Translate

Monday, September 27, 2021

Wit Jassies & Donker Geheime: Hoofstuk 3

Anke staar noodeloos voor haar uit. Die e-pos bring so ’n nare gevoel op haar maag. Dis asof alles waarvoor sy bang was, besig is om waar te word.

Moet sy terug skryf of wat?

Sy loer na die muur horlosie en sien dis so skuins na 11.Sy het geen idee waar hy aan haar persoonlike e-pos adress kom nie. Sy raak half vies vir haarself. Sy het weggebly van sosiale media, sy het geen interaksie meet geen van haar universiteits vriende, so hoe kom hy aan dit, dink Anke.

 

 

 

Die Saterdag loop maar treurig deur.Sy het belowe sy gaan by Franeke ’n draai maak, maar sy wil net slaap. Dis wat haar liggaam nodig het, maar sy weet ook dat Lukas gaan nie wil slaap nie, so sy gaan dalk tog na Franeke toe.

By Franeke gekom, besluit die spul hulle gaan braai en sy stem in. Sy wil vir Franeke vetrel wat gebeur het, maar sy kan nie. Sy dra die geheim in haar al vir hoe lank en niemand is bewus daarvan nie. Sy het dit nie eens met haar ouers bespreek toe hulle haar… ai tog. Los dit, dink sy.

Die middag is gou weer oor en na ’n lekker kuier is hulle oppad huis toe. Sy gaan vir Lukas ’n bad intap, hy speel gewoonlik nog met sy speelgoed in die bad tot hy moeg en dan sal hy haar laat weet hy is klaar.

‘’Ek moet ’n voltydse oppaser kry vir hom..’’ en sy trek haar skootrekenaar nader. Sy kan nie help om tog te wonder waar Dewald haar persoonlike e-pos gekry het nie. Sy het tog afgebly vanaf sosiale media, niks meer vriende met haar universiteit-kennisse. So hoe. Dalk moet sy dit aan hom vra? Dalk moet sy die een wees wat die nuus oordra, voordat hy net hier opdaag. En vir dit het sy nie krag nie.

Sy antwoord op sy e-pos.

Hallo. Dis Anke.

En druk send…

Dalk is hy te besig om te antwoord. Hy is mos al ’n spesialis. En dan kom daar ’n antwoord terug:

 

Anke,

Ek wil ontmoet. Eks volgende week in die Boland area.

Groete,

Dewald.

Anke is so geskok, sy hoor vaagweg hoe Lukas haar roep want hy is kloaar gebad. Sy besef eens haar foon lui ook.

En sy haas dit na Lukas, met sy Spiderman-handoek en dan probeer sy inderhaas die foon ook antwoord. Dan gaan dit dood nog voor sy by dit uitkom. Sy gaan weer na Lukas toe en kry hom gereed vir bed.

Wat sal die man makeer om na vyf-en-‘n-half jaar weer net op te daag en sy moet net beskikbaar wees. Wat gaan sy doen. Haar hele lewe kan dalk verander as hy moet uitvind…en hy mag nie.

 

Wat mag hy nie uitvind? Liewe mens Anke.


No comments:

Post a Comment