Hallo mede LeesMuise!
Wat 'n laaaaaaaaang stilte was dit?! Mamma Muis het 'n kleintjie Muis gekry en die stilte was as gevolg van mamma-skap! Ons is terug en ons soek 'n kreatiewe skrywer wat kan help met die skryf van haar/sy eie kreatiewe skryfstukke.
Dit word dan weekliks opgelaai op die blog en dan selfs op die Facebook blad, met die skrywer se foto as krediet.
My stories gaan aan soos gewoonlik, maar dan het ek ook 'n ander skrywer wat haar/sy stories vir ons skryf. Hoe cool is dit??
Meeste stories is in Afrikaans, maar daar sal ook stories in Engels wees. Dis nie 'n betaalde posisie nie, omdat skryfwerk meestal in vrye tyd gedoen word en ek verwag nie die "perfekte" storie nie. Maak spelfoute, want dis waaroor dit gaan.
Laat die kreatiewe "juices" vloei, LeesMuise!
Groetnis,
Mamma-Muis

No comments:
Post a Comment