Translate

Tuesday, October 16, 2018

Wit jassies & Donker Geheime : Hooftsuk Een

Wit jassies & Donker Geheime : In boekvorm


 Hooftsuk Een

Vandag is weer een van daai dae wanneer Dokter Anke Bouwer dink sy het die verkeerde beroep gekies. Die ongevalle se wagkamer is propvol en hulle is te min dokters. Sy hoop net sy kan betyds by Lukas se konsert wees. Oh hel! Sy het nog nie eens sy konstuum gaan optel nie en sy stap na die klein observasie kamer en vra dat een van die verpleegsters ‘n nommer vir haar skakel. Sy kan nie glo sy het dit vergeet nie, maar wie kan haar kwalik neem as sy hier besig is om lewens te red en mense gesond te maak?
“Middag Franèke, dis Anke hier. Is jy beskikbaar vanmiddag?” ai, die is haar heel,heel beste vriendin en sy sal absoluut enige iets doen vir Lukas. Sy reël met Franèke om die kostuums te gaan optel en ook hom hom betyds by die saal te kry, want sy gaan tien teen een laat wees. Dis Vrydag en gewoonlik loop die ongevalle en dit help nie juis dat twee dokters op een slag bedank het nie laas maand nie... sy het nog vier pasiënte wat wag om gehelp te word en sy kyk na die tyd. Dis kwart-oor-drie en die konsert begin vyf uur.
Ag, Vadertjie tog!
Sy is besig om die laaste pasiënt se apteek voorskrif te teken – toe haar bleeper afgaan. Sy sien dis ‘n noodgeval en teken klaar. Sy hardloop die gang af waar die verpleegster haar benodig en sien dis ‘n vrou besig in kraam. Dis reeds twintig-voor-vyf en sy moet ten minste stort en hare kam... sonder om te huiwer, vat sy dame en stoot die rystoel in die rigting van kramsale.
Seriously.
Die geboorte is glad nie lank nie maar Anke loer kort-kort na die tyd. Als is toe uiteindelik klaar en sy verseker dat die verpleegster aan nagdiens weet wat om te doen. Sy kan skaars haar rondtes doen, want sy is reeds laat. Sy spring in een van die personeel storte en kam net so vlugtig oor haar hare. Sy glip in gemaklike klere – nie eers fancy nie, maar ordentlik. Sy haas na haar motor en trek weg met ‘n spoed. Verkeer kan ‘n bummer wees, want dis net ‘n paar minute na vyf en almal is op die pad. Sy loer na haar selfoon en sien Franèke het telkemale geskakel, maar sy skakel dit af en ry aan.
Voor die saal hou sy stil en sy kyk op haar horlosie en sien dis ‘n volle vyf-en-twintig minute na vyf. Sy glip in een van die leë stoele agter in en loer na waar Lukas staan. Hy is een of ander boom!
Haar hart sing liedjies toe sy hom daar sien. Hy staan trots – ene bors uit soos ‘n trotse soldaat. Sy kan sien sy ogies loer na die skare mense om haar te sien, maar hy sien haar nie en glimlag dan skaam vir sy tannie Franèke. Hulle klassie se item is klaar en almal staan op om vi hulle hande te klap. Die kinders se gesiggies blink en Anke kan nie help om ‘n traantjie te pik.  Vir ‘n vierjarige is Lukas baie braaf en slim. Hulle beweeg stadig van die verhoog af en die juffrou maak ‘n aankondiging – en sy beweeg vorentoe na waar Franeke sit en skuif verby al die ander ouers deur.
“Waar was jy so lank? Ek dog jyt half vyf klaar gemaak?” fluister Franèke vir haar.
Lank storie, maar eks nou hier. Was hulle nie te oulik nie?” en haar oë blink soos sy praat.
“Hulle was. Jy moes die begin gesien het..aaaaagh onse ou Loekie is net so braaf!” en ander ouers sjuut in die agterkant. Die ligte is nou weer af en dan is dit die volgende klassie se item. Sy kan nie ophou dink aan kleine Lukas se gesig. Hy begin al hoe meer na sy pa lyk. Die blonde hare en blou ogies... en sy sluk die groot knop in haar keel. Dis een van die dinge waarvoor sy gebid het – dat hy nie soos sy pa moet lyk nie. En wragtie waar...
Die konsert is nog so twee ure aan – toe kondig die hoof aan dat die laaste item is op die program. Sy kan sien dat die kleinspan is lekker uitgeput, maar hulle sing uit hulle borsies uit. Sy kon nie wag om hom net vas te druk en te sê hoe trots hy haar maak nie.
Toe hy haar sien, sing hy eers volle bors saam met die breedste glimlag. Toe die liedjie klaar is, gaan haal sy hom en hy kom aangehardloop sonder om te dink aan die ander ouers in die saal. Hy spring in haar arms en sy druk om styf vas.
Mamma het gekom!” sê hy hardop en soen haar nek.
“Ja mamma se seun! Eks so trots op jou! Jy het so mooi opgetree!” en sy swaai hom in die rondte. Sy raak uitasem en sit hom neer. “Die bulletjie raak nou swaar!” sê sy terwyl sy hom neersit. Hy lag uitbundig en sy krul blonde hare val agteroor.
Sy vat sy hand en hulle stap heel laggend kar toe. Sy en Franèke gesels oor ditjies en datjies en hy loop sing-sing. Sy bedank Franeke en belowe haar ‘n kuier – indien sy dit regkry om op ‘n Saterdagaand vroeg by ongevalle uit te kan glip.
“Met die tekort aan dokters sal ons maar sien... hulle het belowe ons kry bystand .. so ek sal môre vir jou whatsapp” en sy gee haar ‘n drukkie en draai om in die kar te klim. Lukas hardloop na Franeke om haar ‘n drukkie te gee – die kind het ‘n diep spoor in hulle lewens getrap. Hy voel soos haar eie. Sy fluister iets in sy oor en hy giggel. Anke stap na die agterste sitplek om vir Lukas in te gordel en sluit die deur. Sy waai vir Franèke terwyl sy wegry. Sy klim in en ry dan ook weg.
By die huis gekom – sy het sommer wegneem etes gekry want dis in elk geval te laat om te kook. Dis Vrydagaand en sy dink om buite op die stoep te sit met haar glas rooiwyn en dan kan hy op die agterplaas speel met Jerry – die boerboel – en sy bal. Sy het net besluit om haar selfoon en bleeper af te skakel want sy wil die aand met haar seun spandeer. Dis ‘n heel koel aandjie, die wind waai net liggies maar dis warm. Die Boland is in Oktober warm – en sy geniet dit want dit beteken hulle kan al swem. En die swembad staan net heel ledig in die agterplaas. Sy sal sommer môre vir Lena sê dat die swembad skoongemaak moet word want die feit dat dit ongebruik staan maak dat die water al half groen getrek het.
Sy sit met haar glas wyn en haar voete uitgestrek op die lazyboy toe sy haar landlyn hoor lui. Sy dink daaraan om dit te ignoreer want haar selfoon en bleeper is af, maar dan voel sy half skuldig.
The Oath.
Sy staan sugtend op en loer net oor die grasperk waar Lukas en Jerry nou baljaar.
“Anke – hallo” antwoord sy.
“Good evening Doctor Bouwer, this is Doctor Reamatse – you were suppose to come and help us tonight .... you know we are short staffed” en sy sug en maak haar oë toe.
“Im sorry but I have an emergency at home – will not be able to come in. Will see you guys in the morning” en sy kan nie wag om af te lui nie.
“Im sorry too but the new doctor is coming in tonight and he needs a senior physician to take him on rounds” hoor sy die jong studente-dokter sê.
“Oh-kay I will come for thirty-minutes but thats it. I already had one glass of wine – so thirty minutes?”
“Yes ma’am agh I mean Doctor”
“Okay, see you in twenty minutes” en sy lui af. Sy sug. Dan vat sy die laaste sluk van haar glas en stap weer na agterstoep en roep vir Lukas. Sy verduidelik vir hom – hy moet maar saam haar gaan want dit gaan nie so lank neem nie. Hulle stap na die motorhuis – sluit weer oop en dan trek sy weer uit.
Terwyl sy hospitaal toe ry, loer sy kort-kort na Lukas. Hy sit en speel met sy bal maar sy besef al hoe meer – die waarheid is besig om uit te kom.

Sy parkeer in die naaste beskikbare parkeerplek. Sy en Lukas stap na die ingang van die hospitaal en voor sy aanmeeld by die dokter’s stasie – neem sy vir Lukas na die hospitaal se kindersentum. Daar is ‘n vier-en-twintig uur rotasie, so daar sal iemand vir Lukas wees. Sy gaan dan na die dokter’s stasie en dis net die drie studente-dokters en die hoof van Trauma. Hy vra haar om die nuwe dokter die rondtes te wys. Sy is besig om met ‘n stukkie papier te vroetel, toe sy die diep mansstem agter haar hoor, sy draai om en kyk vas in die mooiste, wel hys damn aantreklik, man voor haar.

“Goeie naand – Dr Anke Bouwer. Eks Dokter Ewald Steyn” sê die blondekop en hou sy hand uit.
“Naand Dokter Steyn. Bly te kenne” en sy steek heel polite haar hand uit. Sy kan nie help om ietwat ‘n blos om haar vaal kiewe te kry nie. Die rotasie is vinnig – en die ongevalle is nog nie so besig nie en sy kyk na haar horlosie en dink sy behoort nog so twintig minute besig te wees.
“Iewers belangriker om te wees, dokter?” vra Ewald – die nuwe dokter.
“Nee ...uhm glad nie” antwoord sy.
Sy noem aan die studente-dokters dat as hy enige iets benodig – hulle is meer as bekwaam om vir hom te assisteer.
“Wat van ‘n koffie – een of ander tyd? Jy’s mos nog nie getroud of enige iets?” en hy beduie na haar hande.
“Nee dankie. Ek doen nie koffie met kollegas” en sy draai om. “Jy behoort oraait te wees”
Soos sy stap, kan sy voel hoe haar hart al hoe vinniger klop.. Sy weet nie. Sy het lanklaas so gevoel. Die man maak haar onrustig...



Bly ingeskakel – Wit jassies & Donker Genheime.

Groete,
LeesMuis

1 comment:

  1. Is hierdie storie klaar, wil graag weet of ek die ander hoofstukke ook kan lees asb...

    ReplyDelete