sit liproom aan en beweeg na die kamer waar Sonja is, net om te sien dat Dewald daar staan. Sy wou omdraai maar hy gewaar haar en sê, "Hallo Anke. Dis okay, jy kan inkom." en sy stap die kamer binne. "Hallo Dewald, Sonja" en sy knik na haar kant. Sy maak die leër oop om te maak of sy deur die notas gaan en Dewald haar vra, "Is als reg met ons baba? Ek kan net nie help om soos 'n nuuskierige agie te wil weet wat die fout was nie" haar hart wil in stukke breek vir hierdie man.

"Ek sien dis net die bloeddruk wat weer hoog was, anders lyk als normaal. Hoe voel jy Sonja?" en sonder om na haar te kyk beweeg sy na die sonar om nou na die neonatale bewegings te kyk.

"Ek voel reg. Ek weet net nie hoekom baba my bloeddruk so kan opstoot" probeer sy 'n grappie maak, Maar Anke ignoreer dit en smeer ultra klank gel aan haar maag sodat sy na die baba se hartklop kan luister.Als klink goed en sy verduidelik nog kortliks en dan verlaat sy die kamer. Sy wil net wegkom hier. Die res van haar dag is rustig, niks ernstige gevalle. Die dag is rustig en dan kry sy 'n sms van Franeke wat laat weet dat Lukas maar die aand kan oorslaap want dit lyk na 'n lank aan vir mamma. Sy staan nog en glimlag met haar selfoon toe Dokter Ewald inloer. "Dis 'n eerste, wta moet mens doen om jou so te sien glimlag?" en sy kan nie help om te sien hoekom Sonja vir hom geval het nie. Hy is meer aantrekliker as Dewald. 

Sy oë is lig blou, kuiltjies in albei wange en spierwit tande. Hy is gespierd, seker van al die gym-sessies. En hy is 'n natuurlike flirt en hy het swart krul hare,wat ruik na seewater en kaneel. Sy vel is meer bruin, asof hy tan en sy besef die man staan hier voor haar,

"Ag dis net my vriendin, dis al" en sy glip die selfoon in haar baadjie se sak. "Oh ja, baie dankie dat jy vir my instaan vanaand, ek kan ongelukkig nie in dieselfde spasie is waar my broer is nie. Ek sal met graagte jou skof oorvat môre." en sy knik net. As jou broer net moet weet....dink sy.


 


Friday, May 20, 2022

Wit Jassies & Donker Geheime: Hoofstuk 5

 

Wit Jassies & Donker Geheime: Hoofstuk 5

 

Hier staan die man voor haar. Haar hele lyf begin bewe, en sy weet nie wat om te sê. Sy prewel met ‘n papier in haar hand en sit stadig weer in haar stoel. Sy was oppad om vir Lukas te gaan optel by die kindersentrum maar hier..hier.

Kan ons gou vining chat?” val Dewald haar gedagtegang in die rede.

Ja…uhm. Dis reg..” antwoord sy.

Ek weet jy is seker oppad uit maar ek het ‘n noodgeval… en ek wee tons het mekaar so lank laas gesien en daar is soveel op-catch om te doen maar dit kan wag. Het jy ‘n paar minute?” vra hy en die uitdrukking op sy gesig lyk somber.

Ja..uhm ja. Waarmee ka-“ en hy ruk die deur weer oop en hier kom hy ingeloop met ‘n baie mooi vrou wat hoog verwagtend is. Sy kyk hom baie verbaas aan.

Ontmoet asb my vrou ,” en hy beduie haar om te sit. “Dankie manlief” antwoord die dame. 

‘n Gevoel van ongeloof en teleurstelling ruk Anke na realiteit.

Aangename kennis” is al wat sy uitkry. Sy weet nie wat om verder te sê. En Dewald lyk net so ongemaklik.

Ekt..ek weet dis bietjie vining vir jou..uhm. Ek moes jou voorberei het, maar ek ken nie ander goeie ginekoloë in die area. My vrou..uhm..Sonja het net begin met krampe…en vanoggend het sy begin bloei… ek neem aan die reis vanaf Pretoria het ook iets te doen met dit, maar … sal jy asseblief kan kyk wat is fout met haar?” en hy kyk vraend na Anke. Sy het nie hul eerste ontmoeting so ingedink. 

Dis asof sy buite haar eie liggaam staan en nie weet wat om te doen. Sy is numb

"Dis reg. Hoe gaan ek te werke sonder pasient geskiedenis? Ek moet weet of sy enige onderliggende siektes of simptomes het" sonder om twee keer te dink begin Anke se instink in te sin en sy begin die pasiënt, oftwel vir Sonja te ondersoek. Hulle beweeg later na 'n behandelings kamer sodat sy na die baba se hart kan luister. Sy kan nie glo Dewald sit haar in so posisie nie. Na al die jare, sjoe.

Na so twintig minute se toetse en ondersoek, kom Anke na haar kantoor waar sy Dewald sien sit. "Sonja se bloedruk was bietjie hoog, maar dis onder beheer en die baba se hartklop is ook reg, so die bloeding kan 'n stressor wees, met die dat die bloedruk die hoogtes ingeskiet het. Maar albei gaan okay wees" en sy kan sien hoe sug hy van verligting.

"Dankie, dankie Anke" en hy wil vir haar 'n drukkie gee maar albei raak bewus van die spanning tussen hulle. "Eks jammer, ek besef dis onder moeilike omstandighede wat ek na jou toe kom en ek skuld jou 'n verduideliking...met als en Sonja en hoe ek hier weg is -" maar Anke val hom in die rede en sê,

"Dis fine, Dewald. Gaan wees by jou vrou en baba. Sien julle môre" en Dewald kan die seer in haar stem en oë gelyktydig sien. Sy was nog heeltyd so professioneel en kalm. Sy stap uit en beweeg na die kindersentrum om vir Lukas te gaan optel en wil net haar kop in 'n kussing druk om te skreeu en huil op een slag.

Dit maak so seer.

Die man wie haar hart besit...is getroud en boonop verwag hulle hul eersteling.. sy weet nie hoe sy deur die fase gaan kom. En boonop is die welsyn van sy vrou...Dewald se vrou! nee wraggies..die grootste skok waarvoor sy kan gehoop en bid het.

Sy vrou se welsyn en sy baba s'n, lê in haar hande. Hoe kan hy dit doen aan haar. Sy het nog nie eers vir hom vertel - sy het nog nie eers haar eie seer verwerk en boonop kom ruk hy dit oop sonder om eers te sit en jammer te sê omdat hy haar vyf jaar gelede netso verlaat het nie.


Dit maak so seer.

Tot volgende keer.

 

 

Tuesday, May 3, 2022

Wit Jassies & Donker Geheime: Hoofstuk 4



 Die volgende dag is maar 'n luierige Sondag vir Anke en Lukas. Sy doen soos gewoonlik haar inkopies en die laatmiddag uitstappie met Lukas en Jerry- die boerboelkind - na die parkie oorkant haar huis. Sy sit en dink nog na die vorige aand se gebeure. Dewald kan nie net wil opdaag na soveel jare..dink sy.

Sy vind 'n lekker skadu plekkie en gooi haar rooi en wit piekniek-kombersie neer terwyl die twee baljaar op die gras. Sy kyk na haar Lukas-kind. Hy is so gelukkig en vol lewe. Pragtigste diep blou ogies en blonde krulhare.

Uitgeknip sy pa.

Ai, sug sy diep. Meteens maak die gedagte haar seer. Die gedagte aan sy pa. Haar liefling-kind se bloedverwante. Dis nie 'n seer waarvoor sy gereed is nie. Sy het vir so lank rondom die feit beweeg dat sy al een in sy wêreld betaan. Sy en sy tannie Franèke.

Haar ouers...wel dis 'n teer saak. Hulle is nie veel van 'n kwessie. Sy was al kind en het die beste van als geniet in haar ouerhuis. Sy het die beste opvoeding gekry, al was die aandag en liefde opgemaak deur hulle huishulp - Theresa. Sy was sowaar 'n engel in haar lewe. 

Buide Anke se ouers was dokters, spesialiste om presies te wees. Haar ma was 'n welbekende Neurochirurg wat 'n baanbreker was in haar professie. Haar pa was 'n hart spesialis op Klerksdorp. Hulle was die perfekte paartjie en het die perfekte dogter gehad. Todat sy...wel. Dit maak nie nou meer saak.

Lukas en Jerry is nou seker lekker dors gespeel en kom val laggend hier langs haar. Sy gee hom 'n soen en kielie hom laat hy uitbundig lag. Hulle sit en speel nog toe dit begin skemer raak. Anke dink aan môre.

Sugtend staan sy op. Die werk.

Hulle stap geselsend terug huis toe en sy kan nie ophou kyk na haar blou-oog blonde kop. Haar hart swel behoorlik. Sy is so trots om sy mamma te wees. Die volgende dag is Anke se gemoed steeds swaar. SY kan nie ophou dink aan die e-pos vanaf Dewald. Dit het haar onkant gevang maar sy gaan nie laat dit haar dag opvoeter. Hier en daar is daar 'n noodgeval en Anke kyk gereeld angstig na die horlosie. Sy kan nie wag om vanaand af te klok. Haar voete voel gedaan...

Net so voor sy moet huis toe gaan, stap Anke in haar kantoor om op te vang met al haar e-posse toe sy op die nuutste e-pos afkom, vanaf Dewald.

'Ek is môre by Sentraal Hoogte. Het jy tyd vir 'n koffie? Ek tel jou 1uur op. Groete'

Anke besef sy kan nie wegkom hiervan. Sy gaan dit net moet aanvaar dat Dewald kom en syt moet hom vertel wat in haar lewe aangaan. Of sy skuld hom ten minste die waarheid.

Sonder om te antwoord, sit sy haar rekenaar af en pak om huiswaarts te keer. Daar is 'n ligte kloppie aan haar deur en sy sê, "Kom binne"

"Hello Anke, gehoop ek kry jou.." die stem klink bekend en sy kyk vinnig op en hier staan hy. 

Met sy diep blou oë. Sy het gedink sy gaan gereed wees as sy hom sien sonder om...sonder om..om oopmond te staan en uidrukkingloos na hom te staar. Nie'n dag ouer en dis al amper 5 jaar sedert hulle mekaar weer sien. Sy blou hemp komplimenteer sy oë. Sy bree gesig met 'n blonde krul oor sy voorkop...hys nogsteeds die aantreklike man waarop sy verlief geraak het. En hier staan hy voor haar. Sy besef haar wange gloei en voel hoe haar ore warm raak, en al wat sy kan uitkry is..

'"Dewald.."


Tot volgende keer,

Muis-Groete



Monday, September 27, 2021

Wit Jassies & Donker Geheime: Hoofstuk 3

Anke staar noodeloos voor haar uit. Die e-pos bring so ’n nare gevoel op haar maag. Dis asof alles waarvoor sy bang was, besig is om waar te word.

Moet sy terug skryf of wat?

Sy loer na die muur horlosie en sien dis so skuins na 11.Sy het geen idee waar hy aan haar persoonlike e-pos adress kom nie. Sy raak half vies vir haarself. Sy het weggebly van sosiale media, sy het geen interaksie meet geen van haar universiteits vriende, so hoe kom hy aan dit, dink Anke.

 

 

 

Die Saterdag loop maar treurig deur.Sy het belowe sy gaan by Franeke ’n draai maak, maar sy wil net slaap. Dis wat haar liggaam nodig het, maar sy weet ook dat Lukas gaan nie wil slaap nie, so sy gaan dalk tog na Franeke toe.

By Franeke gekom, besluit die spul hulle gaan braai en sy stem in. Sy wil vir Franeke vetrel wat gebeur het, maar sy kan nie. Sy dra die geheim in haar al vir hoe lank en niemand is bewus daarvan nie. Sy het dit nie eens met haar ouers bespreek toe hulle haar… ai tog. Los dit, dink sy.

Die middag is gou weer oor en na ’n lekker kuier is hulle oppad huis toe. Sy gaan vir Lukas ’n bad intap, hy speel gewoonlik nog met sy speelgoed in die bad tot hy moeg en dan sal hy haar laat weet hy is klaar.

‘’Ek moet ’n voltydse oppaser kry vir hom..’’ en sy trek haar skootrekenaar nader. Sy kan nie help om tog te wonder waar Dewald haar persoonlike e-pos gekry het nie. Sy het tog afgebly vanaf sosiale media, niks meer vriende met haar universiteit-kennisse. So hoe. Dalk moet sy dit aan hom vra? Dalk moet sy die een wees wat die nuus oordra, voordat hy net hier opdaag. En vir dit het sy nie krag nie.

Sy antwoord op sy e-pos.

Hallo. Dis Anke.

En druk send…

Dalk is hy te besig om te antwoord. Hy is mos al ’n spesialis. En dan kom daar ’n antwoord terug:

 

Anke,

Ek wil ontmoet. Eks volgende week in die Boland area.

Groete,

Dewald.

Anke is so geskok, sy hoor vaagweg hoe Lukas haar roep want hy is kloaar gebad. Sy besef eens haar foon lui ook.

En sy haas dit na Lukas, met sy Spiderman-handoek en dan probeer sy inderhaas die foon ook antwoord. Dan gaan dit dood nog voor sy by dit uitkom. Sy gaan weer na Lukas toe en kry hom gereed vir bed.

Wat sal die man makeer om na vyf-en-‘n-half jaar weer net op te daag en sy moet net beskikbaar wees. Wat gaan sy doen. Haar hele lewe kan dalk verander as hy moet uitvind…en hy mag nie.

 

Wat mag hy nie uitvind? Liewe mens Anke.


Wednesday, June 24, 2020

Verbode Vrugte - Nagevolge



Die volgende oggend staan Talana vroeg op en besluit sy gaan draf. Sy wil eintlik vir Rikus vermy – hyt het haar hele date ge-spoil. Sy en Buks draf tussen die wingerde en haar gedagte dwaal. Sy kan nie dink dat sy tussen Rikus en Pieter moet kies nie… Dis hoe sy gisteraand gevoel het. Dis nie regverdig nie.

 

Sy was haar hele lewe lank verlief op Rikus en nou, wel nou het sy besef die een was eintlik Pieter. Met sy sagte fluweel ogies en spierwit glimlag – hoe kon sy dit al die jare mis.

En nie meer lank nie gaan sy haar tasse pak om haar te vestig in Stellenbosch om haar te bewaam as onderwyser.

Sy sug.

“Wat ’n tyd om te skuif, ou Buksie” , mompel sy en draf agter hom aan.

Sy gaan hierdie vier-pote kind mis. En haar oggende op die plaas.

Sy drentel plaas-huis se kant toe en mamma se lekker koffie kan sy ruik. Sy sien Rikus is besig om sy kar te was op die voor werf en besluit sy gaan sommer by die agter deur insluip.

“Môre mamsie” groet sy en probeer Ma vermy.

“Tallie-kind, wats fout?”vra Ma. “Jyt skaars gisteraand gepraat en ek weet jy kan babbel..” vra Ma en staar haar vraend aan.

“Ek wil nie daaroor praat nie… asseblief Ma” en sy draai om.

“Hiers vars koff-“maar die sin is skaars klaar en sy verdwyn in die gang. Ma kan nie help om te wonder wat het gisteraand gebeur nie. Die jong klomp gee haar grys hare.

Pa kom die kombuis binne en kom sit heel gerus op een van die stoele. “More vrou, wats vir ontbyt?”

“More. Jong ek wil nou nie inmeng nie maar dit lyk of die jong klomp gisteraand glad nie geniet het nie. Talana is heel effe en Rikus was vroeg oggend sy ryding. Die kinders gee my skoons gryshare..”en sy vat ’n diep sluk koffie.

‘Ai vrou, jy weet die kinders moet hulle eie huil uitwerk. Tallie-kind is seker maar bietjie dikbek, want onthou die kind het nog nooit die plaas verlaat, wat nog te sê uitgeslaap. Dis ’n groot aanpassing’’ en Pa neem die koppie warme koffie wat Ma voor hom gesit het.

‘’ai, Pa ek hoop jys reg. Die arme kind weet nie wat vir haar staan en swag nie’’ en net daar kom Rikus ingestap.

‘’Eks gereed vir die lang pad, Ma’’ en hy kom staan langs haar.

‘Nou wat was jou doel eintlik?’’ vra Ma want sys verbaas hoekom hy nou ewe skielik weer die hasepad kies.

‘’Ek dan gesê? Ekt een van my belangrikste handboeke vergeet. Ek sal weer laat weet wanneer ek kom’’ en stap na sy kamer.

Ma kyk vir Pa vraend aan en hy trek net sy skouers op.



Die dag het aangebreek vir Talana om te vertrek na Stellenbosch waar sy haar vier jaar gaan spandeer om te kwalifiseer as onderwyser. 

Sy is nogals skrikkerig!

Dis twee weke sedert sy en Rikus nog in mekaar se gesels was, hy het die dag na hy haar en Pieter se date kom crash het, weer terug stad toe om by Sanet aan te sluit. Dis beter so. Baie het gebeur tussen haar en Pieter. Sy gaan hom so baie mis. Sy staan in haar kamer se deur en voel half hartseer – syt so baie trane en blydskap gedeel in die kamer, maar tog. Sy is baie bly dinge het so uitgerwerk want om vir Rikus te sit en wag is malligheid.

 

Die plaas gaan defnitief gemis word. Sy glimlag en trek die deur toe. Mamma is vroeg besig om beskuit reg te pak vir Talana en padkos. Dis hoe Mamma is. Pappa het gaan kyk of die bakkie genoeg diesel het en dit staan en wag net vir Talana.

 

Dis ’n nuwe begin vir my, dink Talana.

 

 Sy kom die kombuis binne en moet 'n baie teer sakie met Ma en Pa bespreek. Dit hang nou al heeltyd in die lug.

"More ma en pa. Daars iets wat ek met julle moet bespreek. Kom sit"

Pa en Ma kyk haar bekommerd aan.

''Ontspan julle. Dit gaan net oor my van. Ekt gewonder of ek nie terug op my moeder se van kan registreer nie. Ek weet julle verkies ek moet Vermeulen bly, maar ek dink dis net reg... dat ek op Van Graan gaa. Dis al van ma-.. dis al wat ek het van haar'' en sy kyk af.

''Dis geen probleem Tallie, jy moet weet jys soos ons eie. En moet nooit dink jy verdien nie die Vermeulen van nie'' antwoord Pa. 

En sy staan op en gee die twee 'n stywe druk. Sy mompel onder die trane ''Dankie'' en voor sy in 'n trande dal kom, begin sy haar tasse pak in die bakkie.

Die langpad en sy dinge.

Sys gereed  vir Stellenbosch, dink sy en gee 'n diep sluk van die plaas se skoon lug.


Tot volgende keer.
















Wit Jassies & Donker Geheime: Hoofstuk 2




Anke stap haastig na die kinder-sentrum waar sy vir Lukas gaan optel en stap gesels-gesels kar toe. Die kind kan nie uitgepraat raak oor sy karakter in die konstert. Sy ogies blink soos hy lag. Hys is die beste ding wat ooit met haar gebeur het – al was dit op ’n ongesiende manier.

Anke klim in haar kar, maar sy voel onrustig. Wie is Dokter Ewald Steyn? Sy maak seker dat Lukas ingegordel sit in sy kar stoeltjie voor sy inklim. Sy aandag is al weer afgetrek deur een of ander speelding wat op die agterste sitplek gelê het.

Sy trek haar skootrekenaar nader en dink sy gaan bietjie ondersoek instel. Sy tik sy naam op die dokters se portel in, maar niks duik op. 

Dis vreemd.

Sy is seker sy het hom al gesien, maar haar geheue laat haar in die steek. Sy plaas die skootrekenaar weer terug langs haar op die passasiers sitplek en skakel haar enjin aan.

“Watter skaduwee hang oor jou, Dokter Steyn”dink sy hardop en ry. 

By die huis aangekom en Anke parkeer sommer in die motorhuis- sy gaan nêrens vanaand nie. Sy haal Lukas uit en hulle stap deur sydeur na die kombuis. Haar halwe glas wyn staan nog net so op die kombuis tafel en sy besluit om dit maar eerder voor die televisie klaar te drink. So spaandeer sy die res van haar aand met Lukas en haar bottel rooiwyn.

 Wat ’n perfekte aandjie, dink sy.

 Die volgende oggend maak Anke vir haar en Lukas klaar, Franeke kom vir Lukas optel. Dis al hulle roetine. As Anke moet werk, is Franeke die go-to.

 Haar deurklokkie lui en dis Franeke. Sy groet vinnig en klim in haar motor.

 

Sy is reeds laat, so als gebeur vinnig. By die hospitaal gestop en Anke loer in haar tru-spieel om seker te maak haar hare is reg en sy lyk nie soos ’n hang-over nie. Dis nie die tipe beeld wat sy vir haar junior dokters wil gee nie.

“Môre, môre. Mornings everyone” kom Anke ingestap. Sy is bly om te sien dat die dokters reeds begin het om die rostasies te doen en sy sluit net aan by hulle. Dokter Steyn het deur nag gewerk, so hy kyk haar half vererg aan, seker omdat sy reeds twee pasiente se lesings gemis het.

“Wie dink die man is hy?’’ dink sy ook half vererg.

Die rotasie is verby en Anke beweeg na haar kantoor. Sy is die hoof van die trauma-eenheid op haar skof. Sy kort koffie en meeste verpleegsters weet dit al. Suster Piedt kom met ’n koppie aangestap en groet haar.

‘’Ek sien daar’s ’n nuwe dokter. Ken hom nie, en ekt oral gewerk in die geweste‘‘ sê sy. Suster Piedt is die matrone van die saal en werk al ’n dekade vir die hopsitaal. Soms voel sy soos Anke se ma- En oor die praat Anke glad nie.

‘’Yep. Ekt hom gisteraand ontmoet, bietjie arrogant as jy my vra.’’ En sy vat ’n slukkie van die koffie.

‘’Wou dokter nog vra gister, maar dit was so dol en dokter was reeds weg… hoe was kleintjie se konsert?’’

‘’Ag suster, dit was so lekker. Die bulletjie kan skaars uitgepraat raak.’’ En voor Anke nog verder kan vertel, kom Dokter Steyn ook aangestap.

‘’Dokter Bouwer, kan ek gou ’n woordjie met u hê?’’ en hy gee nie juis vir Anke kans om aan ’n verskoning te dink nie en trek die deur agter hom toe. Suster Piedt stap na die veleegsters se stasie.

‘’Dokter Bouwer, neem assebleif kennis dat ek nie van plan is om jou werk af te vat as hoof nie. Inteendeel, ek wil dinge vir jou makliker maak. Jy kan meer tyd het om met jou man en kinders te spandeer. Dis altyd moeilik vir ’n ma en vrou om gefokus te bly op haar loopbaan en glo my, die professie maak dit nie maklik nie’’ en dit lyk Anke kan ontplof toe hy dit vir haar noem. Die seksisties pes, dink sy maar buit haar onderlip. Sy doen dit altyd as sy woorder sluk.

‘’Dokter Steyn, inteendeel. Ek voel nie bedreig deur jou. Ek is eintlik bly vir die hulp. Ek wou vanoggend by Dokter Raafel omgaan maar sien hys reeds weer in ’n vergadering. Ons superintendent maak nooit ’n fout’’ en sy kry dit reg om ’n valse glimlag te gee.

‘Dan is ek bly. Dit het amper gevoel ek moet meeding vir jou aandag. Dan laat ek dit maar daar. Lekker dag vir jou’’ en hy stap weg. Die man is mos nou plein arrogant, dink Anke.

Anke se dag verloop glad, met geen dringende pasiente. Sy het hier en daar uitgehelp maar verder hou sy haar besig met die rooster vir die studente en ook die nodige papierwerk wat van haar vereis word.

Sy hoor 'n ligte kloppie aan haar deur en kyk op - dis 'n glas deur. Sy sien dis suster Piedt oftewel matrone. Sy beduie met haar hande "Kom binne"

"Dokter, jy sal nooit raai wat ek nou uitgevind het nie! My magtag!" en sy lyk rêrig geskok.

"Wats fout, matrone?" vra Anke.

"Die man oftewel dokter, is toe die ewe Steyn..wag wat was sy naam nou weer...uhm..Dewald Steyn se broer. Onthou jy hom? Julle het nog saam begin proef hier by ons. Ekt nie geweet hyt 'n broer..wag julle was mos baie close? Het jy geweet?" en sy kyk Anke vraend aan.

En dit voel asof iemand Anke met 'n nat snoek geslaan het.


Ekt gewonder hoekom lyk hy so bekend...en sy voel lam. Verlam. 


Tot volgende keer.