Na gisteraand se onthulling voel Talana uitgeput. Dis Sondag
en Rikus gaan vandag terug Kaap toe. Sy dink terug aan Sanet se gesig toe sy
haar vra of sy verlief is op Rikus. Haar Ma – of wat ookal se onthulling oor
haar eie ouers. Dalk wou haar eie ouers haar nie eens hê. Dalk moes sy nooit
gebore gewees het nie. Want dis hoe sy nou voel. Verwerp. Sy staan op en draai
die stort oop. Sy staan vir meer as ‘n half uur onder die water en steeds voel
sy vuil. Ontbloot. Naak geskraap van die waarheid. Sy moet hier wegkom.
Sy draai die kraan toe en en klim uit. Draai slegs die
handdoek om haar en loop na haar kas. Sy het lus vir niks vandag. Terwyl sy so
besluiteloos voor haar kas staan, swaai die deur oop. Sy draai om en sien dis
Rikus. Sy klou aan die handdoek en vra “Wat
dink jy doen jy? Mens klop voor jy inkom” en hy lyk woedend.
“Wats jou storie?”
vra hy en kners op sy tande. As hy dit doen, weet Talana hy is kwaad. Regtig
kwaad.
“Waarvan praat jy?”
vra sy heel verbaas. “Hoekom behandel jy
vir Sanet soos gemors? Sy het jou niks gemaak nie. As dit so aangaan – stel ek
voor jy kry jou attitude agtermekaar
of ons vriendskap is verby” en hy draai weer om en klap die deur toe agter
hom.
“Waarvaan praat – “
en die deur gaan oop en dis Sanet. “Hy
is myne en ek sal enige iets doen om dit
so te hou” en sy gee ‘n onderduimse glimlag en draai om. Sy los die deur
oop en Talana haas haar om die deur toe te maak. Wat te hel...
Sy verskoon
haar by ontbyt en gaan draf eerder met Buks. Sy weet nie wat Sanet vir Rikus
vertel het nie, maar hy is kwaad vir haar. En gewoonlik is hulle kwaad is vir
mekaar gaan draf hulle – maar die plaas is nie so groot nie en sy sal by die
tyd in hom vasgeloop het. Sy draf stadiger toe sy besef Buks raak ook moeg. Hy
drink water by een van die lek pype in die wingerd en sy vat ook ‘n sluk aan
haar botteltjie water.
“Ai Buksie, eks ‘n fool” en sy gaan sit op ‘n klip en haal diep asem.
Sy sien vir
Rikus draf tussen die wingerde en hoop hy sien haar nie maar Buks blaf en hy
sien hulle. Sy is in elk gevalte moeg om weg te draf en bly sit. Hy draf aaneen
maar stop en draai om na waar sy en Buks sit. Haar gesig drip van die
sweetdruppels en sy is nog ietwat uitasem. Sy het niks om haar gesig mee af te
vee en gooi sommer bietjie van die water op haar.
Hy kom staan
voor haar. Sê niks en sy kan sien hy is nog briesend kwaad. Maar hy kan nooit
vir te lank kwaad bly vir haar nie. Die lankste wat hy kon kwaad wees vir haar
was op hoërskool toe sy en haar vriende sy Biologie taak vernietig het. Dit het
hom weke lank geneem om die “brein” te ontwerp en hulle het gedink dis snaaks.
Maar die is
baie meer ernstiger.
Hulle kyk
mekaar aan en Rikus besef sy is te hardkoppig om eerste te praat.
“Eks jammer oor vanoggend ... dis net... ek
hou rêrig baie van Sanet. En dis vir my belang –“
“Hoekom Rikus?”
“Hoekom wat?” vra hy.
“Hoekom sy? En hoekom is dit belangrik dat
ek van haar moet hou?”
“Want sy’s ...- ”
“Mooi?” val sy hom in die rede en hy
skud sy kop. “Nee, sy is anders. Sy
verstaan my drome en ondersteun my. Ons deel dieselfde belangstellings en sy is
ook ‘n mediese student – so sy verstaan die vereiste. En ons deel ‘n passie vir
medisyne” en hy kyk na haar. Sy kyk
af grond toe. Haar gesig is rooi. “Ek
weet lankal van jou gevoelens oor my Talana. Dink jy nie ek was bewus daarvan
in graad sewe toe jy nie eers wou hê ek moet vir Helena vra na ons sokkie-dans
toe nie. Jy was toe al so behep met jou gevoelens vir my. En dit is so obvious
maar, ek voel nie dieselfde nie Talana. Jy sal altyd my sussie wees. Eks verlief
op Sanet en respekteer dit asseblief” en hy draai om en draf terug na die
huis se kant. Sy sit en kyk hoe hy verdwyn tussen die wingerde en Buks kom sit
tussen haar bene. Sy vryf oor sy rug en fluister “Ai Buksie... eks maar net ‘n patetiese fool”.
Dis skuins
voor midag-ete en Talana kom by die agterdeur aangestap. Salig onbewus van dit
wat besig is om te gebeur. Ma is besig om die kosse na die eetkamer, toe sy vir
Talan gewaar. “En waar kom jy nou
vandaan jonge dame?” vra Ma en sonder om haar te antwoord loop sy reguit na
haar kamer. “Talana!”
“Moet nie vir my opskep Ma” en sy gooi
haar deur toe agter haar.
Almal geniet
die middagete in harmonie en Talana lê
met haar oorfone en luister na musiek op haar i-pod. Dis die hartseer melodies
wat haar hartsnare roer en sy kan nie help om te huil nie. Die stil huil – waar
die trane uit jou siel loop. Sy lê so vir meer as ‘n half uur en hoor nie die
geklop aan haar deur nie, maar sy voel iemand hier op haar bed kom sit. Sy maak
haar oë oop en sien deur die trane deur dis Ma. Sonder om enige iets te sê, kom
sy regop en lê op Ma se skoot en snuk. Soos toe sy ‘n kind was en die lewe net
te veel geraak het – dan het Ma altyd gesê sy moet op haar skoot kom lê en haar
hare geborsel. Sy is wel vier-en-twintig maar voel soos ‘n ses jarige
dogtertjie op Ma se skoot.
“Hoekom moet dit met my
gebeur, ma? Ek het nie gevra hiervoor nie...” sê sy deur die snikke.
“Dis
deel van grootword, my kind en jy is nog jonk” troos Ma haar. Sy voel half
jammer vir die kind.
Dis
vertrektyd vir Rikus en Sanet en Ma staan op om hulle te gaan afsien. Talana
staan ook op want dis net goeie maniere om mense af te sien. Dis ‘n lang pad en
sy wil nie hê dat hulle so uitmekaar moet gaan nie. Die gegroetery is kort en
hulle vertrek. Ma loop weer terug huis se kant en Talana agterna. “Ma..” roep Talana.
“Ek wil medies gaan studeer volgende jaar”
“Talana, nee...?” en ma kan nie verstaan waar kom die
skielike belangstelling in dieselfde veld wat Rikus is – nou vandaan.
“Hoekom nou? Jy het geleentheid gehad om te studeer
maar jy wou nie. En hoekom medies?” vra ma,
“Dit klink ideaal. Dink net, twee dokters uit een
huishouding?” antwoord sy maar maak geen oogkontak met Ma. Want
daar is vuur in haar oë. Sy gaan vir Rikus wen. Die manier hoe hy praat oor
Sanet – is hoe my moet praat oor haar. En medies, natuurlik.
“Talana, hoekom kies jy nie net iets makliker, soos
onderwys of verpleegkunde? Onthou jy is reeds vier-en-twintig en om nou medies
te gaan studeer... dis vyf jaar my kind. Rikus het al van skool af geweet dis
wat hy wou doen en hy is al so te sê klaar ‘n dokter. En ek weet hoekom jy dit
wil doen so, dit gaan nie werk nie. Mens doen nie dinge om iemand anders
gelukkig te maak nie. Wie sê jy gaan dit geniet?” en
ma kyk haar stip aan. Talana kyk na ma en besef sy is reg. “Oraait, onderwys dan” en loop verby ma na die kombuis.
In
die volgende weke, kan Ma kan nie help om die gevoel van onrus af te skud nie.
Talana is anders – of sy verbeel haar. Die kind sprankel en is gelukkig. En een
aand na aandete vra Ma haar reguit, “Is
daar iets wat ek moet weet Talana?”
Heel
verbaas lig sy haar wenkbroue en vra,
“Hoe bedoel ma? Eks net gelukkig?”
“Maar ‘n paar weke gelede was jy in sak en as oor
Rikus en nou?”
“Ekt aanvaar hy gaan my nooit in so lig sien nie so,
dis fine” antwoord sy. En loop sing-sing na die kombuis waar sy
– sonder dat ma hoef te vra – die tafel afdek.
Weke
stap aan en nadat Talana aansoek gedoen het om die volgende jaar onderwys te
gaan studeer ontvang sy die antwoord terug op e-pos. Sy het ingekom by
universiteit van Stellenbosch. Dis nou wel nie naby Rikus nie maar dis vêr
genoeg van die huis af. Sy kort die wegkom. Almal is baie bly oor die nuus en
die Vrydag besluit ma en pa dat hulle ‘n braai vir haar reël en nooi van haar
vriende en ook vir Pieter. Sy is so bly om van haar skoolmaats te sien – van
hulle is al getroud en ander het al suksesvolle loopbane maar vanaand voel dit
weer lekker om hulle weer te sien. Die kuier is baie gesellig en almal gesels
oor en weer en niemand sien dat daar nog ‘n motor stil gehou het nie.
Dis
Rikus.
Pieter het hom vertel van vanaand en dat sy gaan weggaan. Hy moes net weer met haar kom gesels.
Pieter het hom vertel van vanaand en dat sy gaan weggaan. Hy moes net weer met haar kom gesels.
Pieter
en pa is besig om te braai en sy en haar vriendinne gesels oor wat in hul
lewens gebeur het na skool en sy voel so gelukkig. Sy lyk baie gelukkig. Rikus
staan op die stoep maar nie een van die span besef hy is daar nie. Hy het sy ma
laat weet dat hy kom. Hy kyk vanaand met ander oë na haar. Sy lyk op haar heel
gelukkigste. Miskien moes hy net nie
gekom het vanaand nie, dink hy.
Sy
praat met soveel opwinding en haar oë blink.
Hy
wou omdraai maar dan sien hy iets. Hy sien hoe Pieter speels aan haar skouer
vat en dit vererg hom. Sy gee nie om nie, maar hy doen.
Pieter
fluister iets in haar oor en dan is daar ‘n gelag. Een van haar krulle val oor
haar gesig en Pieter sit dit agter haar oor. En hy kan sien hoe sy ongemaklik
raak. Hy maak hom gereed om oor te stap maar ma kom staan agter hom en sê,
“Los hulle Rikus. Sy is uiteindelik weer haar ou
self...”
“Maar Ma, sy ...”
“Sy wat? Sy is groot genoeg om vir haarself
op te staan. Die kind was die afgelope paar weke op en af met haar emosies. Los
haar. Dis haar aand. Moet dit nie vir haar bederf nie” en hy draai weer om
en gaan na sy kamer.
Hoekom
het hy kwaad geraak vir Pieter?
Wag
vir volgende,
Groete,
LeesMuis
No comments:
Post a Comment