Translate

Monday, September 10, 2018

Die Liefde is nie vir almal beskore nie- Tempo



Die volgende dag kom Sofia vroeg in om skoon te maak. “Eish” sê die kort,gesette vrou. Sy werk al vir 11 jaar by Karen en Francois. Sy het al meeste van Karen se trane, opdraende en sugte gesien. Francois se rondlopery het maar Karen se selfbeeld afgebreek. En die talle kere van probeer om kinders te kry.
EN dit het Sofia als gesien.
“Môre missies” sê sy terwyl Karen die voorkamer beinneloop.
“More Sofia. Ai, dankie vir die koffie” sê Karen terwyl sy net die koffie vat en weer terug gaan na haar kamer. “En eks nie hier vandag.. ek bedoel… as die foon lui” en sy beduie na die huis foon.
“Als reg missies” antwoord Sofia.
Karen loop weer na haar kamer en maak die deur toe agter haar. Sy kan nie die dag face nie. Sys moeg – fisies en emosioneel. Sy wil nie dink aan gister se onderonsie met Francois nie. Hy doen dit elke keer en sy gaan nie die keer toelaat dat hy haar intimideer nie. Sy het al so baie verloor in die sewentien jaar wat sy getroud was met Francois. Haar familie het haar afgeskryf, haar vriedninne het haar gewaarsku maar nee… sy was ‘n fool.
En hier is sy. In haar laat dertigs en het niks om te bewys nie. Syt niks kinders, sy het of hoef nog nooit te gewerk het in haar lewe… Sy het alles op ‘n skinkbord ontvang… en dit is dalk hoekom dit altyd so moeilik was om te gaan. Sy het nie ‘n lewe buiten Francois en die 4 mure van haar massiewe huis nie. Dis als sy geld en sy eiendomme. SY moet begin dink aan wats volgende.
Wat gaan ek doen…
Sy staan by haar venster en loer oor die grasperk waar kinders veronderstel was om te baljaar. Dis leeg.
Haar lewe is leeg.
Haar hart is leeg.
En Karen word hartseer... waar het sy haarself verloor? Waar het dinge verkeerd geloop? Hoe kom sy toelaat dat Francois als vat.
Net vat.
Terwyl sy in haar diep gedagte-gang is lui haar persoonlike foon. Sy kyk op die skerm en sien dis haar Ma.
“Hallo, Karen. Dis Ma”
“Hallo, Ma…” en Karen se stem raak hees. Ai, hoe weet haar Ma ook net wanneer om te bel.
“Is jy okay? Jammer ekt jou oproep gemis gister maar ek en jou Pa is met vakansie in Durban” sê haar Ma. Sy is die oudste van drie kinders, maar haar pa het haar onteërf. Karen se ouers is welgesteld en haar twee broers is ook al twee gelukkig getroud en woon oorsee. Haar Ma skakel haar gereeld en sy geniet dit om met haar te gesels, maar haar Pa wou niks met haar te doen hê nie. Hyt haar net so afgeskryf…
“Ja, Ma ek wou net bietjie gesels …” en Karen maak haar keel skoon. Sy het nog nie vir haar Ma gesê van die egskeiding. Haar Ma sal haar ondersteun maar ha Pa …
“Iets is fout Karen, jy weet jy kan enige tyd vir Ma iets sê …” en sy hoor ‘n gevroetel aan die ander kant van die lyn.
“Ma, ek gaa- …”
“Ek moet gaan. Jou Pa is oppad” en die foon word afgeskakel. Die reël was dat hulle geen kontak maak met haar nie. En sy mis hulle elke dag van haar lewe. Maar syt gekies en sy het Francois gekies. Sy draai om en sit die selfoon op haar bedkassie en gaan sit op die punt van die bed. Die geraas van die stofsuier pla haar nie eens en sy kruip weer in haar bed. Dis die veiligste plek om te wees nou en sy maak haar oë toe en haar ouers se beeld kom voor haar.

As kind het Karen baie bevoorreg groot geword. Sy was die laat lammetjie van haar ouers. Haar Pa se oogappel.
Sy kon hom om haar pinkie draai. Haar twee broers, Stefan en Dewald was haar twee heroes. Is nou nog. Dewald, die oudste is ‘n tandarts en woon in Kanada met sy vrou en twee pragtige dogtertjies. Stefan, die engineer woon in Australie met sy vrou en seuntjie. Haar Pa was teleurgesteld toe Karen – op negentien besluit om met Francois te trou. Sy het geleentheid gehad om universiteit toe te gaan en haar ouers trots te maak, maar sy wou trou. Haar Pa het haar ‘n keuse gegee - Francois of hulle. En sy het Francois gekies. Hy het haar onterf en alle bande met haar afgesny. Haar Pa is ‘n baie redelike man, maar hy en Francois se familie geskiedenis kom al te lank aan. En op ‘n klein dorpie sterf feute nie gou.

Sy besef as sy skei stap sy weg met niks – as Francois so kleinlik sal wees. Syt nog nooit gewerk of selfs enige tipe kursusse bygewoon nie. Sy is ‘n tipiese trofie-vrou aan die sy van ‘n suksesvolle sakeman. Daar is ‘n klop aan haar deur en dis Sofia. “Missies, is jy oraait? Ekke wil weet of jy gaan eet?” Karen besef dat sy het ingesluimer en dis al tyd vir middagete.
“Jammer Sofia…” en sy vee oor haar slaperige oë. Sy lyk seker soos ‘n wrak, dink Karen.
“Dis okay missies. Als gan okay wees…eke belowe djou. Ek sien mos missies huil net heel dag en aldag. Dinge gan okay wees.” Sy kom sit op die bed langs Karen. Sy kan sien haar oë is dikgehuil. Karen sit ook nou regop en besef Sofia is tog al mens met wie sy kan praat.
“Dankie Sofia. Dis goed om te weet. Dankie vir jou … ek dink jy ken my beter as enige ander mens” en Karen sak haar kop en kan nie help om skaam te voel voor haar huishulp.
“Dis okay missies. Djy was altyd goed vir my.Ekke weetie wat ek gan doen as djulle mekaar los nie” sê Sofia.
“Ons is nog nie daar nie Sofia. Niks is finaal want Francois …” en Karen hoor die gestop van ‘n motor enjin. Wonder wie dit kan wees. Sofia sê sy gaan kyk wie dit is en Karen moet uit die bed opstaan en regmaak.
“Die lewe gaan aan missies” sê sy en stap uit. Sy kom by die deur en sien dis ‘n man. Sy ken hom nie, maar maak die deur oop en stap tot voor die hekkie.
“Goeie middag meneer, Kan ek help?”
“Goeie middag. Is Mev Lautrec hier? Dis Johan Ehlers, haar prokureur”
“Ek roep haar gou, meneer kan solank inkom” antwoord Sofia. Hy loop agter haar en sy beduie waar hy kan sit. “Ek gaan haar roep. Wil meneer tee hê?”
“Dit sal baie lekker wees dankie” antwoord Johan.

Terwyl Karen haarself regmaak, maak Sofia die tee in die kombuis. Die voorhuis ryk na skoon laventel – moet die skoonmaak politoer wees wat Sofia gebruik het om skoon te maak. Sy het die gebreekte glase vervang met nuwe glase – trou geskenke wat nooit oopgemaak of gebruik was van sewentien jaar terug. Mens sal nie eens besef daar was gister ‘n insident en meeste van die glase was gebreek nie.
Karen maak haar hare in ‘n gewone bolla wat in haar nek hang en trek net ‘n gewone t-hemp en swart denimbroek aan. Sy gee nie juis om of Johan haar gaan judge nie en wonder waroor kan die onbeplande kuier van haar prokureur wees.
“Middag Johan” kom Karen ingestap en sy steek haar hand uit om te groet.
“Middag mevrou” sê die jong prokureur.
“Noem my Karen asseblief!” en hulle gaan sit.
“Verskoon my onverwagse kuier, maar ekt vandag ‘n oproep gekry van Mr Lautrec se prokureur…” begin Johan.
“Ek luister” en daar gaan ‘n koue rilling deur Karen se lyf. Na die laaste ontmoeting by Francois se prokureur - Jan se Kantoor het sy besluit om haar eie prokureur te kry. Hy sou in elk geval in Francois se guns optree.
“Hyt laat weet dat Francois die egskeiding teenstaan en geen dokumentasie gaan teken”
“Hoekom?” en op daai oomblik voel Karen so magteloos. Na als wat Francois gevat het, soek hy nog haar vryheid ook.
“Hy dink daar is ‘n kans dat die huwelik gered kan word deur terapie” en Johan sit sy koppie op die tafel langs hom.
“Is dit so? Ek dink dis absurd. Hy mors my tyd met sy speletjies” en Karen sug.
“Ek wil net weet of u – Karen wil hê ek moet voort gaan met my papierwerk andersins stel ek voor julle werk die verskille uit” sê Johan.
“Wat doen ek nou? Intussen?” vra Karen.
“Geen kontak sal ek voorstel” sê Johan.
“Hoe doen ek dit? Dis sy huis, sy kar wat ek ry, sy geld wat ek spandeer?”
“Ek weet. En hy gaan tien teen een al jou kaarte blokeer, maar hy kan nie ophou om vir jou te sorg nie. Dit was sy voorstel om vir jou te sorg” sê Johan.
“Ai..” en Karen sak terug in haar stoel. Moedeloos. Woordeloos.
“Dis al wat ek wou sê” en Johan staan op. Karen staan ook nou op en skud weer sy hand. “Dankie”
Hy stap uit en sy vergesel hom na sy motor. Hy klim in sy motor en net toe hy wou aanskakel kom daar nog ‘n motor stilhou. Dis Francois. Karen staan verstom want sy sien hy is nie alleen nie. Die blondekop sit ook in die motor. Hy klim uit en kom aagestap.

“Middag Karen, sien jy laat nie gras onder jou voete groei nie” en beduie na Johan. “Middag Francois” sê Karen. Sy gaan hom nie reghelp nie, want hy het reeds aanbeweeg. Hy kan dink wat hy wil.
“Ek dog ek kom sê jou persoonlik. As jy van my wil skei, verloor jy als. Ek soek my huis, my kar en my kredietkaarte in jou naam. Jy weet jy stap uit die huwelik met niks . Jy is niks” en hy stap tot voor haar en fluister in haar oor “En sê vir jou boyfriend hy kan vir jou ‘n heenkome verskaf” en hy gee sy arrogante smirk, knipoog en draai om.Hy klim in sy motor en ry weg. Johan klim uit die motor env ra of sy okay is en Karen antwoord “Als reg” en hy klim weer terug in sy motor en ry weg. Karen draai om en stap die huis binne.
Sy is in ‘n hoek.
Francois het haar in ‘n hoek.
Wat gaan sy nou doen?

Die Liefde is nie vir almal beskore – Tempo
Nog net een laaste storie oor, kom ons kyk wat Karen gaan doen.

Groete,
LeesMuis


No comments:

Post a Comment