Translate

Tuesday, March 3, 2020

Verbode Vrugte - Vuurrooi

Terwyl Talana besig is om haar gereed te maak vir die aand uit, is daar 'n ligte kloppie aan haar kamerdeur. "Binne" antwoord sy. Dis mamma. "Is jy al gereed? Pieter wag al in die voorkamer" sê ma en gaan sit op die bed.
Talana se hare net in 'n speelse bolla en sy het baie ligte grimering aan. Sy dra 'n rooi rokkie met plat sandale, sy lyk nogals goed - dink sy terwyl sy haarself beskou in die spieel.
"Hoekom is Rikus hier Ma?" vra sy terwyl sy haarself bekyk in die spieel.
"Ek dog hy't een of ander boek vergeet?" antwoord Ma heel ongeërg. "Hoekom vra jy?"
"Hy dring hom wraggies in my en Pieter se date!" en haar gesig word meteens rooi.
"Maar nou verstaan ek nie? Ek dog julle almal gaan tog uit?" vra Ma en hou haar stip dop.
"Ja, maar ekt so gehoop ons kon -" en sy wou verder praat maar dan onderbreek 'n klop aan die deur.
"Talana ons wag vir jou!" skree Rikus aan die ander kant van die deur. Sy sug.
"Geniet die aand" sê Mamma.
"Ek sal probeer" en sy tel haar handsakkie op en stap uit. "Ai, die kinders.." sit en dink Ma hardop.

********************************

Die rit na die naaste teater is om en by vyf-en-veertig minute, maar vir Talana het dit gevoel soos tien dae. Daar is 'n ongemaklike stilte wat heers - net hier en daar wat Pieter en Rikus so flou grappies maak. Sy kan voel dat Pieter ook nie gaande was oor die idee nie. 
By die teater aangekom, is daar slegs twee rolprente wat wys en daar word tussen die drie besluit - A Walk To Remember.
Dis 'n baie ongemaklike oomblik vir Talana - sy sit in die middel van Rikus en Pieter. Haar kop is glad nie by die fliek nie. Sy dink aan elke moontlike kere toe sy haar hart uitgehuil het oor Rikus. Wat sal hom tog besiel om nou ewe skielik so arrogant te wees teenoor Pieter? Sy was blind om tog nie vir Pieter raak te sien nie. Pieter se gedagte dwaal ook in die verre ruimte in. "Wat is Rikus se storie?" dink hy. Hy het dan tog 'n verloofde of so iets. Hoekom probeer hy elke moontlike geleentheid wat hy en Talana het, ruineer? Hy vererg hom.

Na die fliek besluit Pieter hy gaan nie langer die pose opsit nie en verskoon homself. Talana voel half skuldig want as sy nie so 'n obvious obsession gehad het met Rikus, sou albei van hulle nie hier gewees het nie.
"Dit was 'n lank aand. Ek dink ek gaan vroeg inkruip" is Pieter se flou verskoning.
"Dis regso. Baie dankie vir die aand. Dit was baie niceen gee 'n flou glimlaggie.

Tuis aangekom en Mamma sit in die kombuis en drink tee. Bekommerd vra sy, "Hoe was die fliek?" maar Talana mompel net iets en verdwyn na haar kamer. Rikus kom ook agterna maar sluit sommer by Ma aan.
"Wat maak ma so laat op?" vra hy heel ongerg.
"Eks bekommerd oor julle kinders...ai vir wat sleep jy saam met die verliefdes?" en sy vat 'n sluk van haar tee.
"Hoe bedoel ma? Ons is gewoond as 'n groep uit gaan. Wat makeer hulle twee?" en vroetel met sy selfoon in sy hand.
"Ek dink hulle twee is besig om verlief te raak op mekaar en buitendien gaan Talana universiteit toe en hulle gaan mekaar so min sien" en ma kyk hom vas in die oë. Hy raak so ongemaklik en staan op.
"Ek gaan dit nie toelaat nie" en stap weg.

Ma sug.

Wat sal Rikus tog nou makeer? Hy het dan sy stads poppie. 

Wat gaan deur Rikus se kop, julle?

Tot volgende keer.

Groetnis,
LeesMuis






















No comments:

Post a Comment