Die lewe is so onregverdig…dink Karen vies. Sy is vandag so
gebreek. Die man met wie sy haar hele lewe lank al getroud was, het haar verruil
vir ‘n jonger blaar. ‘n ene Maryke .
Haar vel is sag – soos ‘n porseleinpop.Sy sal Francois gelukkig maak. Dink
Karen.
Vir 17 jaar was hy haar beste vriend, Die feit dat sy nooit
vir hom ‘n erfgenaam kan gee het tog sy tol geeis en Sy was seker hulle sou
oraait wees…maar sy was verkeerd.
Karen het ‘n noupassende swartpak aan en haar hare in ‘n
netjiese kapsel agteroor. Sy lyk goed, dink sy. Haar afspraak is elf dertig en
sy is vroeg. Sy wil dit agter die rug hê. As sy nog een keer in sy gesig moet
kyk gaan sy dit verloor.
“Kom binne” hoor sy ‘n dik mansstem sê. Dis Francois se
prokureur, Jan Viljoen. Hys bekend daarin om almal se lewens hel te maak in
enige hofsaal. Sy Kantoor is somber en koud. Net soos die afgelope jaar in hul
huwelik – dink Karen. Sy tel ‘n tydskrif op net om enige gesels of oogkontak
met Jan te vermy. Al geluid wat mens kan hoor is die horlosie se wysers.
Francois is laat. Hys nooit laat vir enige iets. En meteens swaai
die deur oop en dis hy…met sy diep blou oê en hare wat drup van water. Hy ruik
soos…soos..haar gunsteling shower gel.
Ai toggie Karen, julle skei vandag. Ruk jou reg!
To be continued...
No comments:
Post a Comment