En terwyl Karen stadig oor die gebreekte glase en foto rame
loop sien sy vir Francois in die hoek van die voor portal, waar hy sit en toekyk
hoe sy hand bloei. “Francois!’’ skree sy
terwyl sy vinnig na hom aangehardloop kom.
Hy lyk soos ‘n seuntjie wat se roomys
afgevat it…tipies mans, dink sy.
“Wat jou besiel?” en sy vee sy arm af – met die lap wat
Sofia in haar hand druk.
“Karen.. ek.. ek.. dit was ‘n fout …asseblief” en hy laat sak sy
kop. Dronk verdriet.
“Kyk hoe lyk die plek” en sy beduie met haar hande om haar.
Sofia staan baie vies, want sy moet mos nou skoon maak.
“Mevrou, dis amper huis
toe gaan tyd. Ek kan nie nog laat ook werk” en sy draai vies om.
Sugtend loop Karen ook agterna en sien vir Sofia af. Die
plek kan maar môre skoon gemaak word. Dit maak anyway nie saak nie…dink sy.
Terwyl sy terug kom, vind sy Francois nou staande in die voor portal. Hys steeds nie homself, maar gee ‘n
effe glimlag.
“Wat wil jy hê?” vra Karen en kyk hom stip aan.
“Ek weet nie Karen. Al wat ek weet is… ek wil nie sonder jou
wees” en vir ‘n oomblik voel sy jammer vir hom. Maar dan ruk sy haar reg en
besef wat hy vir die afgelope 17 jaar aan haar gedoen het. Nee, Karen. Nie nou
nie.
“Francois, vir sewentien jaar was ek jou vrou, jou vriendin,
jou tennis maat en wat ook al..ek kan ook nie my lewe imagine sonder jou. Maar jyt
weggeloop. Jy wil ‘n kind hê,nadat jy weet ek kan dit nie vir jou. Jy’ groener
weivelde gaan soek. Ja, ek is stukkend. Maar eks so life vir jou, ek gun jou
die geluk. Al maak dit my seer” en hy beweeg nader en prober haar aanraak, maar
sy beweeg agteruit
“Die keer stap ek uit. Dis genoeg vir my”
“Karen asb, ek kan verander… gee my net nog een kans” pleit
Francois.
“Jyt genoeg kanse gehad” en sy draai na die deur, maak dit
oop en sê;
“Totsiens Francois”
“Karen asseblief - ’’
“Loop nou…” sê sy.
Hy loop stadig uit en sy maak die deur toe agter hom toe en val agter die deur neer.. Trane loop oor haar wange en sy vra haarself…
Ai liewe Vader…wat moet ek doen…
No comments:
Post a Comment