Translate

Tuesday, October 16, 2018

Verbode Vrugte – Berusting




Verbode Vrugte – Berusting



Die volgende oggend lê almal laat – dis net Ma se gewoel in die huis wat almal maar wakker maak. Talana was skaars bewus van Rikus se skielike terugkoms – haar aand met haar skoolmaats was fantasties en sy sien uit na die nuwe hoofstuk van haar lewe. Sy het net gisteraand weereens intens bewus geraak van Pieter se teenwoordigheid in haar lewe. Hy raak nou aantreklik – hoor! Hoekom het sy dit nooit raak gesien nie? Sy arms is die van ‘n werker – sterk en groot.
Sy kan voel hoe haar gesig warm raak, ag lawwe ou siel! Dalk moet sy tog vir hom ‘n kans gee. Rikus is op die agtergrond en sy het nie krag om te kompeteer teen die beeldskone Sanet nie. Sy voel weer soos die ou girl – Talana got her groove back!
Sy staan half huiwerig op maar dan besef sy – dis Saterdag en sy moet saam met ma gaan inkopies doen. Sy stap na die stort en skakel dit aan. Sy gaan sommer haar bos krulle omder die water gooi en die manier kry dit ook lewe.
Sy glip in ‘n paar jeans en gemaklike t-hemp en toe sy stap na die voorhuis hoor sy mans stemme in die buitekant. Sy kan sweer dis Rikus!
Toe sy buite kom sien sy dit is hy – en sy probeer wegskram maar Pa roep “More Talana – kom kyk wie is hier!”  en sy het nie ‘n keuse om om te draai en te groet.
“Môre almal!” en sy draai vinnig weer om. Sy het nie krag om na die laaste gesprek met Rikus – tussen die wingerd- te face nie. Sy gaan soek na waar Ma is en verdwyn in die huis. Hulle is skaars bewus van haar afsydige gegroet en gesels verder oor rugby. Talana stap in die gang af en roep na Ma.
“Ek kom” hoor sy ma antwoord.  Sy draai terug en gooi van die varsgemaakte koffie en gaan sit op een van die kombuis stoele. Sy voel effe moeg na die gekuier, maar dan kom daar ‘n onverwagse glimlag op haar gesig.
Pieter.
Rikus kom ook sy glas in die kombuis terug bêre toe hy haar sien glimlag alleen. “Hi” sê hy ongemaklik en skuur verby haar om die glas in die sinkbak te sit.
“Môre...uhm..nie geweet jys op die plaas nie. Dis...uhm..onverwags” en sy laat sak haar ongemaklike blik. Sy kan skaars haar woorde kies as sy vir Rikus sien.
“Ja, ekt een van my handboeke vergeet...so...ekt dit kom haal” antwoord hy.
“Goed. Eks bly” en sy vat ‘n sluk van haar koffie. Hy wou iets sê maar Ma kom ook nou ingeloop en sê vir Talana sy moet klaar drink – hulle gaan nou ry. Sy wonder nie eens wat hy wsou sê nie, want sy voel die paar weke het haar geleer om sonder Rikus te cope. Sy het haar patetiese skryfblok uiteindelik weggegooi – geen briewe vir Rikus meer. Sy het net twee maande oor op die plaas – voor sy dit gaan verruil vir die sonnige Stellenbosch waar sy haar studies gaan voortsit.
Sy en Ma het ‘n goeie geleentheid om die laaste van haar tyd op die plaas te geniet – dis hoekom hulle elke Saterdag oggend eers sit en ontbyt eet – sy noem dit girls time.
“So,is jy gereed? Hoe voel jy oor die nuwe stap?” begin Ma terwyl hulle wag vir hulle bestelling.
“Ek voel baie oopgewonde ma. Tarien sê my Stellenbosch is ‘n baie pragtige dorpie en ek sal sommer gou inpas..Ma weet wie’s Tarien? Syt mos ook onderwys daar geswot” verduidelik sy want ma kyk vraend na haar.
“Oh, dominee se susterskind! Ja, sy is ook ‘n liewe kind. Sy het mos so ‘n jaar gelede getrou – as ek my nie misgis nie?”
“Einste! Meeste van my vriendinne is al getroud Ma... soms wonder ek..”sê sy sugtend.
“Jong als gebeur met tyd Tallie-kind. Jys nog jonk. Daar is nooit ‘n regte of verkeerde tyd om te trou nie. Solank julle lief is vir mekaar – tel die res nie” en Ma druk haar hand styf vas. “Ek sien dinge is besig om te gebeur tussen jou en Pieter” probeer Ma die gesprek in ‘n ander rigting in stoot.
Sy glimag en ‘n rooi blos vul haar wange. “Ma!” en sy sit haar hande op albei wange. Die kelnerin kom nou hulle koffie neersit en dan kom ‘n tweede een met die ontbyt. Hulle eet, gesels en sit nog vir so uur en dan kyk Ma na die tyd. Dis tyd om aanstaltes te maak – Ma betaal en dan stap die tweetjies na die bakkie. Die plaas is stil – nog ‘n rustige Saterdag. Sy sal seker vir Pieter moet gaan kuier want dis mos hulle beurt vandag. Pa en Rikus sit en kyk rugby. Sy en Ma dra al die inkopie sakke na die spens en dan pak hulle dit uit. Dis net ‘n gesels en gelag – ai tog. Sy gaan die Saterdae so mis, maar sy sien terselfde tyd ook uit na die nuwe seisoen in haar lewe. Sy voel gereed.
“Dis lekker” en albei kyk om en dis Rikus wat vir hulle dophou. “Talana – jy’t ‘n gas hier buite”
“Ek kom nou” sê sy en trek net haar t-hemp reg. Sy verwag niemand, dink sy. Dis Pieter. Sy glimlag breed toe sy hom sien en vra, “Hi” sê sy ewe skaam.
“Middag. Ek wou net luister of jy nie saam met my kan gaan fliek nie? Ek weet dis die braai vanaand maar ek dink sekerlik ons ouers kan sonder ons twee braai?” en hy glimlag ook skaam. Hy het die mooiste glimlag – spierwit tande. Sterk gesig struktuur – die van ‘n tv-held. “Ja of...?” en sy vergeet skoons waaroor die vraag was.
“Ja, natuurlik!” en sy gee ‘n stuitige laggie. Word skoons rooi in die gesig. Rikus kom ook nou aangestap en vra ewe sarkasties, “Wat doen ons drie masketiers voor die braai?” hy het die hele gesprek gehoor en wou seker maak dit boomerang.
“Jammer ou maat, ons het reeds planne” sê Pieter en Talana kan skaars in Rikus se oë kyk.
 “Rêrig? Komaan julle sien my een keer in hoeveel maande en maak wraggies planne sonder my?” hou hy dik en Pieter sê toe uiteindelik, “Dis reg dan. Ons drie kan gaan fliek” en Talana se gesigsuitdrukking verander onmiddelik, maar sy sê niks.
“Mooi, laat weet net hoe laat” antwoord Rikus en gee ‘n ligte tik aan Pieter se skouer. Hy draai om en stap na die kombuis se kant toe.
“Sien jou later Talana” sê hy en draai om. Hy lyk soos sy voel. Teleurgesteld.
Syt gehoop hulle kan die aand alleen spandeer.

Maar nou ja.

Rikus speel ‘n gevaarlike speletjie....

Tot volgende keer,
LeesMuis

No comments:

Post a Comment