Anke staar
noodeloos voor haar uit. Die e-pos bring so ’n nare gevoel op haar maag. Dis
asof alles waarvoor sy bang was, besig is om waar te word.
Moet sy terug
skryf of wat?
Sy loer na die muur horlosie en sien dis so skuins na 11.Sy het geen idee waar
hy aan haar persoonlike e-pos adress kom nie. Sy raak half vies vir haarself.
Sy het weggebly van sosiale media, sy het geen interaksie meet geen van haar
universiteits vriende, so hoe kom hy aan dit, dink Anke.
Die Saterdag loop
maar treurig deur.Sy het belowe sy gaan by Franeke ’n draai maak, maar sy wil
net slaap. Dis wat haar liggaam nodig het, maar sy weet ook dat Lukas gaan nie
wil slaap nie, so sy gaan dalk tog na Franeke toe.
By Franeke gekom,
besluit die spul hulle gaan braai en sy stem in. Sy wil vir Franeke vetrel wat
gebeur het, maar sy kan nie. Sy dra die geheim in haar al vir hoe lank en
niemand is bewus daarvan nie. Sy het dit nie eens met haar ouers bespreek toe
hulle haar… ai tog. Los dit, dink sy.
Die middag is gou
weer oor en na ’n lekker kuier is hulle oppad huis toe. Sy gaan vir Lukas ’n
bad intap, hy speel gewoonlik nog met sy speelgoed in die bad tot hy moeg en
dan sal hy haar laat weet hy is klaar.
‘’Ek moet ’n
voltydse oppaser kry vir hom..’’ en sy trek haar skootrekenaar nader. Sy kan
nie help om tog te wonder waar Dewald haar persoonlike e-pos gekry het nie. Sy
het tog afgebly vanaf sosiale media, niks meer vriende met haar universiteit-kennisse.
So hoe. Dalk moet sy dit aan hom vra? Dalk moet sy die een wees wat die nuus oordra,
voordat hy net hier opdaag. En vir dit het sy nie krag nie.
Sy antwoord op sy
e-pos.
Hallo. Dis Anke.
En druk send…
Dalk is hy te
besig om te antwoord. Hy is mos al ’n spesialis. En dan kom daar ’n antwoord
terug:
Anke,
Ek wil ontmoet.
Eks volgende week in die Boland area.
Groete,
Dewald.
Anke is so
geskok, sy hoor vaagweg hoe Lukas haar roep want hy is kloaar gebad. Sy besef
eens haar foon lui ook.
En sy haas dit na
Lukas, met sy Spiderman-handoek en dan probeer sy inderhaas die foon ook
antwoord. Dan gaan dit dood nog voor sy by dit uitkom. Sy gaan weer na Lukas
toe en kry hom gereed vir bed.
Wat sal die man
makeer om na vyf-en-‘n-half jaar weer net op te daag en sy moet net beskikbaar
wees. Wat gaan sy doen. Haar hele lewe kan dalk verander as hy moet uitvind…en
hy mag nie.
Wat mag hy nie
uitvind? Liewe mens Anke.