Wit jassies & Donker Geheime : In
boekvorm
Hooftsuk Een
Vandag is weer een
van daai dae wanneer Dokter Anke Bouwer dink sy het die verkeerde beroep
gekies. Die ongevalle se wagkamer is propvol en hulle is te min dokters. Sy
hoop net sy kan betyds by Lukas se konsert wees. Oh hel! Sy het nog nie eens sy
konstuum gaan optel nie en sy stap na die klein observasie kamer en vra dat een
van die verpleegsters ‘n nommer vir haar skakel. Sy kan nie glo sy het dit
vergeet nie, maar wie kan haar kwalik neem as sy hier besig is om lewens te red
en mense gesond te maak?
“Middag Franèke, dis Anke hier. Is jy
beskikbaar vanmiddag?” ai,
die is haar heel,heel beste vriendin en sy sal absoluut enige iets doen vir
Lukas. Sy reël met Franèke om die kostuums te gaan optel en ook hom hom betyds
by die saal te kry, want sy gaan tien teen een laat wees. Dis Vrydag en
gewoonlik loop die ongevalle en dit help nie juis dat twee dokters op een slag
bedank het nie laas maand nie... sy het nog vier pasiënte wat wag om gehelp te
word en sy kyk na die tyd. Dis kwart-oor-drie en die konsert begin vyf uur.
Ag, Vadertjie tog!
Sy is besig om die
laaste pasiënt se apteek voorskrif te teken – toe haar bleeper afgaan. Sy sien
dis ‘n noodgeval en teken klaar. Sy hardloop die gang af waar die verpleegster
haar benodig en sien dis ‘n vrou besig in kraam. Dis reeds twintig-voor-vyf en
sy moet ten minste stort en hare kam... sonder om te huiwer, vat sy dame en
stoot die rystoel in die rigting van kramsale.
Seriously.
Die geboorte is
glad nie lank nie maar Anke loer kort-kort na die tyd. Als is toe uiteindelik
klaar en sy verseker dat die verpleegster aan nagdiens weet wat om te doen. Sy
kan skaars haar rondtes doen, want sy is reeds laat. Sy spring in een van die personeel
storte en kam net so vlugtig oor haar hare. Sy glip in gemaklike klere – nie
eers fancy nie, maar ordentlik. Sy
haas na haar motor en trek weg met ‘n spoed. Verkeer kan ‘n bummer wees, want dis net ‘n paar minute
na vyf en almal is op die pad. Sy loer na haar selfoon en sien Franèke het
telkemale geskakel, maar sy skakel dit af en ry aan.
Voor die saal hou
sy stil en sy kyk op haar horlosie en sien dis ‘n volle vyf-en-twintig minute
na vyf. Sy glip in een van die leë stoele agter in en loer na waar Lukas staan.
Hy is een of ander boom!
Haar hart sing
liedjies toe sy hom daar sien. Hy staan trots – ene bors uit soos ‘n trotse
soldaat. Sy kan sien sy ogies loer na die skare mense om haar te sien, maar hy
sien haar nie en glimlag dan skaam vir sy tannie Franèke. Hulle klassie se item
is klaar en almal staan op om vi hulle hande te klap. Die kinders se gesiggies
blink en Anke kan nie help om ‘n traantjie te pik. Vir ‘n vierjarige is Lukas baie braaf en
slim. Hulle beweeg stadig van die verhoog af en die juffrou maak ‘n
aankondiging – en sy beweeg vorentoe na waar Franeke sit en skuif verby al die
ander ouers deur.
“Waar was jy so lank? Ek dog jyt half vyf
klaar gemaak?” fluister
Franèke vir haar.
“Lank
storie, maar eks nou hier. Was hulle nie te oulik nie?” en haar oë blink soos sy praat.
“Hulle was. Jy moes die begin
gesien het..aaaaagh onse ou Loekie is net so braaf!” en ander ouers sjuut in die agterkant. Die
ligte is nou weer af en dan is dit die volgende klassie se item. Sy kan nie
ophou dink aan kleine Lukas se gesig. Hy begin al hoe meer na sy pa lyk. Die
blonde hare en blou ogies... en sy sluk die groot knop in haar keel. Dis een
van die dinge waarvoor sy gebid het – dat hy nie soos sy pa moet lyk nie. En
wragtie waar...
Die konsert is nog
so twee ure aan – toe kondig die hoof aan dat die laaste item is op die
program. Sy kan sien dat die kleinspan is lekker uitgeput, maar hulle sing uit
hulle borsies uit. Sy kon nie wag om hom net vas te druk en te sê hoe trots hy
haar maak nie.
Toe hy haar sien,
sing hy eers volle bors saam met die breedste glimlag. Toe die liedjie klaar
is, gaan haal sy hom en hy kom aangehardloop sonder om te dink aan die ander
ouers in die saal. Hy spring in haar arms en sy druk om styf vas.
“Mamma
het gekom!” sê hy
hardop en soen haar nek.
“Ja mamma se seun! Eks so
trots op jou! Jy het so mooi opgetree!” en sy swaai hom in die rondte. Sy raak uitasem en sit hom
neer. “Die bulletjie raak nou swaar!”
sê sy terwyl sy hom neersit. Hy lag uitbundig en sy krul blonde hare val
agteroor.
Sy vat sy hand en
hulle stap heel laggend kar toe. Sy en Franèke gesels oor ditjies en datjies en
hy loop sing-sing. Sy bedank Franeke en belowe haar ‘n kuier – indien sy dit
regkry om op ‘n Saterdagaand vroeg by ongevalle uit te kan glip.
“Met die tekort aan dokters sal ons maar
sien... hulle het belowe ons kry bystand .. so ek sal môre vir jou whatsapp” en sy gee haar ‘n drukkie en draai om in
die kar te klim. Lukas hardloop na Franeke om haar ‘n drukkie te gee – die kind
het ‘n diep spoor in hulle lewens getrap. Hy voel soos haar eie. Sy fluister
iets in sy oor en hy giggel. Anke stap na die agterste sitplek om vir Lukas in
te gordel en sluit die deur. Sy waai vir Franèke terwyl sy wegry. Sy klim in en
ry dan ook weg.
By die huis gekom
– sy het sommer wegneem etes gekry want dis in elk geval te laat om te kook.
Dis Vrydagaand en sy dink om buite op die stoep te sit met haar glas rooiwyn en
dan kan hy op die agterplaas speel met Jerry – die boerboel – en sy bal. Sy het
net besluit om haar selfoon en bleeper af te skakel want sy wil die aand met
haar seun spandeer. Dis ‘n heel koel aandjie, die wind waai net liggies maar
dis warm. Die Boland is in Oktober warm – en sy geniet dit want dit beteken
hulle kan al swem. En die swembad staan net heel ledig in die agterplaas. Sy
sal sommer môre vir Lena sê dat die swembad skoongemaak moet word want die feit
dat dit ongebruik staan maak dat die water al half groen getrek het.
Sy sit met haar
glas wyn en haar voete uitgestrek op die lazyboy
toe sy haar landlyn hoor lui. Sy dink daaraan om dit te ignoreer want haar
selfoon en bleeper is af, maar dan voel sy half skuldig.
The Oath.
Sy staan sugtend op en loer net oor die
grasperk waar Lukas en Jerry nou baljaar.
“Anke
– hallo” antwoord sy.
“Good
evening Doctor Bouwer, this is Doctor Reamatse – you were suppose to come and
help us tonight .... you know we are short staffed” en sy sug en maak haar oë toe.
“Im
sorry but I have an emergency at home – will not be able to come in. Will see
you guys in the morning”
en sy kan nie wag om af te lui nie.
“Im
sorry too but the new doctor is coming in tonight and he needs a senior
physician to take him on rounds”
hoor sy die jong studente-dokter sê.
“Oh-kay
I will come for thirty-minutes but thats it. I already had one glass of wine –
so thirty minutes?”
“Yes
ma’am agh I mean Doctor”
“Okay,
see you in twenty minutes”
en sy lui af. Sy sug. Dan vat sy die laaste sluk van haar glas en stap weer na
agterstoep en roep vir Lukas. Sy verduidelik vir hom – hy moet maar saam haar
gaan want dit gaan nie so lank neem nie. Hulle stap na die motorhuis – sluit
weer oop en dan trek sy weer uit.
Terwyl sy hospitaal toe ry, loer sy
kort-kort na Lukas. Hy sit en speel met sy bal maar sy besef al hoe meer – die
waarheid is besig om uit te kom.
Sy parkeer in die naaste beskikbare
parkeerplek. Sy en Lukas stap na die ingang van die hospitaal en voor sy
aanmeeld by die dokter’s stasie – neem sy vir Lukas na die hospitaal se
kindersentum. Daar is ‘n vier-en-twintig uur rotasie, so daar sal iemand vir
Lukas wees. Sy gaan dan na die dokter’s stasie en dis net die drie
studente-dokters en die hoof van Trauma. Hy vra haar om die nuwe dokter die
rondtes te wys. Sy is besig om met ‘n stukkie papier te vroetel, toe sy die
diep mansstem agter haar hoor, sy draai om en kyk vas in die mooiste, wel hys damn aantreklik, man voor haar.
“Goeie naand – Dr Anke Bouwer. Eks Dokter
Ewald Steyn” sê die
blondekop en hou sy hand uit.
“Naand Dokter Steyn. Bly te kenne” en sy steek heel polite haar hand uit. Sy kan nie help om ietwat ‘n blos om haar
vaal kiewe te kry nie. Die rotasie is vinnig – en die ongevalle is nog nie so
besig nie en sy kyk na haar horlosie en dink sy behoort nog so twintig minute
besig te wees.
“Iewers belangriker om te wees, dokter?” vra Ewald – die nuwe dokter.
“Nee ...uhm glad nie” antwoord sy.
Sy noem aan die
studente-dokters dat as hy enige iets benodig – hulle is meer as bekwaam om vir
hom te assisteer.
“Wat van ‘n koffie – een of ander tyd? Jy’s
mos nog nie getroud of enige iets?”
en hy beduie na haar hande.
“Nee dankie. Ek doen nie koffie met
kollegas” en sy draai om. “Jy behoort oraait te wees”
Soos sy stap, kan
sy voel hoe haar hart al hoe vinniger klop.. Sy weet nie. Sy het lanklaas so
gevoel. Die man maak haar onrustig...
Bly
ingeskakel – Wit jassies & Donker Genheime.
Groete,
LeesMuis
Is hierdie storie klaar, wil graag weet of ek die ander hoofstukke ook kan lees asb...
ReplyDelete