Translate

Monday, September 10, 2018

Verbode Vrugte - Onthulling



Talana & Sanet sit in stilte terwyl Rikus ook nou by hulle aangesluit het. Talana word met die waarheid gekonfronteer en sy weet nie wat om te dink of te sê nie. Wat haar besiel? Sy verskoon haarself en gaan lê in haar kamer. Sy besef dis die eerste keer dat iemand vir haar direk vra hoe sy oor Rikus voel. Ma hoor die ligte snukke en klop aan haar deur. “Talana, kan ek inkom?”
Sonder om te wag vir ‘n antwoord kom Ma binne. Talana lê op die bed in ‘n bondel opgetrek. “Wats fout kind?” vra Ma.
“Ma… ek … ek …” sê sy snukkend en kan nie ‘n woord uitkry nie. Ma kom sit op die kant van die bed.
“Talana, praat met my asseblief” sê Ma met ‘n sagte stem. Sy draai om en kyk vir Ma met dikgehuilde oë.
“Ma, hoekom het ek gevoelens vir Rikus? Hoekom voel ek so seer om hom met iemand anders te sien?” vra sy.
“Talana, my kind ek … ek …  weet nie” antwoord Ma en vryf oor haar hare. Ma moes al lankal vir haar die waardheid vertel het, dink sy.
“Talana, jy weet ons is baie lief vir jou en toe ons jou inneem het ons jou soos ons eie groot gemaak” begin Ma,
“Ons het als in ons vermoë gedoen om seker te maak jy voel nie soos ‘n buitestaander. Ek bedoel, jou ma was my enigste suster en as ek dinge anders kon hê sal ek haar eerder by my wil hê. Maar ekt haar belowe ek sal na jou kyk. Ek dink dis tyd vir die waarheid, my kind”

Talana sit nou regop en kyk Ma baie verbaas aan. “Waarvan praat Ma?”

“Jou Ma en ek was nie rêrig susters nie. Ons was in dieselfde kinderhuis ja, maar ons was nie eie. Sy was altyd so ‘n sonneblom mens… sy het die kinderhuis dae die moeite werd gemaak. Na skool was sy weg Vredenburg toe en ekt maar agtergebly op Baufort. Pa was ‘n werker by die stasie en ekt ‘n werk by die poskantoor gehad. Dis waar ek my hart verloor het, en ons moes toe terug plaas toe in De Doorns. Die familie-plaas het vir Pa gewag. En ek was so bly vir die geleentheid om oor te begin... ekt ‘n man gekry wie vir my lief was en my aanvaar net soos ek is. Kinderhuis of te not” en Ma se oë skiet vol trane. “Jou Ma en ek het weer na ‘n lang tyd met mekaar in kontak gekom en ek was so bly. En ekt nooit geweet jou ouers het probleme gehad nie dis hoekom jou Ma die laaste maande van haar swangerskap op die plaas deurgebring het. Ek was ook swanger met Rikus. Ekt dit geniet om haar hier te hê. Veral daai tyd.Maar jou ma het ‘n stryd van haar eie geveg en ek was nie eers bewus daarvan…”

“Ma dis okay… dis okay” val Talana vir Ma in die rede, maar Ma lug haar hand om te wys dis okay.
“Jou Ma was baie belangrik vir my, maar sy was nie my eie suster. So dis normal dat jy gevoelens ontwikkel vir Rikus. Hy is nie jou neef of broer of enige iets nie. En ek was so bang vir die dag, maar dis okay. Ek blameer jou nie” en Talana leun vorentoe en gee Ma ‘n drukkie. Sy sit nou met meer vrae as antwoorde.

Wat gebeur volgende?
Ons praat weer,
LeesMuis

No comments:

Post a Comment