Terwyl
Karen terug stap na die voordeur besef sy die dreigement kom nie lig voor nie.
Francois bedoel elke word wat hy gesê het en daar is niks wat sy daar aan kan
doen nie. Sy is in ‘n hoek. Sy stap na die kabinet waar al hulle reserved wyne gebêre word en vat een van
die oudtse wyn bottels en maak dit oop en skink ‘n glas vol. Sy gaan sit op een
van die hoë stoep stoele en kyk oor die netjiese gesnyde gras en pragtige tuin.
Sofia kom ook nou uit net om vir haar te sê sy is oppad huis toe.
“Is als okei missies?” vra Sofia en kyk na die glas in
Karen se hand. “Ja Sofia. Eks okei – jy
gaan seker huis toe?” en Sofia knik haar kop. “Sien môre en bel missies se ma. Mens voel altyd beter as djy met
djouse ma gepraat het” sê Sofia en draai om. “Koebaai” en Karen hoor die deur klap toe.
Sug.
Sy dink sy
moet haar Ma bel. Syt dinge te ver laat uitrafel, sy benodig haar ma of iemand
buiten haar prokureur. Sy het niemand in haar hoek. En Francois weet dit.
Sy sluk die
glas wyn in een asem op en stap in. Sit die glas in die kombuis en loop na die
hoofslaap kamer. Sy soek na haar foon en sien daar is ‘n oproep wat sy gemis
het. Moet haar Ma wees – sy is verbaas om te sien wie se naam is op die hoof
skerm. Dis haar broer -Stefan. Hoekom sal hy na haar soek? En sy skakel hom
terug maar die foon lui net. Sy raak nou bekommerd. Sy skakel sy vrou, Lea antwoord “Hallo skoonsus! Lanklaas van jou gehoor” en sy sê “Middag
Lea. Jammer ek pla, Stefan het my geskakel maar ekt sy oproep gemis. Is alles
reg julle kant?” en daar is ‘n stilte voor Lea antwoord, “Jammer, het jou Ma nie vir jou geskakel
nie Karen? Ek –“ en Karen onderbreek
vir Lea “Wats fout? Ma mag nie met my
praat nie” en sy word angstig.
“Skakel jou Ma asb. Dis beter” en die gehoorbuis word neergesit. Karen kan
nie help om die gevoel af te skud nie, maar sy skakel haar Ma. Geen antwoord.
Sy skraap al haar moed bymekaar en skakel haar Pa se nommer. Die foon word
geantwoord deur ‘n vreemde persoon, “Goeie
midag. Dis Meneer Le Roux se selfoon. Ongelukkig is hy nie nou beskikbaar – “
“Wat het gebeur? Dis sy dogter” en
Karen besef sy praat hard. “Daar
was ‘n ongeluk. U ouers is oppad hospitaal toe. Ek dink u moet sorg dat u tot
by die hospitaal kom. Dit lyk baie ernstig”
“WAT? Waar en hoe? Met wie praat ek nou?”
“Dis in Durban. Opad lughawe toe. U praat met
offisier Luyt. Eks jammer”
“Watter hospitaal gaan hulle wees?” vra Karen. Hy gee besonderhede en
sy lui af. Die offisier het belowe hy gaan haar op hoogte van sake hou.
Sy moet sorg
dat sy op die eerste vlug na Durban kom. Sy gee nie om hoe laat sy ‘n vlug kry
het nie – oh hel. Wat as Francois al haar kaarte gestop het? Hoe gaan sy ‘n
vliegtuigkaartjie koop?
Nog voor sy
in ‘n paniek verval, haal sy haar skootrekenaar uit en gaan kyk op haar aanlyn
bank. Als lyk nog normaal en sy boek ‘n kaartjie na Durban. Die vlug verdaag
agt uur en sy kyk op haar horlosie en sien dis half vyf. Sy het tyd. Sy dink
aan niks anders as om nou by haar ouers te wees. Als kon nie op ‘n beter tyd
gebeur het nie.
Die
egskeiding.
Die
ongeluk.
Die feit
dat haar ma en pa haar nou nodig het en als.
Sy het hulle nou meer nodig as ooit.
Sy pak ‘n
paar klere in ‘n tas en vat haar sleutels. Sy pak die tas in haar kar en kom
weer terug om die deur te sluit. Voor sy vergeet, skryf sy ‘n nota aan Sofia
net om te sê dat sy sal ‘n paar dae weg wees. Sy sluit die deur en klim in haar
motor en spoed deur verkeer. Haar kop dwaal oral. Haar Ma en Pa is haar als. Sy
kan nie glo dat sy sewentien jaar laat verbygaan en nie een keer uitgereik het
na haar ouers nie. “Here, asseblief laat
my ouers okei wees” bid sy hardop. Sy het nog veertig minute se ry voor sy
by die plaaslike lughawe is. Hoedspruit het nie baie of gereelde vlugte nie en
die verkeer is maar stil.
By die lughawe
gekom en sy kyk op haar horlosie en sien dis skuins voor ses. Sy besef dat sy
in die haas skaars geeët het en gaan koop ‘n toebroodtjie en wegneem koffie.
Terwyl die dame agter die lessenaar haar kaart deurskuif dink Karen aan
Francois. Sy wonder hoekom hy nog nie haar kaarte gevries het nie. En sy dink
aan die insident vroeër met die blondekop in sy kar. Die dreigement. Daar was
iets in sy oë... dis asof dit duiweltjies was wat in sy oë gedans het, maar sy
kan sien. Hy beplan iets. En na sy haar toebrootjie en koffie geneem het, stap
Karen na die naaste kitsbank en trek ‘n groot bedrag geld uit haar rekening.
In geval hy
iets beplan.
Sy sal dan
kan aangaan met die kontant wat sy het. Net tot sy uit gaan figure wat om volgende te doen. Sy loop
na die wagkamer en eet haar toebrootjie. Sy hoor haar foon lui en gruip na haar
handsak. Sy hoop nie dis slegte nuus nie ...
Dis
Francois.
“Ek sien jy geniet nog my geld. Dit was jou
laaste” en druk die
foon dood. Karen sluk ‘n gevoel van verlugting. Sy het nie nou krag om met hom
te stry nie en gaan voort met haar toebroodjie. Die aankondiging vir aan boord
gaan word gemaak en Karen sluk so drie slukke van haar koffie en gooi die
papier koppie in die vullis blik. Sy is dankbaar dat alles nou na ‘n kant
beweeg en terwyl sy loop gaan sy sommer vir Stefan bel en sê sy is nou oppad
Durban toe en sal hom laat weet oor enige nuus.
Toe hulle
land in Durban is dit donker. Karen kyk na haar tyd en sien dis half tien. Sy
moet ‘n huurmotor kry en loop na die inligting kiosk en skakel een. Die
hospitaal is nie vêr van die lughawe – diè dat haar ouers so gou by die
hospitaal kon gekom het.
Terwyl sy
in die huurmotor sit skakel sy haar Pa se selfoon. Die polisieman het haar
belowe hy gaan haar op hoogte hou maar sy het nog niks van hom gehoor nie. “Goeie naand dis Meneer Le Roux se foon”
antwoord hy. “Naandsê, dis weer ek, Karen. Hoe is my ouers nou?”
“Juffrou Le Roux, die dokters is nog besig met
u ouers. U moet net sorg dat u tot by die hospitaal kom”
“Eks oppad na die hospitaal. Ekt so vyftien
minute gelede geland in Durban. En dis Mevrou Lautrec, dankie”
“Dis reg mevrou, sien u nou” en hy lui af. Karen voel half vals
om haar so voor te stel. Mevrou Lautrec nogal, simpel ek. Dink sy.
By die
hospitaal gekom klim Karen uit en betaal die bestuurder en beweeg in na die
ontvangs. Dis ‘n privaat hospitaal en dit sal maklik wees om haar ouers op te
spoor. Haar Pa is ‘n baie belangrike man in die sake kringe. Karen doen navraag
en sy word na die intensiewe eenheid verwys. By die wagkamer gekom en ‘n baie
aantreklike man met ‘n sterk stem kom haar teegemoet. “Goeie naand, Is u Mevrou Lautrec?” en hy steek sy hand uit. “Eks offisier Luyt. Andries Luyt. Ek was
ook oppad lughawe toe in die motor agter u ouers, toe die ongeluk gebeur. Dit
was baie erg. Ek dink die dokters sal u nou sê want jy is ‘n naasbestaande”
en Karen voel half verlig dat ‘n wild vreemdeling daar was om haar ouers betyds
te kry by die hospitaal. “Baie dankie
meneer. Ek ... ek .. weet nie hoe ek u eendag sal terug betaal vir u goeie daad
– “
“Andries asseblief. Ek is darm in my gewone
klere” en hy
glimlag half skaam. Sy vat sy hand en op
die oomblik kom die dokter aaangestap. “Is
die familie van die egpaar al hier?” en Karen loop vinnig na die dokter. “Ja, dis my ouers. Eks Karen. Dokter
asseblief sê vir my hulle sal oraait wees?” en Karen se stem bewe want sy
weet nie wat om te verwag nie.
“U ma is buite gevaar – net paar ribbes gebreek
maar sy sal herstel. U pa is nog in die teater en ek sal elke half uur vir u kom inlig oor sy toetstand. Dit lyk nie goed nie ...”
en die dokter draai om en stap in die gang af. Op daai tydstip kan Karen nie
beweeg nie. Dit voel asof als in een dag ineenstort. Sy kan dalk haar pa
verloor en sy het nog nie eers vrede gemaak met hom nie. Die verpleegster kom na
haar en sê haar ma is nou wakker en sy kan haar sien. Tewryl Karen die privaat
kamer binnegaan sien sy haar ma daar lê.
Weerloos.
Kwesbaar.
Sy gaan
staan langs haar bed en vat haar ma se hand. “Mamma..” ‘n traan rol oor haar wang en Karen besef dis die eerste
keer in sewentien jaar dat sy haar ma sien. Haar ma het verouderd, maar haar
vel lyk nog goed. Sy kyk mooi na haar.
Haar ma se
oë gaan stadig oop en haar mond gaan oop om te praat maar Karen keer haar. “Sjuut mamma, dis okei. Eks hier” en sy
druk haar hand stywer vas. Haar ma kyk bewilderd rond en Karen besef sy is nie
bewus van waar sy is nie. “Ma en Pa was
in ‘n ongeluk. Julle is in die hospitaal. Als is okei. Pa gaan okei wees”
en sy kalmeer. Karen sit haar kop op haar ma se hande en begin saggies snuk, “Eks so jammer mamma. Dank vader julle is
okei –“
“Karen...” en Karen lig haar kop op. Haar ma se stem is
hees en sy gee haar bietjie water. “Karen
... ek wou ...wou weer bel maar Pa...-“
“Dis als reg ma. Ek weet hoe is Pa as hy my
naam hoor” val
Karen haar Ma in die rede. Haar ma antwoord “Nee dis nie dit...” en sy wys met haar hand.
“Jou pa ... hy mis jou en hy is nie meer so
gesond. Sy hart.. en vernaand het ons oor jou ‘n argument gehad ... hy ... het
dit verloor..en hier lê ek nou” en sy draai haar kop skuins. Karen vat haar hand met albei haar hande en
soen dit. “Ek mis julle elke dag. En eks
jammer ekt net weggegaan. Eks so jammer ma –“
“Karen... dis nie jy nie. Jou pa... ek moes
harder probeer het. Ekt elke dag gebid en gehoop hy verander maar nooit. Ek is
jammer. Ek as jou ma het ek jou in die steek gelaat” en voor Karen iets kan sê kom die
dokter in.
Sy gesig sê als.
“Eks so jammer mevrou. Ons het als gedoen wat
ons kon. U man het te veel bloed verloor en sy hart kon hom nie deur die
operasie dra nie. Eks so jammer” en Karen se hele bestaan kom tot stilstand.
“Dankie , dokter” en sy kyk na haar ma.
Dis asof
haar ma dit verwag het. Sy gaan sit op die stoel langs haar bed en kon nie een
emosie uitkry nie. Sy weet nie moet sy huil of bly wees nie.
Die polisie
man van vroeër - kom ook ingestap en
Karen word bewus van sy teenwoordigheid.
“Eks jammer mevrou. Ek wil net u man se selfoon
en persoonlike besittings gee. Dit was op die toneel. Eks weereens baie jammer” en Karen staan op om dit te neem by hom.
“Dankie...uhm dankie vir als” en sy draai terug na haar ma. Sy het
nog niks gesê vir die afgelope vyf minute nie. “Is daar enige iets wat ek kan doen?” vra Andries. Hy lyk rêreig
besorgd oor haar ouers. Karen stap tot by haar ma, maar sy staar net voor haar.
Die verpleegster kom ook nou nader eN vra vir Karen, “Kan ons vir haar ‘n verdowingmiddel ingee? Eks net bang die skok
werk haar op en haar ouderdom... mens kan enige iets verwag” en Karen knik
haar kop en beweeg na die wagkamer. Andries bring vir haar ‘n koppie sterk
koffie en sy neem dit by hom. Hoekom is hy nog hier? Dink sy.
“Jy moet seker gaan ... ons sal okei wees. Ek
... ek moet net my broers ook laat weet, maar dis rêrig nie nodig om hier te
sit en wag nie..” en
sy kyk om verslaend aan. Sy begin bewe en die koffie mors half. Hy kom nader en
vat die koppie uit haar hand uit en sê “Dis
nie moeite nie. Ekt my ouers ook in ‘n ongeluk verloor en dit... uhm ... ek wil
nie hê jy moet alleen deur dit gaan. Is u man oppad? Ek sal wag tot hy kom, dis
rêrig nie moeite nie, mevrou” en Karen antwoord, “Dankie” sonder om hom te antwoord op sy vraag.
Sy gaan sit
en haal haar foon uit. Sy moet vir Dewald en Stefan laat weet. En die res van
die familie. Hoekom sy...
Nadat Karen
beide haar broers ingelig het, sien sy die verpleegster by die deur en roep “Verpleegster, is my ma okei?” en sy
antwoord, “Sy is rustig. Sy slaap. Ek
sal u roep wanneer sy wakker word” en Karen draai om en sien sy is alleen
in die wagkamer. Andries moes geloop het terwyl sy besig was op haar foon. Hy
lyk na ‘n gawe man.
Twee weke later...
Na Karen se
pa se begrafnis en al die formaliteite afgehandel is, word sy gedruk om die
waarheid vir haar Ma te vertel van haar en Francois. Haar ma het heelwat goed
herstel en is alweer besig om in die tuin te krap. Dit hou haar besig, sê sy.
Hulle het nog nie oor haar pa gepraat nie en Karen se hofdatum skuif al nader –
sy moet terug Hoedspruit toe.
Dis ‘n koel
oggend in die klein dorpie suid van Pretoria. Die strate is pers van die
jakarandabome se blare. Dis so uniek aan Pretoria. Dit het sy die meeste
verlang. Sy en haar pa sou vir ure net die blare opvee ... en meteens mis sy
hom. Haar ma kom sit ook nou op die stoep en Karen sien dit as ‘n perfekte
oomblik. “Ma dis nou al amper ‘n maand
... ek moet terug gaan” begin sy. Sy sien haar ma se blik word somber maar haar
Ma hou haar oë op die geel sonneblomme in die tuin. “Ek dink die sonneblomme is gereed om geknip te word, wat dink jy?”
verander haar ma die onderwerp.
“Ma ...”
“Ek wil nie alleen wees nie Karen. Ten minste
nie nou nie... jou pa ... hy was altyd hier ... ek kan nie” en haar ma staan op om weer tuin
se kant toe te beweeg en Karen sê, “Ek
skei van Francois, Ma. Dis hoekom ek wil terug gaan. Moet terug gaan...” haar
ma kyk haar heel verstom aan. “Ek wou
niks sê omdat dit die begrafnis was en Dewald en Stefan was hier... als was net
... tyd was nie reg. Ek wou Ma sê met die laaste oproep maar ...so ja. Ek skei
van hom”
“Sewentien jaar Karen. Sewentien jaar “ en sy kom sit weer op die stoel
oorkant haar. Sy sit in stilte en dan vra sy, “Hoekom nou eers?” en Karen sê,
“Hy’t my verneuk Ma, telkemale. Ekt twee
miskrame gehad en toe die buisbaba. Ek het niks oor nie. So ek het uiteindelik
besluit ek gaan skei. En ek wou dinge regmaak met julle. Met Pa... en dit was
te laat. En eks so jammer daaroor, maar ekt nog vir Ma. Ek wil nie hê ons moet
weer vervreem nie dis hoekom ek besluit het ek gaan skei en terug trek huis
toe. Na Ma toe .... as dit okei is met Ma?”
Haar Ma se
gesig helder op en sy antwoord “Wat vir
‘n vraag is dit? Natuurlik Karen dis jou huis hierdie. En dis hopeloos te groot
vir my aleen” en sy staan op en en stap na Karen om haar ‘n drukkie te gee.
Karen voel so verlig want die afgelope maand moes sy als net onderdruk en ‘n
mooi gesig opsit.
“Ek sal saam met jou gaan en jou ondersteun, my
kind” sê haar Ma.
“Dankie Ma” sê sy met trane in haar oë.
Die
volgende dag bespreek Karen die vlugte vir hulle twee en terwyl sy besig is lui
haar selfoon. Dis haar prokureur,Johan. “Middag
mevrou Lautrec. Hoe gaan dit?”
“Middag Johan. Gaan goed dankie”
“Jammer om te hoor van u pa. Ek skakel net om
seker te maak u gaan volgende week se hofsitting bywoon”
“Dis reg Johan, ek vlieg môre terug. Sien jou
dan” en sy druk die
foon af.
Terwyl sy
die kaartjie uitdruk, hoor sy die geluid van ‘n kar wat stilhou voor hulle
deur. Haar ma het gaan inkopies doen – bluikbaar niks om te dra in haar kas. Sy
wonder wie dit kan wees.
Die
voordeur klokkie lui en Karen stap vanaf haar Pa se studeerkamer in die gang af
na die voordeur. Hulle het ‘n massiewe huis – haar Ma glo in spasie.
Sy maak die
deur oop en die man met die spierwit glimlag staan voor hulle deur. “Middag mevrou, ek hoop nie ek pla nie?”
“Goeie middag uhm.. meneer Luyt?” en sy kry ‘n warm blos op haar
gesig. Sy het nie eers gedink om haar gesig te poeier of iets, wat nog te sê
van gaste!
“Andries - asseblief. Is u moeder tuis?”
“Nee ongelukkig nie ... Andries. Kom binne”
Hulle stap
tot in die groot voorportaal en sy beduie vir hom ‘n sitplek. “Dankie” en hy gaan sit. Sy word
meteens bewus van sy blik op haar. Na die begrafnis het hy gereeld vir Ma kom
kuier en Ma geniet hom. Sy gooi selfs skimp dat Karen op ‘n koffie date met hom moet gaan.
“Is als reg vir môre? Jou ma het my vertel van
julle trippie” en
Karen voel half ontbloot. Wat praat haar Ma nie als met hom nie.
“Ja, ekt so pas ons kaartjies uitgedruk so
ja... my Ma drentel weer in die winkels rond om uitrustings vir Hoedspruit te
kry. Sy dink dis Johannesburg of die grote Kaap!” en sy uiter ‘n klein laggie.
Wow, ek kan
nie onthou wanneer laas ek so gelag het nie. Nietemin glimlag rondom ‘n man.
Sewentien jaar terug?
En sy draai vinnig om en vra, “Iets om te drink?” en sonder om vir sy antwoord te wag, stap sy na
die kombuis se kant.
Sy is sommer laf.
“Net
‘n sap sal lekker wees” hoor sy terwyl sy die kombuis binnegaan.
Na ‘n ruk
kom sy met die sap op ‘n skinkbord en gee dit vir hom. Haar ma het nie ‘n
huishulp nie – altans sy glo nie dat iemand in haar huis moet werk nie. Sy is
‘n perfeksionis en doen als self.
“Mevrou as jy enigsins ongemaklik voel met my,
ek sal verstaan en gaan” en Karen kyk vererglik op, “Hoe
bedoel jy? En noem my gerus Karen asseblief” en hy maak sy keel skoon.
“Karen, wel jy is altyd op jou agterpote is ek
in die omtes is. Ek buit nie” en hy gee ‘n breë glimlag.
“Dis nie dit nie. Ek weet net nie wat jou
intensies is nie, dis al” antwoord Karen.
“Is jou geloof sterk? Ek bedoel, glo jy in
gebed ?” vra hy vir
Karen en haar wenbroue lig.
“Waar kom dit vandaan?” vra sy.
“Op die aand wat ek jou ouers vind ... die
ongeluk en als. Ek het so hard gebid vir die Here dat ek my sielsgenoot moet
ontmoet. Dat die Here vir my ‘n teken moet stuur ... en toe ...-”
“Skies dat ek jou onderbreek, maar wat het jy
in Durban gemaak?” vra
Karen. Sy het hom nooit uitgevra en dit het nooit by haar opgekom. Tot nou.
“Ek was ‘n polisiebeampte in Durban en het
verplasing gevra vir hierdie stasie. Ek moes wegkom na ‘n groot teleustelling
en soos jy – ‘n huwelik wat nie uitwerk. Daai aand was ek opaad hierheen. En
nooit in my wildste drome het ek gedink ek gaan ...” en hy bly stil. Vat ‘n sluk van die
sap in sy hand.
“Hoekom hier?” vra Karen.
“Ek weet nie ... ekt net besluit enige plek is
beter as Durban” en
hy staan op en vat Karen se hand. “Jy
was in my liefdesverhaal wat God geskryf het. Dinge moes gebeur Karen. Die
ongeluk. Jou pa. My egskeiding. Die aand by die hospitaal... sien ek moes
wegloop daai aand by die hospitaal want ek kon nie glo ...maar dit als.. als
dit was in Sy plan. Jou egskeiding. My verplasing. En nou hier. Die einde. Ekt
gehoop. Toe neem ek die stap in geloof. En toe kry ek jou – Liefde” en
Karen staan op en ‘n traan rol oor haar wang. Hy vee dit af en buk oor. Hulle
lippe ontmoet by die punt van Karen se seer...
Die Einde.
Karen se
Hoop was aan skerwe
Sy neem ‘n
stap in Geloof
En vind
weer Liefde.
Hoop.
Geloof. Liefde.
Groete,
No comments:
Post a Comment