Translate

Monday, July 9, 2018

Liefde is nie vir almal beskore - Nina Davids


Die lewe is so onregverdig…dink Karen vies. Sy is vandag so gebreek. Die man met wie sy haar hele lewe lank al getroud was, het haar verruil vir ‘n jonger blaar. ‘n ene Maryke .
Haar vel is sag – soos ‘n porseleinpop.Sy sal Francois gelukkig maak. Dink Karen.

Vir 17 jaar was hy haar beste vriend, Die feit dat sy nooit vir hom ‘n erfgenaam kan gee het tog sy tol geeis en Sy was seker hulle sou oraait wees…maar sy was verkeerd. 

Karen het ‘n noupassende swartpak aan en haar hare in ‘n netjiese kapsel agteroor. Sy lyk goed, dink sy. Haar afspraak is elf dertig en sy is vroeg. Sy wil dit agter die rug hê. As sy nog een keer in sy gesig moet kyk gaan sy dit verloor.

“Kom binne” hoor sy ‘n dik mansstem sê. Dis Francois se prokureur, Jan Viljoen. Hys bekend daarin om almal se lewens hel te maak in enige hofsaal. Sy Kantoor is somber en koud. Net soos die afgelope jaar in hul huwelik – dink Karen. Sy tel ‘n tydskrif op net om enige gesels of oogkontak met Jan te vermy. Al geluid wat mens kan hoor is die horlosie se wysers. 

 Francois is laat. Hys nooit laat vir enige iets. En meteens swaai die deur oop en dis hy…met sy diep blou oê en hare wat drup van water. Hy ruik soos…soos..haar gunsteling shower gel. Ai toggie Karen, julle skei vandag. Ruk jou reg!

To be continued...

No comments:

Post a Comment